DA span die kar voor die perde in, sê ANC

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die ANC se parlementêre koukus het Woensdag gesê die Demokratiese Alliansie se voornemens, om Donderdag ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma in te dien, is ʼn misbruik van die parlementêre stelsel en die kiesers.

“Sedert die aanvang van die huidige termyn van die parlement, wat nou net meer as twee jaar aan die gang is, is sewe mosies van wantroue al deur die opposisie ingedien,” het die ANC in ʼn verklaring gesê.

“Dit is die moeite werd om te noem dat mens nie beduidende redes of enige bewyse nodig het van enigiets wat die president verkeerd gedoen het, om ʼn mosie van wantroue in te dien kragtens artikel 102 van die Grondwet nie.

“Dit het dus die sluise oopgemaak van misbruik van die parlement se tyd en dit ondermyn die wil van die kiesers.”

Die DA beplan om Donderdag ʼn mosie van wantroue in te dien ná die voormalige openbare beskermer se omstrede staatskapingsverslag bekend gemaak is. Zuma en Eskom-hoof Brian Molefe word onder andere in die verslag genoem.

Madonsela het aanbeveel dat ʼn Kommissie van Ondersoek binne 30 dae ná die bekendmaking van haar verslag aangestel moet word oor die invloed van die welgestelde Gupta-familie wat te veel mag oor Zuma, die kabinet en staatsinstansies uitgeoefen het.

Die ANC het gesê die verslag het nie bevind dat Zuma enigsins skuldig is nie.

“Met hierdie mosie span die DA doelbewus die kar voor die perde in, oënskylik op grond van die openbare beskermer se verslag. Die verslag het nie enige definitiewe skuldigbevinding of bevele gemaak teen enige individu nie, wat nog te sê pres. Jacob Zuma. ʼn Wye reeks van noodsaaklike, maar onbesliste sake, is aan die lig gebring en die kommissie sal dit deeglik hanteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

pieterdp ·

In die land van die blindis is een oog koning.
Aremme ANC sotte.

snoefie ·

783 kriminele klagte behalwe nkandla en die staatsksping omvan el basjir nie eers te praat nie en die anc noem dit kar voor die perde span?

Zirk ·

Die ANC sal sy eie ondersoek na staatskaping loods. Wat ‘n grap. En dan verwag hulle die publiek moet dit glo.?
Vir 22jaar al gebruik die ANC die land se staatsmasjienerie vir sy eie voordeel. M.a.w. die ANC is die staat, en die staat is die ANC. Natuurlik gaan Zuma onskuldig bevind word. Maar dit stel ook maar net sy einde bietjie langer uit, asook die ANC se pynegende einde.

John ·

Indien die ANC reg is beteken dit dat buitelanders maar kan maak en breek in ons land. Hulle kan aanstellings in die kabinet maak, alle hogere instansies bestuur en geld was en goud en skaars wild die land uitvat in tonnemaat. Landswette kan oortree word en vliegtuie van vriende kan land waar en wanneer hulle wil. Die president se vriende en familie kan bevoordeel word en onwillige burgers afgedank word na smaak. Paleise en vakansies kan met staatsgeld gefinansier word, waarheid tot leuens verklaar word sonder ondersoeke en misdadige uitlanders as vrywild rondloop. Wat is volgende?

Tania ·

Ja die ANC is inderdaad reg die DA span beslis die perde voor die wa in EN IS BESIG OM ‘N GROOT VERSKIL AL TE MAAK ORALS IN DIE STEDE !!!!!!

Petro ·

Moet ek nou lag of huil, hoe kan die ANC so arrogant wees. President Zuma moet wakker skrik en die land verlaat.

nico ·

As hulle Zuma fire moet hulle ook loop want hulle het saam met hom gevat dis hoekom hulle nie wil en nie gaan nie presi gaan hulle saam trunk toe vat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.