DA stel plan bekend om plaasmoorde te bekamp

Argieffoto: AfriForum Jeug

Die DA het ʼn aksieplan teen plaasmoorde bekendgestel. Die plan is in die parlement deur die DA-LP’s Andrew Whitfield, Annette Steyn en John Steenhuisen bekend gemaak, en volgens Whitfield sal die groot aantal plattelandse DA-raadslede binnekort betrek word in die bekamping van die probleem.

Whitfield het gesê Suid-Afrika se landelike gemeenskappe word bedreig deur gewelddadige misdadigers en dit moet stop.

“Suid-Afrika se kwesbare landelike gemeenskappe het dringende, duidelike en beslissende optrede nodig en ons kan nie langer wag nie. Aanvalle op boere, plaaswerkers en landelike gemeenskappe is ʼn aanval op ons landelike ekonomie. Dit is tyd om ons politieke verskille opsy te sit en oor partygrense heen saam te werk om ʼn landelike veiligheidsplan te implementeer wat alle Suid-Afrikaners bevoordeel,” het hy gesê.

“Ons plan is ʼn gemeenskapsgerigte ‘stewels op die grond’-benadering tot landelike veiligheid, wat die uitgebreide gebruik van tegnologie insluit en voorstelle vir hoër polisiesigbaarheid om landelike inwoners veilig te hou,” som Witfield dit op.

(Foto: Demokratiese Alliansie/da.org.za)

“Dit is belangrik om te beklemtoon dat die LGP-reserviste-model nie ʼn enkele verandering aan wetgewing nodig het nie. Die enigste beleid wat die SAPD sal moet hersien, is die kwalifikasies en minimum vereistes vir reserviste. Daar is dus geen rede waarom die SAPD nie hierdie plan onmiddellik kan implementeer nie,” het Whitfield gesê.

Die DA se landelike veiligheidsplan stel die volgende voor:

  • Die SAPD moet landelike polisiëringsektore vestig

Polisiestasies wat ʼn spesifieke landelike gebied bedien, moet ten minste een toegewyde landelike sektor skep as deel van sy sektorpolisiëringstruktuur en -plan. Waar stasies groter of oorwegend landbougebiede bedien, sal sulke gebiede in verskillende bestuurbare polisiëringsektore verdeel word. In hierdie sektore sal ten minste een SAPD-lid aangestel word as sektorbevelvoerder, in ooreenstemming met die huidige sektorpolisiëringsnorme.

  • Stewels op die grond

Elke landelike sektor het stewels op die grond nodig om te verseker dat gemeenskappe veiliger voel en om misdadigers af te skrik. Vanweë die onnodige swaar struktuur van die SAPD, kan die polisie egter nie ʼn span beamptes aan elke landelike sektor toewys nie. Dit bring ons by die derde aspek van die landelike veiligheidsplan.

  • Gemeenskapspolisiëring

Gemeenskapspolisiëring is ʼn doeltreffende afskrikmiddel vir misdaad. Landelike gemeenskappe ken hul omgewing, aangesien baie hul lewens in hierdie gemeenskappe deurgebring het. Die DA stel dus ʼn benadering voor waar nasionale / provinsiale strategieë vir landelike veiligheid aan landelike sektore uitgereik word. Landelike veiligheidsplanne moet dan op plaaslike stasievlak aangepas word, in samewerking met vrywilligers van die gemeenskap.

  • Landelike gemeenskapspolisiëringseenhede

Op plaaslike stasievlak word ʼn landelike gemeenskapspolisiëringseenheid (LGP) opgerig vir elke polisiestasie, wat ten minste een landelike sektor bedien. Hierdie LGP’s bestaan uit vrywilligers uit die plaaslike gemeenskap wat die SAPD sal help met polisiëring in ʼn landelike sektor. Hierdie vrywilligers kan insluit LGP-reserviste, LGP-ondersteuningslede (insluitend spesialiste), LGP-hulplede, landelike gemeenskapsvrywilligers of lede van bestaande gemeenskapspolisiëringsforums.

Argieffoto van ‘n gedenkdiens vir polisielede wat dood is. (Foto: GCIS)

LGP-reserviste sal wees net soos SAPD-reserviste, spesifieke landelike polisie-opleiding ontvang en as ʼn “deeltydse landelike polisieman” optree. Hul ondersteuningslede sal ten minste een funksie hê en spesialiste word toegerus met vaardighede wat nodig is vir landelike polisiëring en sal saam met landelike reserviste onder toesig van die SAPD werk.

LGP-hulplede sal meestal as stewels op die grond dien, terwyl vrywilligers uit die landelike gemeenskap as ʼn “landelike buurtwag” sal optree met verskillende rolle volgens die behoeftes van spesifieke plaaslike stasies. Landelike gemeenskapsvrywilligers sal nie as reserviste funksioneer nie. Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) sal van onskatbare waarde wees in die stryd teen landelike misdaad.

  • Landelike polisiëringsondersteuningsnetwerke

Ingevolge die DA se plan sal landelike polisiëringsondersteuningsnetwerke landelike burgerband (BB)-radionetwerke en -radiokamers insluit, sowel as landelike polisiëring deur hommeltuie en finansiële steun.

Die plan stel voor die vestiging van ʼn landelike radionetwerk vir elke stasie. Hierdie BB-netwerk het slegs toegang tot ʼn spesiale landelike veiligheidskanaal en het geen toegang tot amptelike SAPD-radiofrekwensies of -kanale nie. Hierdie BB-netwerke sal beheer word deur ʼn landelike radiokamer, geleë op stasievlak en bestuur deur ʼn lid van die plaaslike LGP. Dit sal aan alle landelike wonings beskikbaar gestel word.

Verdagte aktiwiteite en veiligheidsrisiko’s kan geïdentifiseer word en die stelsel kan gebruik word vir oproepe tussen lede en noodoproepe om landelike gemeenskappe nader aan mekaar te bring.

Hommeltuigtegnologie word wêreldwyd suksesvol gebruik omdat dit goedkoper en beter is as konvensionele polisiëring en misdadigers afskrik. Deur ʼn hommeltuig toe te rus met termiese beeldvorming, nagvisie, of infrarooi beeldingstegnologie, kan verdagtes geïdentifiseer en agtervolg word onder enige omstandighede en enige tyd van die dag. Hommeltuigtegnologie sal onmeetbare waarde toevoeg tot die stryd teen landelike misdaad en geweld.

Uiteindelik moet LGP-reserviste vir hul werk en uitgawes vergoed word. Hierdie stelsel sal ʼn voet in die deur wees vir diegene wat op voltydse basis by die SAPD wil aansluit.

  • SAPD-strukture

Die DA se landelike veiligheidsplan sal die oprigting van landelike beveiligingseenhede, die SAPD se provinsiale direktoraat vir landelike veiligheid (PDLV) en ʼn landelike misdaadintelligensie-afdeling (LMIA) insluit.

Landelike beveiligingseenhede (LB-eenhede) sal in die SAPD opgestel word om vinnige reaksie moontlik te maak, veiligheidsoperasies uit te voer en met provinsies saam te werk. Dit sal verseker dat alle landelike gemeenskappe in die betrokke distrikte kennis dra van landelike veiligheidsplanne en dit in werking stel.

Die PDLV sal die sentrale opleidingspunt wees vir die opleiding van LGP-lede. Die LMIA sal help om inligting oor landelike veiligheid in te samel, te verwerk en te versprei en meestal op ʼn distriksvlak funksioneer, terwyl die misdaadintelligensie-netwerk wenke sal gebruik om bedreigings in landelike gemeenskappe te beveg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Werner ·

Hierdie is net stemwerwery die regering stel nie eintlik belang im reserviste aantestel nie ons probeer al van 2008 eers was daar n monatorium tot laas jaar en nou is ons kwansuis te oud die DA kan planne maak tot hul blou is sonder die regering se ondersteuning beteken dit niks net stemwerwery

Reinhardt ·

En wanneer die DA geen planne voorendag bring nie dan doen hulle niks. Hou op kla, wees bly iemand probeer die probeem oplos.

Gaitsigubib ·

Reinard in verdediging van Werner, die DA kan iets probeer doen of niks. In albei gevalle vermag hulle steeds niks. Ons kla werklik nie oor die DA nie. Hulle herinner so aan die NP, wat later die NNP geword het en toe na die ANC oorgeloop het dat mens jouself aan hul ondersteuners kan verwonder. Werklik merkwaardig!

Abe ·

Werner,
‘n Goeie plan. Kan jy iets beter voorstel? As die implementering van die plan ‘ n probleem is, behoort ons nou voorstelle te maak oor hoe om daardie probleem uit die weg te ruim. Kan jy aan iets dink?

Gaitsigubib ·

ABE ek sien Werner is op verlof, so ek sal weer namens hom antwoord. Die plan kon werk, ons weet immers dat dit gewerk het, want dit verskil nie veel van die komando stelsel wat Mbeki afgeskaf het, om doelbewus boere weerloos te laat. Jy sou onthou dat hy gelieg het en vertel het dat hy die komandos met iets anders gaan vervang. Hierdie is seker min of meer waaraan van sy naiewe ondersteuners gedink het. Ek reken dat ons privaat moet inskakel met mekaar en baie meer op ons self aangewese moet wees – ons sal wel moet opskerp want wat ook al ons nou doen is nie genoeg nie.

Alwyn du Preez ·

Uitstekend. Nou vra ons wat ‘n opposisie party kan doen t.o.v. implimentering. Hoe gemaak?

Albert ·

Alle partye (ANC, DA, VF, ens.) praat net, maar van implimentering is daar geen sprake nie. Verbeel jou die leiers van die DA en VF neem aktief deel aan iets soos patrollies? Net so min as wat die ANC iets omtrent die probleem sal doen. Maar as dit by praat en planne maak kom, is almal voor in die koor.

Lou ·

Klink vir my soos een Babelse verwarring met al die afkortings.
GPF, PDLV, LMIA, LB, LGP ??
As die Polisie net onslae raak van al die kriminele in eie geledere en begin om bevoegde mense aan te stel wat opleibaar is en geletterd is en hulle werk doen, dan sal die veiligheid sommer van self beter raak. Maar die Cowboy Minister is meer gepla oor sy kleredrag en hoed as oor Nasionale veiligheid en die publiek.

wonder maar net ·

Hoekom het hulle in die eerste plek die komando’s weg gevat?? Stel dit weer in en ek is seker die moord en roof sal baie minder wees of op ‘n end kom!!

Boer. ·

Hulle het dit juis afgeskaf om hulle planne deur te voer. Hulle sal dit nooit terug bring nie want hulle weet dit sal werk om die boere te beskerm. En dink jy regtig hulle wil ons beskerm?

Dof Alliansie ·

Hmmm ja, laat ons raai : Hulle vereis byvoorbeeld dat slegs BBEE kandidate aangestel word om die taak te verrig?

@Dof ·

Dis doodreg. Wie sal nou veilig voel as die klomp geduring in jou area rondhang? En dan daag daar die op wat hulle voorgee as reservis en jy gaan nie weet nie. Geen voetwerk, net homeltuie en moet beheer word deur ons eie gemeenskap.

Jimmy ·

Nou wie gaan dien in die kommando’s? Wittes? Dink nie so nie. Net meer R4s in verkeerde hande.

Adrian ·

Ek verkies maar om posetief te bly. Hierdie is ‘n “ligpuntjie”…

Cherokee ·

Maroela, moet asseblief nie ruimte mors deur scrêp te plaas nie, asseblief.

Jack Klok ·

Die DA het slae gekry in Mei. Die DA het soveel steun aan die VF+ verloor dat die VF+ se stemme so te sê verdubbel het. Waarom? Omdat die DA net op sy swart kieserkorps gekonsentreer het.

Plaasmoorde was vir die DA ‘n verleentheid. Om vir die Boere in die bresse te tree kon maak dat hulle swart steun verloor, so het hulle koppe gewerk.

Maar die afskeep van ons Boere het nie meer swart steun gewerf nie maar wel die Boere gemeenskap vervreem. Dus, nou ewe skielik bedink die DA “‘n PLAN”. Beslerm die Boere en hoop hulle stem weer DA.

Die Ingelse noem dit “virtue signalling”. So lyk dit vir my. Die PLAN klink baie indrukwekkend maar die ANC se samewerking is nodig om dit te maak werk. Wat is ‘n plan sonder aksie? Ek vertrou eerder op AFRIFORUM en die VF+.

Cherokee ·

Jack Klok, as jy aan forums wil deelneem, moet jy bereid wees om hewige teenstand te hanteer, indien nodig.
Ek hou van jou skrywe, ek waardeer jou taalgebruik, wat afgeskeep word deur baie (indien nie die meeste) kommentators wat vir Afrikaans in die bresse probeer tree met gebrekkige taalgebruik en dan noem hulle hulself iets soos ‘the redneck’ ‘potato’ of ”maize flour’.
Ek waardeer jou keuse en ek praat dieselfde politieke taal as jy. Wat ek nie weet nie, is of jy weet van watter geskiedenis die DA afstam, en wat (blykbaar meeste) kiesers nie weet nie, is wat die agtergrond van die DA is. Indien jy dit wel weet, kan jy dit gerus noem in jou opvolgende kommentare. Indien jy nie weet nie, Dr Google weet wel.
Baie dankie vir jou bydrae.

Cherokee ·

Korreksie, Dr Google is slim maar miskien nie sò slim nie. Partykeer wen ek.
Die DA is voorafgegaan deur die Progressiewe Party en Helen Suzman en Fredrick van Zyl Slabbert. Hulle het soort van afgetree en die DA is gestig (in die plek daarvan) en Helen Zille en haar aanhangers het Suid Afrika verder in die afgrond in bestuur.

aj ·

As die DA iets wil doen wat sal help is dit om by SARS te reël datk ALLE SEKURITEITSUITGAWES wat boere moet aangaan, van belasting afgetrek kan word.

Want die sekuriteitsgebrek in die land is die gevolg van die ONBEVOEGDE REGERING!

ALMAL moet ophou om belasting te betaal … GEEN BELASTING vir GEEN REGERING … is ‘n regverdige bedeling.

Frik Lotz ·

Jack Klok, jy slaan die spyker op sy kop! Ek stem 100% saam met jou!

Roelof Mc Donald ·

Die arme DA kon niks in die verkiesing vermag nie en is selfs so dom gewees om die mens te “fire” sonder wie die DA nie nou sou bestaan het nie. [Zille] Verder paradeer die hele lotjie elke parlementsessie in koloniale kleredrag, koloniale geboue, ens. Nou na die verkiesing het hul skielik geen werk meer of gevegte om te veg nie.
Daar bestaan reeds strukture om plaasmoorde te bekamp. Julle skielike nuwe plan gaan beslis tot duplisering lei en kan net bestaande strukture verswak. Vergeet daarvan om politieke munt te bekom deur afbrekend/dom te werk te gaan. Ondersoek liewer die bestaande strukture en pomp HULP in waar hulle en julle op ooreenkom. Dws ware samewerking in plaas daarvan om jul bekke in die openbaar te rek met fee-verhaaltjies. Geen plan van hierdie aard, waarin die SAP enige rol moet speel, het n kans op sukses nie!!! Volg my plan en Piet Publiek sal wel so stil-stil uitvind dat die DA wel iets nuttigs vir SA doen.

Cherokee ·

Indien jy skimp vir ‘n James Selfe job, Helen mik ook daarvoor. So jou oposisie is tough!

Lalie ·

Al wat sal help is dat die boere hulle self moet begin beskerm. Skiet om dood te skiet. Geen waarskuwings skote nie. Dan sal die president en sy canouns dalk wakker skrik en op hou om hand om die blaas met buitelanders te wees.

GL ·

Politici staan in die parliament en belowe aksie maar daar kom niks daarvan nie.

Moet nooit n waarskuwing skoot skiet nie, die hof kan se “as jy tyd gehad het om n waarskuwing skoot te skiet was jou lewe nie regtig in gevaar nie”. Dis wat hulle ons geleer het tydens ons bevoegdheid opleiding.

KrokodilBotha ·

Skielik borrel die ANC lite orals uit. Hulle is desperaat en bankrot. Kyk hoe lyk Gauteng, die Kaap is nie ver agter nie. Party glo daar is n reenboog, eish ooh eh eh

m.d.r. ·

Almal dans rond oor die DA se “plan” wat net nog ‘n klomp strukture tot gevolg sal bring.
Almal kyk die mees basiese punt mis: die straf vir so ‘n misdaad is heeltemal te lig en dien nie as afskrikmiddel nie.
AFSKRIKMIDDEL—–aangesien ons nie die doodstraf sal terugkry nie, hoe omdtrent so 25-30 jaar HARDEPAD….soos in die verlede.
Iets soos die Amerkaners se “chain gangs”—-week langs ons paaie met die hand—nie met masjiene nie vir sy aandete…..as hy hard genoeg gewerk het.
Intussen staan hy in sy oranje oorpak vir almal om te sien…veral sy maters.
Dit behoort baie te laat DINK…..!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.