DA staan ook voorgestelde wysigings aan Wet op Private Sekuriteitsbedryf teen

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Die DA sê voorgestelde wysigings aan die Wet op die Regulering van die Private Sekuriteitsbedryf (sogenaamde Psira-wet) striem ʼn bedryf wat die veiligheid van miljoene Suid-Afrikaners probeer verbeter.

Hy het reeds die voorgestelde wysigings wat die minister van polisie, Bheki Cele, op 31 Mei in die Staatskoerant afgekondig het, teengestaan.

Die voorgestelde wysigings sluit in dat “semi-outomatiese wapens” voortaan slégs gebruik mag word deur veiligheidsbeamptes wat geldwaens beskerm.

Van die ander voorstelle wat afgekondig is, hou verband met die uniforms wat private veiligheidsbeamptes mag dra. Ingevolge die voorgestelde wysigings mag dit nie lyk soos, of verwar kan word, met enige uniform van onder meer die polisiediens, weermag of korrektiewe dienste nie. Dit sluit enige blou of kamoefleerdrag in.

Die voorgestelde bepalings plaas ʼn onnodige las op die private veiligheidsbedryf, administratief en finansieel, en plaas ʼn te groot konsentrasie van mag in die hande van die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira), het Andrew Whitfield, die DA se skaduminister van polisie, in ʼn verklaring gesê.

Whitfield sê dit verwys veral na magte wat eintlik by die Suid-Afrikaanse polisiediens moet berus.

“Wat veral kommer wek, is die klaarblyklike duplisering van die Sentrale Vuurwapenregister, wat deur die Wet op Vuurwapenbeheer gestalte kry en nié deur die Psira-wet nie, waaraan dié regulasies toegeskryf word,” het hy gesê.

“Dit is ook kommerwekkend dat die minister die wysigings aan die wet wil deurdruk, terwyl die Psira-wysigingswet sedert 2014 op die president se lessenaar lê. Die DA staan dié wysigingswet steeds teen, maar ons glo die president moet ʼn formele aankondiging doen oor sy besluit daaroor, voordat hy enige bepalings in terme van die wet oorweeg.”

Whitfield sê Cele moet eerder daarop fokus om die polisie reg te ruk. Hy sê net verlede jaar is 800 vuurwapens by polisielede gesteel en word nou gebruik in bendeoorloë en die pleeg van geweldsmisdaad.

“Terwyl die minister van polisie se aandag afgelei word daarvan om ʼn behoorlike polisiediens te verseker, ly Suid-Afrikaners steeds onder misdadigers en geweld. Nou is nie die tyd vir wysigingswetgewing nie, nou is die tyd vir beslissende optrede om te verseker die polisie is toegerus om die veiligheid van Suid-Afrikaners te verseker.”

Die organisasie Gun Owners South Africa (Gosa) het vroeër aan Maroela Media gesê, indien nodig, sal hy die voorgestelde wysigings tot in die hof beveg.

Belanghebbendes het tot 30 Junie gehad om kommentaar op die voorstelle te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

KrokodilBotha ·

Die DA sit op die draad. Hulle is dan gekant teen wettige eienaarskap van vuurwapens?!!!!!

Skaap ·

Dalk is dit die regering se plan om die landsburgers en privaat sekuriteits maatskappye te onderdruk en ontwapen……sodat wanneer die grondgrype kom sal dit makliker gaan vir hulle ?
Anders….hoekom nou die skielike anstigheid oor outomatiese gewere ?

piet piet ·

Die DA is gekant teen enigiets wat sy oningeligte kiesers uit die huidige benaadeelde minderhede baat by kan vind.

Maljan ·

Eers mag n huisbewoner nie skiet om sy gesin, self en of eiendom te verdedig nie. Toe mag die polisie nie teen vandale in die naam van betogers optree nie. Toe qord die rooimiere werkloos huis toe gestuur. Nou word die sekuriteitsbedryf sê tande getrek. Publiseer asseblief elke minister, elke hoë anc, eff en blf lid se plase se ligging asook huisadres sodat diewe en kwaad doeners weet waar om te gaan oes.

Grysburger ·

Die Suid Afrikaanse Polisiediens is tans besig om nuwe wetgewing rakende die privaatbesit van vuurwapens voor te berei.

Mense het seker gesien wie die parlementêre komitee vir die polisie gaan lei, nie waar nie?

Wat mens tot in die siel in grief is dat die meeste landgenote hul hande saamslaan oor omwentelinge en niks doen nie. Daar was bv ‘n petisie wat die Minister en PSIRA se ontwapening vd sekuriteitsdienste teengestaan het. Slegs 30 000 mense was blykbaar bekommerd oor die omwentelinge, want dit is hoeveel die petisie geteken het.

Selfde met wapenbesit. Daar is diegene wat elke dag kerm oor die “regering wil ons ontwapen” maar nie bereid is om R 100 per jaar te betaal om by verenigings aan te sluit wat wapenbesit probeer beskerm nie. Baie sal kla dat dit “te veel geld” is. Skiet hulle dan nooit eers met die wapen wat die regering wil vat nie?

Niemand gaan ons kom help nie, mense moet dit aanvaar en begin verantwoordelikheid neem vir eie veiligheid. Om petisies te teken en R 100 te belê in lidmaatskap van ‘n wapenregte vereniging is ‘n goeie begin.

Trol ·

Eerste woord wat ek hoor van die petisie. Ek sou dit swur my omgewing, huis tot huis, kantoor tot kantoor, winkel tot winkel geneem het. Ons weet ook niks van die verenigings nie. In die tye kan mens nie waag om sonder n vuurwapen te wees nie. Maarjy kan dit ook wragtig niebekostig om een te hê nie.

piet piet ·

Ek stem saam ek het nie geweet van die petisie nie maar almal behoort aan te sluit by die verskillende wapen organisasies.

Essie ·

Ek het net 1 vraag waarom mag die bendes ,skurke en kapers semi of outomatiese gewere gebruik en wetstoepassers moet te vrede wees met gewone wapens

M ·

Hulle is bekommerd oor die feit dat die sekuriteits bedryf baie groter is as die polisie mag self. Die hoofdoel is om die populasie te ontwapen. Mense moet wakker skrik !!!

Maddox ·

He hê heomdat hulle nie weet waar die politieke en wetmakers woon nie.

Louis Steyn ·

Ek is baie verbaas dat daar geen nuusflitse of enigiets is met betrekking tot die Cravenweek nie.

Andreas ·

Dit is nogal interessant dat die DA in die dae oor sekere sake wat vir boere en die Afikaner na aan die hart lê hul stem laat hoor.

Jerry ·

Staan saam en slaan saam, klink beter as “slaan terug”! Hier kom groot marakas met stoomrollertaktiek mbt grondgryp, wetstoepassing, die howe ens! Die ANC/eff raak haastig en hopelik verbrand haastige hond sy bek, anders kan dit nag raak ou Nella!

Andre ·

Totale ontwappening van wettige vuurwapen eienaars is ons voorland. Die kaarte begin nou maar net meer en meer in plek val. Mos wettige vuurwapen eienaars wat rowers is volgens die regime

Johan ·

Nou wonder ek watter kleur moet die sekuriteitswagte se klere wees? Seker ‘n helder geel sodat die skelms hulle duidelik kan sien!

marous ·

Sekuriteit doen die polisie se werk en die georganiseerde misdadigers hou nie van die pak wat hulle kry nie . Die woord is gespreek en nou swaai die stert weer alles. Dis die waarheid

kolla ·

Hoeveel derduisende wapens is al in plaasaanvalle beroof, dit moet skrikwekkend baie wees want elke boer het ten minste een roer?

piet piet ·

Nie naastenby soveel as wat die sogenaamde polisie en kastige weermag verloor het nie of verkoop het kan ek miskien byvoeg.

Jean ·

Die kommuniste sal die gewone man op straat moet ontwapen om in beheer te kan bly sodra sy stelsel begin vou so ek is gekant teen die ontwapening van ons landsburgers maar sekuriteits lede moenie soos saps lede of weermag lede geklee wees nie, oorsee weet jy wie is n polisieman en wie is sekuriteit

Pieter ·

Dit is belaglik om wettige vuurwapens van wettige eienaars weg te vat. Hoekom begin hulle nie eers by die bendes en skelms nie en vat eers daardie onwettige wapens weg. Die sekuriteitsbeamptes doen deesdae die polisie se werk omdat die polisiebeamptes in die voertuie en kantore sit en slaap eerder as om hulle werk te doen en baie korrupte polisiebeamptes verkoop hulle wapens aan die skelms en bendes om gelld daaruit te maak.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.