DA: ‘Staat sit op miljoene ha ongebruikte grond’

Argieffoto

Die DA het die ANC Saterdag daarvan beskuldig dat die regerende party grondonteiening sonder vergoeding gebruik as “gerieflike oëverblindery om aandag af te trek van sy twee dekades lange mislukking om aandag te gee aan grondhervorming in Suid-Afrika”.

Thandeka Mbabama, DA woordvoerder, het gesê dit het in ʼn antwoord van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming aan die lig gekom dat die departement en sy entiteite ongeveer 20,7 miljoen hektaar grond tot sy beskikking het.

“Minister Maite Nkoana-Mashabane het in antwoord op my vraag onthul dat haar departement ongeveer 13 588 879 hektaar grond besit en eksklusiewe regte het op nog 2 222 920 hektaar grond. Daar word verder gestel dat die raad van die Ingonyama Trust (ITB) ongeveer 2 000 000 hektaar grond besit en eksklusiewe regte het op nog ongeveer 2 882 000 hektaar,” het Mbabama gesê.

ʼn Verslag van ʼn hoëvlak paneel onder die voorsitterskap van voormalige pres. Kgalema Motlanthe het gevind dat die “grondgebied van Suid-Afrika” ongeveer 122,3 miljoen hektaar beslaan.

Mbabama het gesê hierdie “verstommende erkenning” van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming volg op soortgelyke antwoorde van ander departemente. Dit sluit in die departement van openbare werke wat erken het dat hy 1,9 miljoen hektaar van ongebruikte grond besit, asook die departement van landbou, bosbou en vissery, wat gesê het dat hy 73 000 hektaar landbougrond namens die departement van openbare werke administreer.

“Die departement van openbare ondernemings, wat ook groot stukke grond besit, moet nog op die vraag antwoord,” het Mbabama gesê.

“Met hierdie inligting ontstaan die vraag hoekom druk die ANC dat artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding terwyl die regering reusestukke stedelike en landbougrond in sy besit het, waarvan baie gepas is vir ontwikkeling of landbou,” het Mbabama gesê.

Mbabama het gesê verdere verwarring word veroorsaak deur ʼn onlangse stelling van Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, dat die party “besig is om die implementering van die grondonteiening sonder vergoeding uit te rol. Ons gaan nie wag nie”. Dit terwyl daar by die ANC se grondberaad in Mei besluit is dat die grondonteieningswetsontwerp dringend deur die parlement goedgekeur moet word.

Intussen, het die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming op nog ʼn vraag van die DA bevestig dat die regering nog nie besluit het op grond wat sonder vergoeding onteien sal word nie, en tweedens oor die kwessie gelei sal word deur die uitkoms van die grondwetlike hersieningskomitee wat opdrag gegee is om moontlike wysigings aan artikel 25 te oorweeg en eers op 11 September aan die Nasionale Vergadering verslag sal doen.

“Verwarring vier hoogty,” het Mbabama gesê.

“Die DA glo die ANC gebruik grondonteiening sonder vergoeding om sy eie mislukkings te verdoesel.” Mbabama het gesê die werklike struikelblokke van suksesvolle grondhervorming is ʼn gebrek aan politieke wil, gebrek aan opleiding en kapasiteit, en die gebruik van die grondhervormingsbegroting vir ander doeleindes.

“Die DA wil hê Suid-Afrikaners moet ware eienaars van grond wees met die reg om te kies, in teenstelling met die ANC en die EFF wat wil hê die staat moet die eienaar wees en die mense van Suid-Afrika is die permanente huurders van hul grond.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Joshua ·

Suid Afrika is n gevangene van n totale korrupte en onbevoegde mislukking; n ANC regering.

Hanna Hoekom ·

Die antwoord is voor die hand liggend: hulle soek reeds produktiewe grond! Onbewerkte grond moet bewerk word. En ons weet dit gaan nie gebeur nie. Produktiewe grond kan geplunder word…

Natus ·

Kommunistiese doelwit. Onteien al die grond, ‘gee’ dit dan aan persone om te bewerk terwyl die grond eintlik staatsbesit is. Behalwe vir die uitsoekgrond wat aan n handjievol uitgesoekte kommunistiese leiers behoort.

Sanna ·

Net die feit dat ons krag duurder is om goedkoper krag te subsideer aan minderbevooregtes maak my vies. Ons het nie geld vir tv nie, maar die hordes skottels wat vir lewe of dood hang aan die hokkieshuise spreek boekdele.

Daan ·

Laaaankal vermoed die onteiening ding gaan nie oor grond of boer nie.

John ·

Wie is die ANC eintlik? Die antwoord se alles. Om ‘n land-sonder-‘n-verklaarde-oorlog-oor-te-neem, dit is wat voor ons oe gebeur. Boere word uitgemoor en verskrik en emosionele sluwe speletjies word gespeel en die land beland in die hande van ‘n terroriste-groep. Daar wag ‘n nare verrassing op die Weste….

Reguit ·

Mmmmmm ja……. Noudat die Linkses van Suid-Afrika sélf sien dat die monster wat hulle geskep het húlle grond óók gaan vreet – nóú wil hulle begin skree. Te laat. “The revolution will be eating its creators and their children”.

zoom zoom ·

Zim het ook toegelaat dat grpmd gegryp en geplunder word. Nou is die nuwe regering in zim besig om die vergrypde grond weer terug te gee aan die eienaats van daai gromd sodat ladbou weer gedoen kan word en dat werk geskep kan word. Hier in SA is die regering nou in die begin waar zim was onder mugabe se bewind

Vryheid ·

Die berig leer ons niks wat ons nie alreeds weet nie. Nog sensasie nuus!

Sensasie ·

Vryheid; dalk is JY alwetend, maar baie lesers is onbewus van hierdie ontstellende nuus.

Jerry ·

Ten minste is daar staatsgrond wat beset kan word. Strooi n paar geel klippe en stuur die boodskap vir die naaste township!

Vryheid ·

Sensasie : Onkunde is geen verskoning, die nuus is al maand terug oor berig.

Lafras ·

Dit gaan nie oor “gee vir die wat nie het” nie, dit gaan meer oor “vat by die wat het” . Dis ‘n troefkaart-spreek van die ANC. “Grond onteiening sonder vergoeding!” Sou hulle daadwerklik voortgaan met die plan om onverwerkte oop grond wel aan die sogenaamde ‘voorheen verontregtes’ te gee, sou daar gou agtergekom word dat, alhoewel hulle hierdie groot stukke grond nou besit, dit indaadwerklik geen verskil aan hulle huidige ekonomiese welstand maak nie. Grond alleen beteken nie veel as dit nie ten minste bewerk word om iets voort te bring nie. Harde arbeid, tyd, talent, kennis, en groot befondsing is nodig om enige boerdery suksesvol te maak. Sou jy wou bou op jou nuutgegeefde stukkie grond, dan het jy ook maar baie geldjies nodig en vernuf.
Vat jy nou reeds bewerkte en suksesvolle boerdery grond, sonder vergoeding, dan plunder jy maar net eintlik, en binnekort sal jy weer sit waar jy was, met die bygevoegde vernietiging van die ekonomie en die gepaardgaande voedselsekerheid. Grond onteiening sonder vergoeding het plaasgevind in Zimbabwe, en ons almal weet wat daar gebeur het. Omtrent niemand het ryker geword nie (Behalwe Mugabe en sy tjommies). Almal het baie armer geword.

Francois van der Merwe ·

Daar is miljoene hektare grond onder stamhoofde in die Limpopo provinsie…..daar is geen produktiewe verbouing van wat se aard nie. Hiekom nie die grond onder Stamhoofde vat en verdeel onder hulle mense in die onderskeidelike dorpies nie. Nee ons het hulle bederf deur als in hul kele aftedruk en dan kots hulle dit net weer op. Ons gaan produktiewe grond / boere en werkergewers so verkrag. Meer werkloosheids en voedsel tekort gaan aan die orde van die dag wees. Hulle soek nie grond nie….gee vir hulle geld

Grond ·

Vir my lyk die somme maklik. Almal kry grond en huise en die van ons wat reeds grond en huise het, hoef nie meer n sent terug te betaal op eiendom gekoop nie. Ook nie meer erfbelasting nie. Dan alleen, sal dit in my oë ietwat “regverdig” lyk.

Donald ·

Sal nie so gebeur nie. Hulle will die bank ook nasionaliseer. Die bank neem jou skuld vanaf waar jy lenings geneem het. Die staat jag jou as jy nie betaal nie. Hierdie nasionaliseering praatjies van die reserwe bank is nie maar toevallig nie. Dit loop hand aan hand met die nasionaliseering van grond sodat die masiewe grond lenings nie platval en al daardie geld verlore gaan as ek en jy besluit om ons bates af te skryf of af te brand nie. Jy gaan steeds moet opdok terwyl jou goed gevat word.

Cherokee ·

Is Nkandla nie soort van ‘n plaas met al die grond daarom nie? Sal nogal interessant wees as plakkers daar gaan plak.

Jerry ·

Jou en die forum se uurglas vir versoening het ongelukkig uitgeloop Willem. Nou moet julle voorberei waarop diegene soos jy gehoop het, maar moet nie vrees nie, ek sal julle nog steeds van advies bedien en tereg wys waar nodig.

Donald ·

Gaan wys jou ma tereg Jerry. Dis deur jou tipe se versoening praatjies vir die afgelope 30 jaar waar ons sit waar ons sit. Ons het na jou raad geluister vir te lank ons luister nie meer nie. Jy kan nie n bord kos deel met iemand wat nie versadig raak nie want hy gaan als op eet. Net so kan jy nie versoen met iemand wat nie kan vergewe nie. Dis lekker om die mantel van “victim” te dra so kan jy aan hou om n ekstra bordie skuld gevoelens te eet een na die ander en daar sal net altyd nog geskep moet word. Hou jou raad vir jou tipe. My tipe is gatvol vir skuldgevoelens aangekweek deur die konsep van versoening wat nooit na normaal kan keer nie.

Al ·

Dankie DA. Gee hul gas – laat hul ons boere uitlos wat voedsel produseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.