DA soek antwoorde oor Guptas se militêre voertuig

Atul Gupta (Argieffoto)

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Sondagaand gesê hy wag vir antwoorde van die minister in die presidensie, Jeff Radebe, om te bevestig dat die Gupta-familie toestemming het vir die gebruik van die gepantserde militêre voertuig wat tans by hul Saxonwold-eiendom staan.

Die party het gesê dit is kommerwekkend dat die voertuig op die familie se perseel is, aangesien dit onwettig is vir “gewone burgers” om militêre tegnologie, soos onder meer die gepantserde voertuig, in hul besit te hê.

Volgens die DA het die Gupta-familie se prokureur, Gert van der Merwe, Sondag bevestig dat die voertuig aan die familie behoort en tans gebruik word vir “veiligheidsdoeleindes”.

Volgens berigte is die voertuig deur Scipio Technologies vervaardig – ʼn Boksburg-gebaseerde maatskappy waarin die familie aandele het. Die maatskappy is glo geregistreer by die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee (NCACC) en mag dus voertuie vir militêre gebruik vervaardig, maar nie privaat verkoop nie.

Die DA het gesê hulle sal van Radebe verwag om die Guptas verantwoordbaar te hou indien hulle nié toestemming het om die voertuig te besit nie.

Maroela Media kon nie Sondag terugvoer van die polisie of die familiewoordvoerder kry oor gerugte dat die Gupta-familie vir hul lewe vrees weens betogers buite Saxonwold nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Johann ·

Sluit hulle toe, of is hulle verhewe bo die wet, sou ek ‘n onwettige item op my perseel hê, sal ek semuur toe gesluit word,

abel ·

Jip , sluit hulle toe. Ook die persoon wat toestemming gegee het vir die voertuig.
Waarom besit hulle eiendom in SA? Buitelanders word mos verhoed? Help my indien ek verkeerd is oor die eiendom.

Piet Snot ·

Nee, dit was nog altyd heeltemal wettig vir buitelanders om onroerende eiendom in SA te besit.

Annatjie Kruger ·

Maar die ANC is besig om te poog om buitelanders te keer om vaste eiendom in SA te koop. Wonder of hulle hul vriende die Gupta’s by daardie buitelanders insluit.

Hendrik ·

dinge is erg en onverstaanbaar roekeloos en raak daagliks erger.

Ada ·

Hulle is al so ingewortel hier – besit al die hele land. Het hulle nie dalk al ook masjiengewere en ‘n kanon of iets dergeliks ook daar nie? Kan mens uitvind? Ook vir lisensies vir hulle wapens?
Indien hulle nie destyds op die Waterkloof lughawe geland het nie – sou ons dit dalk nooit uitgevind het nie.
Hulle was seker al voor die Waterkloof lughawe episode – diep gevestig hier. Hulle tentakels is orals in en dit moet afgekap word.

Andries Erwee ·

Hulle is SA burgers en woon sedert die ou bedeling in SA

Annatjie Kruger ·

Apparently Andries, they are only in the country since 1993. Wikipedia.org/wiki/Gupta_family.
sapeople.com/2016/02/05/who-are-the-guptas-malema-wants-out-of-south-Africa/.

Hennie Theart ·

As hulle nie toestemming het nie sal hulle dit baie gou kry. Wat is die “criteria” om so ‘n voertuig in jou besit te he of om te koop? In wie se naam is die voertuig gerestreer? Wat maak die Guptas so verhewe dat hulle so ‘n voertuig in hulle besit kan he?

Lola ·

Nou presies wat kan die DA omtrent dit doen? Hulle aanspreeklik hou…En dan? Die polisie vra om hulle te arresteer?

Mielie ·

DA word tog wakker…..natuurlik het hulle NOU toestemming. Hulle is nou ook in beheer meer as die hoofnar kan hanteer.

Willie ·

Dis n skande, en belaglik dat hulle en Zumakadere daarmee wegkom… Die problem met Zuma is, hy word nou besit…Pay back….

Lollie ·

Dan kan ons almal ń gepantserde voertuig kry want ek dink in die nuwe Suid-Afrika vrees ons almal vir ons lewe! Jammer, Zuma se buddies kry voorkeur!

Geen IK ·

Jy hoof nie baie slim te wees om die raaisel uit te pluis nie. So die Guptas is verhewe bo die President. MAW plaasboere mag aandring op militere beskerming.,….wat maak die G’s so untouchable. Seker die salarise wat hulle aan Ancl en Anc betaal……sodat die rand n nikswed word. Hulle trek verseker voordeel uit daling van die rand, en betaal gemaklik salarise terwyl die publiek op hul kniee gedwing word….

Adeline ·

Sjoe! Dit gaan darem maar lekker…dis duidelik wie die septer swaai in hierdie land. SKANDE!

MANIE ·

Mense wat betoog teiken verkeerde mense . Los Zuma en teiken sy seun en die Guptas. . Hulle moet hulle tasse pak en waai soos hulle wou doen en gese het hulle doen.

Scalla ·

As dit by lieg en bedrieg kom is hierdie baie bang nasie heel voor in die ry , as die popo die fan strike is hul heel eerste wat hardloop, weet hul hoe operate die voertuig en is daar voorsiening gemaak vir n sitplek vir z ?

Apie ·

En dan is daardie voertuig seker nog toegerus ook met 100de weermag wapens. Radebe as hulle toestemming het om so n voertuig te mag besit, dan soek ek ook toestemming. My lewe word daagliks bedreig deur jou volgelinge.

Standerd 3 ·

Scalla, net standerd 3 is nodig om die voertuig te ‘operate’. Wel, in SA het jy net ‘n dop nodig vir ‘n kop om te stem.

Speedguard ·

Bepaal die grondwet dat elke party nou hul eie “weermag ” mag he, indien wel is dit absurt, ek dink regtig die DA of iemand moet guts moet die saak aanvang, daar kan mos nie twee “onafhanklike ” weermagte wees ne en een van hulle uitsluitlik vir die ANC nie , help my asb reg as ek verkeerd is !?

petro ·

Hoekom voertsek die Guptas nie net uit ons land uit nie en dan vat hulle sommer hulle puppet en sy maatjies saam

Maria Van Dieweeck ·

Hoe voel dit, om impossante rykdom te besit, maar om te vrees vir jou lewe, Guptas? Die mense gaan weer en weer kom!!

Skerp ·

Absoluut skerp Maria, nou kan hulle bietjie voel, hoe voel dit om ‘n gewone SA Burger te wees in vrees, ongelukkig het hul net te veel geld al uit hierdie land geprivatiseer, so hulle kan nog dienste bekostig, maar wie weet – die wiel het stadig gedraai, ek dink hy draai nou vinniger, dalk voel hulle hom aan die bas. Na Vrydag se optogte besef ons dat die bree publiek gatvol vir hulle is en wie weet wat kan hieruit gebore word, ‘n persoon met guts om hulle uit te sorteer.

Anoniem ·

Skuus vir die Ingels:

The authority that controls the conveyance of an armored military vehicle is the National Conventional Arms Control Committee (NCACC). The NCACC is a statutory body that reports to Parliament and consists of Cabinet Ministers and Deputy Ministers. Arms control legislation allows for the prosecution of transgressors. Enforcement of arms control legislation is done by SAPS and the National Prosecuting Authority (NPA). Legislation also allows for the appointment of inspectors to carry out inspections and the investigation of suspected offences.

Hoe verlang ek nou na Thuli Madonsela….

Willie ·

Jy is welkom om in enige taal te skryf. Dankie vir jou insetsel. Interessant.

Netso ·

Netso Anoniem, mens stort amper ‘n traan, sy is ‘n vrou uit een stuk en eerlikheid is die wagwoord.

Koos ·

Sluit die vervaardigers van die voertuig ook toe. Ek kan wapens bou maar mag nie want dit is teen die wet.

Waghond ·

Wys maar weer eens dat die Guptas die regerende party beheer.

Justice ·

Volgens die artikel is die Guptas aandeelhouers in die firma wat ona hierdie spesifieke panser voertuig vervaardig. Hulle tentakels is wydverspreid in die RSA danksy hulle rojale loongunse (bribes), korrupte Zuma en korrupte ANC politisie.

Jenny ·

Waar kom hierdie mense skielik vandaan? Mense uit ‘n ander land en wereld uit wat skielik SA wil kom oorneem en kom UITKOOP? Die probleem is net hulle het actually ‘n regering gekry en ‘n President vir wie die prys wat hulle aangebied het genoeg was. Ek het nog min daarvan gehoor dat iemand net uit die bloute ‘n ander land se regering kom ‘uitkoop’. Is daar nie ander lande nie? Hoekom kom maak hulle hulleself so ongewild hier in SA? Dit is SWAK dat my en jou belastinggeld gebruik word om VREEMDELINGE te beskerm, soos gewoonlik sal hier NIKS van kom nie, iemand sal die ‘toestemming’ gegee het, ALLES het ‘n prys. Dit is die President se tjomme, hulle kom weg met alles.

Maria Van Dieweeck ·

Het iemand nie dalk n ou Ratel wat hul ontslae van wil raak nie? Wou nog altyd enetjie he!

BOLANDER ·

Dit is eintlik kommerwekkend. Ons moet baie bekommerd wees. Hierdie mense het ‘n agenda en is sluimerend besig met ‘n groter plan!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Aai ·

En intussen moet die wetsgehoorsame landburger ten duurste BETAAL vir sekuriteit by ons eie huise. Kan ons nie begin om ons uitgawes t.o.v. alarms, elektriese heinings, sekuriteit komplekse van ons belasting te eis nie?

Morné ·

Dis staatseiendom en belaatingeld wat daar staan. Dis goed dat iemand vrae begin vra

sakkie ·

Jy is heeltemal reg Bolander. Sonder twyfel – saam met die ANC Jeugliga en andere.

Gawie ·

Ek dog die Guptas het gese hulle trek almal Dubai toe en neem hulle besighede saam. Wat maak hulle nog hier?

Ja flippit ·

Ja flippit, kan hul nie hul ry kry nie, nee die soustrein diekant is te heerlik, maar wag die gewone man op die straat is nou kwaad – hulle sien ook nou alle onreg agv Guptas teen hulle, so hulle sal binnekort vir hulle kry.

jaco ·

Het ek reg gelees? ‘n WIT Afrikaanse man is die Guptas se regsverteenwoordiger. Watse regstellende aksie is dit vir mense wat in die ANC is?

Lou ·

En is hierdie pantser voertuig toegerus met swaar kaliber masjiengewere en ander aanvals wapens?????? Het hulle lisensies vir dit? Uitgereik deur wie?

Annatjie Kruger ·

‘n Belangriker vraag vir my is hoe is dit dat ‘n buitelander ‘n aandeel in ‘n SA wapenvervaardiger mag/kan hê?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.