DA staan heraanstelling van SAL-voorsitter teen

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad  Foto: GCIS

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad Foto: GCIS

Mmusi Maimane, die leier van die DA, het gesê die party sal die heraanstelling van Dudu Myeni as voorsitter van die raad van die SAL teenstaan.

Die kabinet het Vrydag aangekondig dat Myeni weer in die pos aangestel is ondanks omstredenheid tydens haar vorige termyn en beskuldigings dat sy verlede jaar ooreenkomste met die tesourie en die omdraaiplan wat die raad onderneem het, geïgnoreer het deur onder meer ʼn sensitiewe Airbus-ooreenkoms te herbeding.

Maimane het gesê Myeni se heraanstelling ondermyn die beginsel dat die beste kandidate aangestel word om die staat en sy entiteite te dien. Die aanstelling ignoreer die behoefte aan goeie bestuur by staatsinstansies, veral die SAL, “wat ʼn parasiet geword het wat SA se mense en die fiskus van geld beroof”.

“Die kabinet, wat net die bevele van pres. Jacob Zuma uitvoer ten koste van Suid-Afrika en die land se geloofwaardigheid, hou aan om die verkeerde besluite te neem. Me. Myeni se heraanstelling is een van vele in die verlede en van vele wat nog kom,” het Maimane gesê. Hy het gesê Myeni staan aan die hoof van ʼn SAL wat van een mensgemaakte krisis na die volgende spring.

Alf Lees, die DA se skadu-adjunkminister van finansies, het verlede week gesê Myeni het toegesien hoe die SAL in 2015-’16 versuim het om sy jaarlikse finansiële state te publiseer wat toon dat die maatskappy ʼn verlies van R4 miljard gely het. Myeni het ook glo toegesien hoe die lugredery teen ʼn verlies van R1,3 miljard in die eerste kwartaal van 2016-’17 bedryf is. “Myeni het op irrasionele wyse beamptes geskors wat probeer het om korrupsie hok te slaan en het SAL die risiko laat loop om winsgewende roetes soos die Hong Kong-roete te verloor,” het Lees gesê.

Maimane het gesê die besonderhede van die stappe wat die DA sal doen om Myeni se aanstelling teen te staan, sal Maandagoggend tydens ʼn mediakonferensie by die parlement bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Karma ·

Eenvoudige oplossing: sluit SAL permanent en dank ieder en elk af; Dudu inkluis, al is sy Nummawan se troetelskapie ….. Ons het nie nóg ‘n bloedsuier-semi-staat organisasie nodig wat die belastingbetaler se geld opslurp nie, Ek’sDom, die Poskantoor en Denel is genoeg,

Tiger ·

Verkoop die gesinkde “skip” en kry klaar!Die SAL is eenvoudig nie ‘n aanwins vir ons land of sy mense nie.Daar is meer as genoeg ander lug rederye wat winsgewend bedryf word en wat kan oorvat!

Speedguard ·

Dit is beslis ‘n aanwins vir iemand, waarom sal hul dan so aan karring , laat my dink aan die Padongelukke fonds!

Hennie ·

Die DA moet ook sorg dat sy permanent gekelder word en nie vanuit hierdie posisie in ‘n ander aangestel word nie. Daar is talle sulke voorbeelde van iemand wie uit een pos is oor oneffektiwiteit of korrupsie en more skiet hulle soos ‘n prop uit die water in ‘n ander posisie, bv. die Nasionale Polisiekommissaris wat oor korrupsie uit die polisie is en die volgende oomblik maak hy sy verskyning as Adjunk minister van Landbou.

Lance ·

DA ons weet almal nou julle mors julle tyd met die mense asb ….begin eerder asb vingertrek in pta en jhb …die plek is n groot gemors en almal kyk na julle met valk oe om aksie en opruiming te sien ASB !

Alida ·

Ag Lance kom tog by. Die DA maak eers skoon dan begin hulle. Rome is nie in een dag gebou nie. Dit is maar 1 maand wat de hel verwag jy?

Lance ·

Ek verwag aksie ek hou hulle met valk oe dop ! So spring aan die werk en begin vingertrek asb !

Geen SAL reisiger meer ·

Die SAL het nou ‘n piloot aan die stuur wat seker haar Chesna lisensie gedop het. Sy vlieg ‘n straler wat gediens is soos ‘n taxi : met stukkies draad om die remme bymekaar te hou. Selfs JZ vlieg liewer met sy eie straler wat tenminste in die buiteland gediens word. En seker geen SEB bemanning het nie.
Nee dankie, ek loop eerder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.