DA steun nie ‘ligsinnige’ Ramaphosa-mosie

Pres. Cyril Ramaphosa.

Die DA het gesê sy LP’s sal vandag buite stemming bly in die mosie van wantroue teen pres. Cyril Ramaphosa.

Die mosie word vandag in die Nasionale Vergadering gedebatteer waarna gestem sal word.

“Ons glo dat dit ’n ligsinnige mosie is wat deur die African Transformation Movement (ATM) voor die parlement gebring is,” het DA-hoofsweep Natasha Mazzone, gesê. “Die ATM – ’n neweprojek van die Zuma-Magashule-faksie in die ANC – se mosie is bestem om te misluk sonder die meerderheidsteun van LP’s.

“Die twee ATM-LP’s tesame met ’n groot deel van die ANC-LP’s sal daarvoor moet stem – ’n stap wat ook ’n aantal Zuma-Magashule-bondgenote in die Ramaphosa-kabinet se posisies in die gedrang kan laat kom.”

Die ATM se versoek vroeër dat die mosie deur middel van ’n geheime stemming moet plaasvind, is van die hand gewys.

Volgens Mazzone sal die DA Ramaphosa steeds verantwoordbaar hou, ondanks sy besluit om buite stemming te bly met die mosie. “Deur buite stemming te bly, plaas ons president Ramaphosa op terme, want as hy nie sy ekonomiese hervormingstrategie toepas soos belowe nie, sal ons beslis in die toekoms ons besluit om buite stemming te bly met so ’n mosie, heroorweeg.”

Die mosie moet as ’n wekroep vir Ramaphosa dien, meen Mazzone. “Die teenstanders van groei en ontwikkeling groepeer saam teen die president en hy moet dapper en doelgerig beweeg as hy ernstig is oor die ekonomiese herlewing van Suid-Afrika.”

Die UDM het ook reeds aangedui dat hy buite stemming sal bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SomeOne ·

nou waarom trek die da nou kop uit ?
dis net jammer dat die boere gemeenskap (alleen) nie saam met die nasionale vergadering kan stem nie

johanf ·

Wie in die ANC stel jy voor, moet hom dan vervang …veral in die tyd….!!

Casper ·

Hierdie mosie van waitrose is doodgebore.Iemand sit daar agter en ek weet wie.Ramaphosa sal moet begin om die broek te dra in sy kabinet.Zuma ,Magashule en Zuma se ander bondgenote gaan probeer om Ramaphosa se lewe hel te maak.Ramaphosa is aanbewind so raak ontslae van jou rugstekers president.

Hennie J ·

Indien dit n geheime stemming was sou dit rigtinggewend wees vir die ace faksie in die anc. Soos dinge tans staan is dit sinneloos. Onthou, die oorgrote meerderheid lp’s is daar vir die pay en niks anders nie en hulle sal dus nie openlik teen hulle meesters stem nie.

Harry ·

En so begin die verstandige optredes teen hierdie waansinnige uitlatings. Kan ons net terug tree na ‘n positiewe klimaat waar respek en orde heers.

Androclus ·

Zuma ,Magashule en Zuma se ander bondgenote gaan probeer om Ramaphosa se lewe hel te maak.
Casper dis waar hy sal moet sy stem dik maak anders is hy verlore.

JohanR ·

I suppose better the Ace you know, than the Ace you don’t know! Cyril Ramaphosa is ook maar useless, maar wat anders het die land as ‘n useless Cyril Ramaphosa….David Mabuza, NDZ, Mkhize? Die useless emmer is vol!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.