Video: DA-segsman en ondersteuners in hegtenis geneem

Marius Redelinghuys het dié foto, wat glo vanuit 'n polisievangwa geneem is, op Twitter gelaai.

Marius Redelinghuys het dié foto, wat glo vanuit ‘n polisievangwa geneem is, op Twitter gelaai.

Marius Redelinghuys, woordvoerder van die DA, en Shaun August, voorsitter van die Kaapse metropool, is Donderdag buite die parlement in hegtenis geneem, het die party gesê.

“Die DA veroordeel die gebruik van waterkanonne, knuppels en opgeleide onluste-polisiebeamptes om ons ondersteuners met geweld voor die parlement te verwyder en in hegtenis te neem,” het Phumzile van Damme, die DA se nasionale woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

“Ons wil dit duidelik maak dat diegene wat in hegtenis geneem en aangeval is, vreedsame toeskouers van ʼn staatsgeleentheid was. Hierdie is mense wat hul stemme wou laat hoor oor die elektrisiteitskrisis wat die land in die gesig staar.”

Marius Redelinghuys het dié foto, wat glo in 'n polisievangwa geneem is, op Twitter gelaai.

Marius Redelinghuys het dié foto, wat glo in ‘n polisievangwa geneem is, op Twitter gelaai.

Van Damme het geëis dat Redelinghuys en August sowel as ander DA-ondersteuners wat glo in hegtenis geneem is, onmiddellik vrygelaat word. Volgens Van Damme het lede van die onluste-polisie op DA-ondersteuners afgestorm waar hulle in Adderley-straat bymekaargekom het en gesê hulle het “instruksies van bo” gekry om hulle te verwyder “voor die president kom”.

“Ondersteuners wat geen bedreiging vir die polisie ingehou het nie en wat uit die pad probeer kom het, is met waterkanonne gespuit. Die geweld, rowwe hantering en verpolitiseerde polisiëring wat ons vanaand buite die parlement gesien het, is ‘n onrusbarende teken dat ons na ‘n polisiestaat op pad is,” het Van Damme gesê.

Die polisie in die Wes-Kaap het gesê hy is nie onmiddellik in die posisie om kommentaar te lewer oor wat in die Kaapse middestad gebeur het en of Redelinghuys in hegtenis geneem is en of die polisie waterkanonne gebruik het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

dalene ·

Dit sal hul doen want hul is mos bang vir die oposisie en hy heti antwoord vir kragprobleem go DA go

Cindy du Toit ·

Foeitog Dalene. Catch a wake up call. Die DA draai hul rug op probleme en loop weg. Net soos wat hulle gisteraand by die parlement uitgevlug het. Stert tussen die bene. Kan nie pa staan vir probleme wat hulle ook veroorsaak nie.

Dave ·

Die DA stem daarvoor dat onbevoegdes die land se kragreus bestuur en dat bevoegde blankes oorsee moet gaan werk soek. Die DA het nèt so groot aandeel in Eskom se bankrotskap as die ANC. Nou wil die DA daaroor huil? Die DA oes nou wat hulle gehelp plant het. So, júlle wat saam met Zille & kie stem vir ‘regstellende aksie’ moet tevrede wees want julle kry waarvoor julle stem.

JZ ·

Dave jou ou ANC onderrok hang baie ver uit.Jy het nog vergeet van Apartheid en Jan van Reebeek by die DA te voeg,Erken net een keer soos n man dat julle (ANC) nie in staat is om die land te bestuur nie en nie ander verskonings vir jul mislukkings te soek nie.Bly om darem te sien jy weet dat daar onbevoegdes in die bestuur is.

Chris ·

Jz

Se jy met jou DA onderok?
Wat van die stellings wat Dave maak is vals?

Dave ·

Dankie vir jou ondersteuning Chris. Ek verwerdig my nie om op JZ se idiotiese stelling te reageer want hy/sy/dit het nie die intelligensie om ‘n beredeneerbare antwoord op my stelling te poog nie. JZ weet buitendien dat hulle ANC stem by bloot ‘n ander tafel. Dit is immers die JZ’s wat stem daarvoor dat die bestuur van Eskom lyk soos dit lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.