DA staan OB se bevel teen Absa en SARB teen

busiswe-mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer

Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê die openbare beskermer oortree haar magte met die opdrag dat Absa ʼn bedrag van R1,125 miljard, wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank geskenk is, aan Bankorp moet terugbetaal.

Glynnis Breytenbach, woordvoerder van die DA, het gesê die opposisie moet nou “ernstige onrus” uitspreek oor die implikasies van Busisiwe Mkhwebane se meegaande instruksie aan die parlementêre komitee oor justisie en grondwetlike ontwikkeling om die Grondwet aan te pas wat betref die magte van die SARB.

“Dis duidelik dat haar aanbeveling haar magte oorskry en dit is ʼn aanduiding van haar langtermyn plan om die kantoor van die openbare beskermer ondoeltreffend te laat. Die effek van hierdie ‘regstellende aksie’ sal wees om opdrag te gee aan die justisiekomitee en dit, op sigself, blyk onheilspellend te wees en ʼn rede tot groot kommer,” het sy gesê.

Breytenbach het gesê die DA sal met die hoof van die parlement se regsdienste in gesprek tree om bevestiging te kry of die opdrag onwettig was en om te bepaal of die wetgewer dit gaan teenstaan.

Absa het gesê hy is nie verplig om die geld terug te betaal nie, terwyl die Reserwebank ʼn regsmening bekom het wat aandui dat die regstellende optrede buite die magte van die hoofstuk 9-instelling val. Die SARB sal ʼn dringende aansoek doen om Mkhwebane se bevindinge tersyde te stel.

Breytenbach het gesê die DA sal alles in sy vermoë gebruik om die probleme aan te spreek wat hy met Mkhwebane se bevindings het. Sy het ook daarop gewys dat slegs die nasionale vergadering die mag het om die Grondwet te verander.

“Die regstellende optrede, wat gister aangekondig is, is baie kommerwekkend en dit beteken dat die nuwe openbare beskermer óf nie haar rol en magte as OB verstaan nie, óf dat sy eenvoudig bereid is om die wet te oortree om ʼn politieke agenda te dryf.”

Maroela Media het vroeër berig talle kenners en organisasies reken Mkhwebane se aanbevelings rondom die verandering van die Grondwet om die primêre doel van die Reserwebank aan te pas, is onwettig en val buite haar magte. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann

Hoe gouer die dame in die bek geruk word en haar plek leer ken hoe beter. MAAR…intussen speel sy die politieke bal namens Zuma em die res van haar Zumaikie handpoppe en breek verder af…sonder gewete.

snoefie

baie belangrike vrou. veral vir die outjie agter die skerms wat die toutjies trek. sy het haar eterretjie so helder sien flonker deur absa opdrag te gee. ek hoop absa kla haar aan soos hulle dreig. maar weereens baie blaf geen byt. hierdie belaglike onbevoegde mense in hoe posts is so sinneloos. ek kan steeds nie insien hoe hulle Zuma as president eers kon voorstel nie.

Kobus

Wat kan ek meer se…waar daar n rokie is volg n moewies vuur…

Leendert

Vandag het hierdie vrou my vir die eerste keer in my lewe werklik, sommer baie, baie bang raak vir wat in die land aangaan, benoud, beangs, bevrees. Hier kom werklik baie groot nonsies. Ons kan maar solank die hand na Uncle Bob uitreik, met hom bladskud en sê: “Aangename kennis kameraad uncle, die poorte is oop, ons nooi jou binne, ons is nou bloedbroers”. Hier sit ons met mense in posisies wat nie ‘n idee het waaroor ‘n land se ekonomie gaan nie, finansies, nie ‘n idee het dat dit die private sektor is wat die wa deur die drif… Lees meer »

Moeggepraat

Die trog is leeg en die varke is honger….