DA-steun by Afrikaanse Wes-Kapenaars daal steeds skerp

Mmusi Maimane, leier van die DA.

As die gevaarligte oor die DA se afname in steun by Wes-Kaapse Afrikaanse kiesers nog nie tevore geflikker het nie, kan selfs die mees selfingenome onder die party se provinsiale en nasionale leierskap nou nie meer die skelrooi boodskap van kritiek uit hierdie lojale reservoir DA-stemme miskyk nie.

In twee tussenverkiesings verlede week het die DA se agteruitgang, wat sedert November in ’n al meer verteenwoordigende groep Wes-Kaapse Afrikaanse gebiede voorkom, dramaties voortgeduur, al het die party albei wyke net-net behou.

Die ANC het in die Wes-Kaap beter gevaar te midde van ’n wegblystem deur kiesers wat in 2014 en 2016 DA gestem het, en die EFF se patetiese vertoning in verkiesings in die land se kusprovinsies is nie juis besig om te verbeter nie. Dit steek sleg af teen hul vertonings in binnelandse provinsies.

In Saldanha wyk 3 (White City en ’n deel van die seefront) was die swaai teen die DA 17 persentasiepunte sedert 2016. Me. Charleen van Nooi (DA) het 693 stemme gekry teenoor die ANC se 512, Icosa se 75 stemme en die EFF se 32.

Oudtshoorn wyk 13 omvat ’n deel van die oorwegend bruin woonbuurt Bridgton, en hier was die swaai teen die DA 10 persentasiepunte sedert 2016. Mnr. Marcellis Theyse (DA) het gewen met 986 stemme teen 864 vir die ANC, 77 vir die ACDP en 32 vir die EFF.

DA-bronne meen daar is verskeie redes vir die party se voortgesette Wes-Kaapse agteruitgang. Eerstens gaan stem geharde DA-ondersteuners steeds, wat die DA darem net-net laat wen. Kiesers wat minder sterk voel oor die politiek, en veral sedert 2014 nietemin in groot getalle DA gestem het, bly tuis en voer aan dat hulle afgesit word deur die nydigheid en binnegevegte in die DA, waaronder die veldtog teen mev. Patricia de Lille, voormalige Wes-Kaapse DA-leier en mees prominente Afrikaanse lid van die party. De Lille is ook die mees prominente bruin leier in die party, maar tans voer die DA ’n onverkwiklike stryd teen haar. Kiesers vind dit onaantreklik.

In die ANC se guns in die Wes-Kaap tel die verdwyning van oudpres. Jacob Zuma, wat uiters ongewild by alle definieerbare kiesersmarkte in die Wes-Kaap was.

Daar was ook twee tussenverkiesings in KwaZulu-Natal, waar die IVP sy groei in plattelandse gebiede voortgesit het, en die DA ’n goeie vertoning in sy hartland gelewer het om die Wes-Kaapse teleurstelling bietjie teen te werk.

Die IVP het Nkandla wyk 7 (’n deel van die Nkandla-woud en landelike gebiede daaromheen) met ’n ietwat vergrote meerderheid behou. Mnr. Nkosinathi Khumalo (IVP) het 1 441 stemme gekry teen die ANC se 1 223, die NFP se 34 en die EFF se skamele 4 stemme. Dis ’n swaai van 2 persentasiepunte na die IVP sedert 2016.

Die Ethekwini-metro in Durban se wyk 10 is die rykmansbuurte Kloof, Winston Park en Gillits tussen Pinetown en Pietermaritzburg. Dit is miskien die mees bloubloed DA-gebied in die land – in die munisipale verkiesing van 1995 en 1996, wat absoluut rampspoedig was vir die destydse DP, was die indertydse buite-Westelike substruktuur van Durban (gesetel in Kloof) die enigste munisipale substruktuur in die hele land waar die DP die NP geklop het.

Verlede week het die bekende en charismatiese mnr. Tex Collins van die DA weer so gemaak deur 5 991 stemme te trek teen 324 vir die ANC, 24 vir die EFF en 19 vir die IVP.

Dit verteenwoordig ’n swaai van 3 persentasiepunte na die DA sedert 2016.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

kobus ·

Die DA gaan baaaie wit mense verloor.ek hoop julle gaan na n party toe wat vir hulle iets doen en dis net die VF+.ek was ook DA maar hulle is uselless

Kaufman ·

Die DA doen baie beter in die algemeen as enige ander party wat waarookal in die land ‘n bestuursfunksie het, maar jy is reg, die enigste party wat werklik vir Afrikaners opstaan is die VF plus beslis.

Karel Kraai ·

Ek bly my lewe lank in die Wes-Kaap. Ek het nog nooit vir die DA gestem nie want ek glo nie dat dié party werklik my belange as Afrikaner op die hart dra nie. Trouens, ek het nie in die laaste algemene verkiesing die moeite gedoen om te stem nie. Ek beoog egter wel om in die komende verkiesing te stem, en om my stem vir die Vryheidsfront te gee. Ek beleef ‘n groeiende gevoel van Afrikaner-eenheid onder my volksgenote, ook hier in die Wes-Kaap. Ek glo dat die VF die enigste party is wat hierdie eenheid- en selfs onafhanklikheidstrewe kan verwesenlik.

Oujongvrou ·

Nee maar is reg. Laat die klomp bietjie voel hoe dit gaan wees sonder die DA. Geen dienslewering. Korrupsie in die stadsrade. Daai mooi syfers vir die munisipaliteite wat skoon audits gekry het vlieg dan sommer chop chop by die deur uit. Die ANC weer die Weskaap het nog n ryk oes aan bates. Mens raak moeg om te hoor die DA is nou so vrot. Nou asb stem vir die ANC. Dan kan ons ophou jaloers wees op julle.

Boela ·

Skoon oudits help niks as ‘n mens nie water in jou krane het nie omdat die provinsiale DA-regering nie behoorlik beplan het om die huidige waterkrisis die hoof te bied nie. Ook nie as die nasionale DA-leier uitsprake (partybeleid?) maak wat blankes op ‘n sylyn rangeer nie.

Kaufman ·

Boela, jy is heeltemal oningelig. Die DA het laaaaank terug die nasionale regering oor en oor gewaarsku oor watervoorsieningsbeplanning. Damme bou is ‘n nasionale rol, nie provinsiaal nie. Die provinsie kan dit net probeer eskaleer wat hulle gedoen het.

MK ·

Ek verstaan gladnie dat niemand kan sien dat Maimane die DA verwoes het nie. Ek sal verstom wees as hulle meer as 16% haal in die volgende verkiesing. Ek is egter trots om te kan se dat ek nog nooit vir hulle gestem het nie. ANC Lite. Hulle het nog nooit iets vir Weskaap beteken nie

Amelia ·

Die probleem is die DA was goed, maar die narre wat dit nou run is absoluut power en hand opi blaas met die ANC.

Morne ·

Johan, ongelukkig is daar baie Afrikaans sprekendes wat nogsteeds glo die Motion Party gaan vir hulle kultuur en bestaansreg veg wanneer dit by verkiesings kom. Dit gaan nie gebeur nie. Die DA is geensins daartoe verbind nie. Soos ons almal al weet is die Motion Party maar eintlik die ANC Lite. Voormalige kiesers het gesien hoe hulle verraai word. Die DA-skippie is besig om vinnig te sink.

John ·

Aanvanklik het die meer ervare politici uit die vorige bedeling die Kaapprovinsie se infrastruktuur en dienste help in stand hou, maar dinge begjn geleidelik soos die res van die land lyk veral ook mbt die watersnood die afgelope tyd, ~ iets wat baie swak gehanteer is. Maimane en De Lille se ego’s raak groter as die party self en om te wil glo dat die DA vir ewig korupsie sal vryspring, is veel gevra. Die Partyleier het ‘n paar geniepsige dinge kwytgeraak wat die wit kiesers dwars in die krop steek. Hy gaan harde bene kou in die 2019-verkiesing.

Lola ·

John, ek stem saam met jou. Wat ek wil weet is, die DA kan kan besluit om ‘n persoon uit te skop, hoekom kan die mense wat vir die DA stem nie dieselfde doen nie? Maimane is besig om die DA erg leed aan te doen…..volgens die stemmers…..is die mense se stemme nie dan belangriker as die politici sin nie?

Adam ·

John, jy maak ‘n paar baie geldige stellings. Maimane en ‘n paar manne soos oa Steenhuizen is vir my totaal onaanvaarbaar. Die DA het etlike problem soos:
1. Geen duidelike gedefinieerde beleid nie- hulle verkondig bloot “ons regeer beter”
2. Vieslike en onnodige binnegevegte,
3. Dalende politieke intellektuele kapitaal.
Waar laat dit my as ‘n Afrikaner anders as in die politieke wildernis. Die enigste Afrikaanse party, die VF+, is te klein om ‘n betekenisvolle impak te maak. Alvorens ek uitgekryt word as “verkramp” kan ek meld dat ek in die verlede polities met die “linkses” omgegaan het. Die DA se Afrikaner steun kom in ‘n groot mate uit voormalige “regse” kringe wat die DA as die “enigste sinvolle opsie gesien het. Kyk gerus na al ons politieke partye en indien jy eerlik met jouself is, sal jy waarskynlik saamstem dat ons nie veel opsies het nie. Emigrasie blyk ‘n al hoe meer aantreklike opsie te wees, iets wat ek met ‘n swaar hart oorweeg.

Koos ·

Nogal ironies hoe baie van julle verligtes al geëmigreer het of dit sterk oorweeg noudat die vuur wat julle destyds aangeblaas het buite beheer brand. Selfde mense wat altyd Jaap Marais afgekraak het vlug nou in hul massas landuit!

Kerneels ·

DA manufesto sluit goed soos BBEEE in en ‘redres of injustes of the past’. Hulle glo.nes ANC wit mense skuld iets vir ‘wat hulle ontvang’ het. Die geveg teen Zille en De Lill sien ons. Op plaaslike vlak gaan dit net so. Sake word gefabriseer teen mense wat as kompetisie gesien word om hulle uit te werk. Mense moet hulle oe oopmaak Mmusi is ‘n diktator.

Wim Kotze ·

John, Jy beweer die VF+ is te klein om ‘n impak te maak. Weet jy hoe Dirk Smit Speaker van die stadsraad geword het?

Adam ·

Koos, jy sit die pot mis. Die destydse “liberales” was voorstanders van ‘n federale bestel, iets wat die VF+ onlangs ook by monde van hul leier bepleit het. Die destydse “regses” het in hordes die DA omarm en hul destydse oortuigings vergeet. Terloops, Jaap Marais was ‘n ware “gentleman” en een van die mees beginselvaste politici wat daar nog ooit in SA was. Sy beleid was ongelukkig nie haalbaar nie, net soos die VF+ se volkstaat-idee in die stof gebyt het. Indien die destydse “nee” stemmers vandag almal VF+ gstem het sou hulle beduidende steun gehad het, kiets wat hulle nie het nie. Met minder as 8% van die bevolking wat blank is en veel minder wat boonop Afrikaans is gaan jy nie sien dat die rooi tapyt vir ons oopgerol word nie. Soms id dit nodig om ‘n meer pragmatiese blik op die situasie te plaas.

Koos de Meyer. ·

Om ‘n vreemdeling in ‘n ander land te wees is ook maar nie so goed nie. Hoekom moet ons weg. Ons het vir alles in die land gesorg en dit is op ‘n skink bord weggegee. Siek, ruggraatloos, dit is die werklikheid.

Dennis ·

Die DA se binnekring sit die pot lekker mis. Die DA verloor ondersteuning omdat die kieser begin besef die DA, onde Musi, is niks ander as die ANC “light” nie.

Hennie ·

Ek dink die DA kan maar gerus met die VF+ gaan praat oor n koalisie regering. Ek gaan beslis my stem skuif na VF+. Het nou genoeg gehad van n “leier” wat ANC taal gebruik soos “White privilege”! Die enigste manier om WP te gebruik is om volkere met mekaar te vergelyk en dan tot die slotsom te kom dat ern van hierdie volke beter is as die ander. Mmusi self is met ‘n WP vrou getroud# Ek…stem nou VF+

White Rhino ·

Ek gaan ook Vryheidsfront toe – lankal besluit. Die DA beteken niks vir ons blankes nie – het nooit ‘n woord oor die plaasmoorde gerep nie – nou gaan die DA aan die hakskeen gebyt word.

Marius Vivierd ·

Maimane moet maar vir hom kry. Hy het ‘n ras front in die DA bewerkstellig. Hulle gaan baie swak doen. VF+ sal my stem kry.

vissie ·

Ja ongelukkig dryf die DA n anti afrikaans siening…Sien dit met universiteite en alle regerings instansies in WK. So sal jy nie uitsprake tengunste van enige Afrikaanse instelling vanuit hulle oord gehoor word nie. Dit is totale liberalisme wat voortstam uit die geskiedenis. Wanneer daar gestem word dan kan hulle flikfooi soos min. Nee wat, VF+ ek stem vir jou volgende keer

Henry60 ·

Die DA staar om blind teen tussenverkiesings, ek het my kruisie vir die Munisipale tussenverkiesing vir n person wat dit verdien getrek, ongelukkig DA. Met die Nasionale verkiesing sal ek nie n kruisie langs Musi trek nie, hy moet padgee……………….. Sal interessant wees as hulle baie beter doen in munisipale wykse as in die nasionale uitslag.

Se maar net ·

DA het beslis my stem verloor, kyk die manier van hoe hulle ontslae raak van wit en kleurling mense in die partry dan laat dit jou wonder.

Lee ·

Ongelukkig doen die DA niks meer vir die wittes nie. Al wat hulle doen is een hofsaak na die ander om met die ANC en ander partye te baklei. Doen iets vir die mense van SA en ook nie net met verkiesingstyd nie, maar altyd. Staan vir ‘n verandering vir die wittes ook op maar dit doen julle deesdae gladnie. Julle het my stem ook verloor. VF+ baklei tenminste nog vir die wittes se regte al word ons boere uitgemoor. VF+ sal volgende jaar weer my en my familie se stem kry.

jan ·

Julle kan nie eens vir Patricha hanteer nie wat staan nog om n land soos SA te hanteer.

Irene ·

Word wakker afrikaners as jul verkeerd stem bly ons in groot gemors

Judge Dredd ·

ANC lite moet maar agter die swart stem aanvry.
As die EFF met 6% en 8% steun onderskeidelik so kan aangaan dan kan VF+ as hy so 4% of 5 % steun kan kry ook seker sy stem begin dik maak.

Br ·

Wel ek is ook bitter spyt dat ek in di verlede my stem gemors het op di DA. My stem gaan vir di VF voortaan. DA julle het n ruk tyd di grootste fout begaan toe julle n God’s lasterlike film gesteun het. Julle gevegte met Patrica wys ook net wie en wat julle is, vals klagtes teen haar. As dit eers so binne n party gaan oor mag. – vu wasgoed, nee ek vat my wasgoed en gaan

Oom Kalahari ·

Wel in ons wyk vir Provinsiale stemme is of was daar nie ‘n VF+ verteenwoordiger wat gestaan het nie dan is jy maar verplig om DA te stem, maar as dit by Nasionale verkiesinge kom dan stem ek enmy familie vir niemand anders as VF+ nie. Hul word so afgemaak as ‘n klein party, maar kyk gerus hoe veg hul met hul min verteenwoordigers in die parlement asook buite vir die Afrikaner. As die Afrikaner net wil besef en saamstaan sal hul wel sien wat VF+ vir hul kan en sal doen met groter verteenwoordiging. Waarom moet ek my stem laat verlore gaan vir ‘n Party wat my en my Volksgenote ondermyn en vertrap en help ontneem, nee mens het darem waardes en integriteit. Dr Groenewald is ‘n vegter en hy het asb elke Afrikaner se hulp nodig om sy vereenwoordiging groter en beter te kan doen.

VanAfrika ·

As ons reg stem kan die wittes uit die plakkerskampe uit beweeg en hul eie besighede stig. Ons was nog nooit bang vir werk of hoe om besighede bymekaar te sit nie. VF sal geldelik sterker wees om hierdie deel van die blankes ook te bekamp en daardie mense te laat begin met nodige opleiding om self versorgend te raak. Ons het voorheen tussen mekaar onderhandel en besighede gestig om werk aangeleenthede te bied, wat keer ons nou om dit reg te kry. Ons het al bewys ons hoef nie met ander handel te dryf om te oorleef nie. Ons ontwikkel net n klein SA binne die groot SA. Wie sê dit kan nie gedoen word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.