“Die minister hou vol dat die Nasionale Tesourie se werk oor die kernkragprogram nog nie afgehandel is nie. Wanneer die Nasionale Tesourie se jaarverslae vir 213/14 en 2014/15 gelees word, is dit net nie waar nie,” het David Maynier, die DA se woordvoerder oor finansies, gesê.
“Die Nasionale Tesourie het verslae opgestel op grond van studies oor die haalbaarheid van kernkrag, die finansiering van kernkrag asook die evaluering van alternatiewe energie-opsies, insluitend kernkrag.”
Maynier versoek in sy brief afskrifte van die uitvoerbaarheidsverslag, ‘n beoordeling van die departement van energie se geïntegreerde energieplan en die verslae van die regering se studies oor finansieringsmodelle vir kernkrag.
Hy het gesê deursigtigheid is noodsaaklik aangesien die kerkkragprogram ʼn “finansiële tsoenami” kan wees met beduidende finansiële risiko’s vir Suid-Afrika.
Nene het vroeër gesê hy sal nie die kernkragprogram goedkeur indien bevind word dat dit nie bekostigbaar gaan wees nie. Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, het egter gesê die program gaan voort en dit sal bekostigbaar wees, maar het tot dusver nie studies deur haar departement bekend gemaak nie.
Mark my words….hierdie gaan die grootste bedrogspul ooit in die geskiedenis van cANCer wees. En dit gaan 5 keer meer kos as die aanvanklike bedrag, en die afhandeligs datum gaan met jare oorskry word. Hoop die DA kan n stokkie in die speke van die transaksie druk en die skade so min as moontlik beperk.
Jip, Wouter jy sien ook alles raak! Ek’s so bly dat nog mense die nagevolge van cANCer sien!
cANCer gaan nou die moeder van bedrog pleeg en daarmee weg kom maar kan die land dit bekostig. Ek twyfel .
‘n Kern kragstasie program is baie, baie meer kompleks as ‘n steenkool kragstasie program. Medupi asook Kusile wys dat SA nie meer die kundigheid het om sulke groot komplekse projekte te ontwikklel, die aankoop asook die konstruksie prosesse te bestuur nie.
Daar is, volgens my kennis, ongelukkig ook nie tot tot datum enige gesaghebbende ondersoek gedoen en verslag uitgebring oor hoekom bg projekte so sukkel om na wense te vorder nie.
So, ons het nog niks geleer nie. Dit sal dwaas wees om ‘n meer komplekse program aan te pak!!
Louis