DA staan OB se bevel teen Absa en SARB teen

busiswe-mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer

Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê die openbare beskermer oortree haar magte met die opdrag dat Absa ʼn bedrag van R1,125 miljard, wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank geskenk is, aan Bankorp moet terugbetaal.

Glynnis Breytenbach, woordvoerder van die DA, het gesê die opposisie moet nou “ernstige onrus” uitspreek oor die implikasies van Busisiwe Mkhwebane se meegaande instruksie aan die parlementêre komitee oor justisie en grondwetlike ontwikkeling om die Grondwet aan te pas wat betref die magte van die SARB.

“Dis duidelik dat haar aanbeveling haar magte oorskry en dit is ʼn aanduiding van haar langtermyn plan om die kantoor van die openbare beskermer ondoeltreffend te laat. Die effek van hierdie ‘regstellende aksie’ sal wees om opdrag te gee aan die justisiekomitee en dit, op sigself, blyk onheilspellend te wees en ʼn rede tot groot kommer,” het sy gesê.

Breytenbach het gesê die DA sal met die hoof van die parlement se regsdienste in gesprek tree om bevestiging te kry of die opdrag onwettig was en om te bepaal of die wetgewer dit gaan teenstaan.

Absa het gesê hy is nie verplig om die geld terug te betaal nie, terwyl die Reserwebank ʼn regsmening bekom het wat aandui dat die regstellende optrede buite die magte van die hoofstuk 9-instelling val. Die SARB sal ʼn dringende aansoek doen om Mkhwebane se bevindinge tersyde te stel.

Breytenbach het gesê die DA sal alles in sy vermoë gebruik om die probleme aan te spreek wat hy met Mkhwebane se bevindings het. Sy het ook daarop gewys dat slegs die nasionale vergadering die mag het om die Grondwet te verander.

“Die regstellende optrede, wat gister aangekondig is, is baie kommerwekkend en dit beteken dat die nuwe openbare beskermer óf nie haar rol en magte as OB verstaan nie, óf dat sy eenvoudig bereid is om die wet te oortree om ʼn politieke agenda te dryf.”

Maroela Media het vroeër berig talle kenners en organisasies reken Mkhwebane se aanbevelings rondom die verandering van die Grondwet om die primêre doel van die Reserwebank aan te pas, is onwettig en val buite haar magte. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johann ·

Hoe gouer die dame in die bek geruk word en haar plek leer ken hoe beter. MAAR…intussen speel sy die politieke bal namens Zuma em die res van haar Zumaikie handpoppe en breek verder af…sonder gewete.

snoefie ·

baie belangrike vrou. veral vir die outjie agter die skerms wat die toutjies trek. sy het haar eterretjie so helder sien flonker deur absa opdrag te gee. ek hoop absa kla haar aan soos hulle dreig. maar weereens baie blaf geen byt. hierdie belaglike onbevoegde mense in hoe posts is so sinneloos. ek kan steeds nie insien hoe hulle Zuma as president eers kon voorstel nie.

Kobus ·

Wat kan ek meer se…waar daar n rokie is volg n moewies vuur…

Leendert ·

Vandag het hierdie vrou my vir die eerste keer in my lewe werklik, sommer baie, baie bang raak vir wat in die land aangaan, benoud, beangs, bevrees. Hier kom werklik baie groot nonsies. Ons kan maar solank die hand na Uncle Bob uitreik, met hom bladskud en sê: “Aangename kennis kameraad uncle, die poorte is oop, ons nooi jou binne, ons is nou bloedbroers”.

Hier sit ons met mense in posisies wat nie ‘n idee het waaroor ‘n land se ekonomie gaan nie, finansies, nie ‘n idee het dat dit die private sektor is wat die wa deur die drif trek nie. Die arme vrou het nie eens opleiding in ekonomie gehad nie, ook nie finansiële bestuur nie, maar na dese, as dit, wat sy voorgestel en aanbeveel het, bly staan, is sy die magtigste persoon in die land.

Basjan ·

Netso! Jy beskryf die situasie baie goed. Dit gaan in ‘n morsige spul ontaard.

al ·

Wat se dissiplinêre stappe kan teen haar gedoen word en deur wie? Ek stem saam dat hier weer ñ nuwe onrus kan uitbroei. Zumsta het werklik hul skaakspel ñ hele paar stappe vooruit beplan – terwyl die publiek salig onbewus was van dit.

jan van riebeeck ·

hier kom n ding , n ding wat menigte lyke gaan agterlaat

Jan ·

Die dae dat mens grappe maak oor hierdie mense se onvermoë om die land te bestuur, waar hulle ook al betrokke raak, hulle met dinge bemoei, waarvan hulle nie ‘n idee het nie, is verby. Ook Zuma. Dit het in ‘n tragedie ontaard en ek lag nie meer daaroor nie. Ek glo die tyd het aangebreek dat ons baie, baie ernstig op ons knieë moet gaan.

Jakobus ·

Ek sien Corruption Watch sê, net die vader alleen weet hoe sy gedink het sy het die wetlike mag of die ekonomiese kennis om haar daaroor uit te laat en sodanige aanbevelings te kon maak.

Johannes van Staden ·

Tog ironies dat die ” public protector ” die oorsaak is vir n verdere afgradering na n nog dieper ” junk status ”

Ouman ·

Sy skop ‘n hengse lot stof op oor een of twee biljoen Rand maar maak nie ‘n geluid oor die biljoene wat Zuma en sy trawante gemelk het uit staatsinstellings soos Transnet en Eskom. In enige land waar wet en orde gehandhaaf word sou die ou spul al voor die tronk se deur aangetree het. Ek dink haar probleem is dat sy geen wil van haar eie het nie en boonop ook nie veel tussen die ore het nie. Sy het die geleentheid verbeur om deur die publiek gerespekteer te word en sal vir altyd onthou as ‘n ruggraatlose dienskneg van die Zuptas. Thuli het die standaard baie ver bo die vuurmaakplek van die huidige PP gestel. Zuma het al voorheen gese hy hou nie van “clever blacks” nie en ek mens kan dit sien in die aanstellings wat hy maak. Daar is soveel bekwame mense in die land en hulle moet erg beledig voel as hy neerhalend na hulle verwys as “clever blacks”. Ek glo dit gaan hom nog duur te staan kom in die toekoms. Hy moes dalk maar ‘n bokwagter gebly het.

CHRISTA ·

Ek hoop net dat sy die R500 miljard wat deur die ANC wanbestee is sedert hulle bewindoorname, OOK van hulle gaan terugeis!!!

Jakobus ·

Waar is Julius, wil hy nie kom help nie, hy was mos die man wat voor in die koor ons in die gemors laat beland het.

What a joke ·

Wat het jul dan anders verwag van n klomp sirkus narre in beheer van kardinale poste!!! Maar soos jul se dis van Om Te huil! Die lot skurke ken geen perke het geen respek wet of orde,geen skaamte geen integriteit!
Dis hoekom Afrika altyd agtergeblewe sal bly….en hul wonder hoekom,Sy is duidelik n handpop van numba 1 met Sy hand op in haar…. en haar kop op in Sy ….jy weet wat…. Ai Ai Ai..

Ouma ·

Mens het nooit van die OB geweet nie totdat Thuli Madonsela gekom het. Sy was briljant, deeglik, en ‘n mens met integriteit. Sy het haar werk goéd gedoen . Ek het gesê: gee die nuwe OB eers ‘n kans. Wel, volgens my, hét sy nou haar kans gehad en duidelik bewys sy is nié opgewasse vir hierdie taak nie. Sy is die teenoorgestelde van Thuli. Kan die DA Thuli nie vir die politiek wen nie?

jaco ·

Banke is die produk van kolonialisme. So dis vreemd dat die DA helen zille se siening oor kolonialisme afskiet, maar nou kant kies vir die banke.

Deon ·

Ek dink vir Jan publiek is daar niks meer wat ons kan verbaas nie, wanbestuur van Jan publiek se swaar verdiende geld wat in staatskoffers opeindig, korrupsie en bedrog is aan die orde van die dag …… Mens hoef net na die geskiedenis gaan kyk, van wie bestuur watter land en waar hul opgeiendig het.

Verder het ek seker die betrokke dag se koerant gemis. n Skenking van 1.25 miljard van die Reserwe Bank aan Absa ….met die klem op die woord “Skenking” … kan Jan publiek ook in die ry kom staan, sodat ons wat aan die kortste end trek verligting kan kry van n vervalde ekonomie, veroorsaak deur “die in beheer”

Dit is baie duidelik waarheen ons land oppad is, en is dit n definitiewe feit dat “die” wat “hul” bemagtig saam met die wat “hul” nie bemagtig onder die “verkragde nagevolge” gaan ly. “Selfveryking ….. wonder of hul dink hul word kwydgeskeld aan die dood, verantwoording voor God, of neem enigsins van die geld saam …..kan net n duurder kis bekostig en kan daar n groot partytjie gehou word, waaraan hul geen deelname sal he nie”

Alida ·

Die vrou steek haar neus in sake wat sy NIKS van weet nie. Wonder waar het sy ‘n LLB graad en toelating tot Advokaat verwerf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.