DA, studente sleep US hof toe oor taal

Universiteit Stellenbosch. (Foto: Verskaf)

Die DA sal binne die volgende twee dae hofstukke by die hooggeregshof in Kaapstad indien ten einde ʼn bevel te kry om die Universiteit Stellenbosch (US) te dwing om “sy eie taalbeleid toe te pas”. Die aansoek word saam met die studente-organisasie Studenteplein ingedien.

DA sowel as Studenteplein kla al geruime tyd dat die US nie sy eie taalbeleid toepas nie, deurdat studiemateriaal nie meer in Afrikaans beskikbaar gestel word nie en studente in sekere gevalle verbied word om Afrikaans in koshuise te praat.

“Ons wil hê die hof moet beveel dat die US afsien van die huidige praktyk om weg te doen met Afrikaans en sy eie reëls volg,” het dr. Leon Schreiber, kiesafdelingshoof van die DA in Stellenbosch, verduidelik.

afrikaans-sal-bly

(Foto: Stellenbosch Lente/Facebook.)

Volgens die party gebruik die universiteit die Covid-19-pandemie as “verskoning” om nie lesse en studiemateriaal in Afrikaans aan te bied nie. Die 2016-taalbeleid maak dit duidelik dat daar slegs afgewyk kan word van die bepaling dat alle leermateriaal in Afrikaans én Engels beskikbaar gemaak moet word indien individuele fakulteite so ʼn afwyking versoek en regverdig. “Die US het aanvanklik voorgegee dat die afwyking op grond van ʼn versoek van fakulteite goedgekeur is, maar die DA het intussen vasgestel dat géén fakulteit ooit so ʼn afwyking versoek het nie. Die uitvoerende komitee van die US-senaat het dus die US se eie taalbeleid verbreek deur weg te doen met Afrikaanse leermateriaal.”

Verskeie studente gaan ook verklarings by die hof indien wat aandui dat sommige US fakulteite geen Afrikaans gebruik tydens lesings wat veronderstel is om in Afrikaans en Engels aangebied te word nie.

Die applikante sal ook swaar steun op ʼn onlangse uitspraak deur die Grondwethof oor die gebruik van Afrikaans by Unisa. “In daardie uitspraak het die hof bevestig dat daar ʼn groter plig op universiteite rus om meertaligheid te bevorder in die konteks van afstandonderrig, omdat die gebruik van meer as een taal tydens afstandonderrig geen studente uitsluit nie,” sê Schreiber.

Hy sê die hofsaak is net een aspek van verskeie pogings om Afrikaans by die universiteit te beskerm. “Die ander aspekte, soos die ondersoek deur die Menseregtekommissie (MRK) en die petisie wat ons onlangs by die minister van hoër onderwys ingedien het, sal daarop fokus om die gebruik van Afrikaans en die regte van Afrikaanse studente uit te bou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Nici ·

Kom ons hoop vir regters wat regverdig is in hierdie saak en vir die afdanking van sekere mense by US.

Trotse Boervrou ·

Wie is die verraaiers by die US wat hulself die reg toegeëien het om die Afrikaanse Taal (die mooiste, mooiste taal) so te onderdruk en die Afrikaanse studente so te versaak? Noem hul asb by die naam en plaas sommer ‘n foto ook!
Dankie aan die studente en die DA wat opstaan en baklei vir ons taal. Mag jul van krag tot krag gaan met dit waarin julle glo en wat ons almal weet net regverdig is. Ons is werklik trots op julle. Bou voort…

Barney ·

Die Afrikaners word vervolg, vertrap, verneder en vermetel deur mense wat ons volk en ons Taal haat. Dis tyd dat ons die volks veraaiers se keel afsny soos wat Malema gesê het hy gaan doen. Volg net sy voorbeeld en doen wat jy wil want daar is geen meer wet en orde in hierdie land nie.

jzjz05 ·

jammer ,die wat die vv+ wil kraak , waar was die DA voor die laaste verkiesing.nou probeer hul reg maak wat hulle verbrou het,ons sal dit nie vergeet nie.ek was DA daardie tyd maar gaan my nie weer laat vang nie.

Frik ·

Ken ook nie die vv nie.
Ken net VF Plus en hul veg al vir jare lank vir Afrikaans, nie net met verkiesingstyd soos die DA nie!

Thom ·

Progressiewe denkers maak ‘n tikfout reg ___ klipkoppe sit vasgevang in die kettings van die verlede .

Hennie ·

Regtig? Hierdie is baie vreemde optrede van ‘n slingse lingse rasistiese wit party. Hulle dink seker hulle gaan die boere se stem terug wen, maar dit sal nie werk nie! VOORWAARDS VF+ VOORWAARDS!

piet ·

Vreemde kommentaar. DA het meer kiesers van kleur as wit kiesers. Die VF+ aan die anderkant. So terloops, hier blyk baie mense te wees wat nie die woord “rassis” korrek kan spel nie. En jy bedoel ook seker linkse en nie lingse nie. Laat mens wonder of jy weet waarvan jy praat.

Harley Davidson ·

Verkiesing taktieke ,die afrikaans sprekende mense gaan julle los en Vf+ toe immigreer nie dat dit gaan help nie so pleks baklei julle vir ‘n onafhanklike tuisstaat dan het julle my stem.

piet ·

Die konserwatiewe Afrikaner wat wou loop, het geloop. Julle ideologie pas in elk geval nie by die DA nie. Bly maar by die Mulder Alliansie, pas jou beter.

Harley Davidson ·

Ek kan nooit verstaan wat jy se nie met sport,ontken jy kwota sisteme bestaan dan praat jy dit weer goed,nou is jy weer besig met Mulder alliansie ,dink eers goed voor jy net skryf Piet jy verklap jou IK met hierdie ondeurdagte aanvalle.

piet ·

Ek is nie verbaas dat jy nie verstaan nie, Jasper. Wanneer het ek ontken dat die kwota-sisteem bestaan? Ek het wel gese dat al ons nasionale en top senior spanne op meriete gekies word en dis waar. Bietjie jou feite regkry voor jy my onnodiglik aanval. Jy’s reg oor die Mulder Alliansie, dis dalk nie so ‘n goeie beskrywing nie. Die Mulder Broederbond is meer van pas.

annie ·

Die US het nou mos die blinkste Engelse juweel in sy kroon wat alle regskennis in pag het. Hy en die rektor regeer oor ‘n eie ‘landjie’ knus tussen die wynlande wat Franse Hugenote met groot moeite opgebou het. Afrikanergeld was goed genoeg om die kampus en ruim beurse daar te stel maar nou is die oorlog slinks gewen na ‘n eensydige rektorsoorgawe aan Engeland. Kry die US geld van Brittanje?

Gerhard ·

Opinie van n ander kant af: Ek het vir n paar jaar klasse aangebied by tuks. Daar was afrikaans/ engelse kursusse en sommiges net in engels. Almal skree “afrikaanse” maar geen handboeke is beskikbaar in afrikaans nie. Studente en dosente moet die konstante vertaling van handboeke na klasse doen. Alles om in afrikaans onderrig te word vir ‘n wereld daar buite wat hoofsaaklik engels is. Iewers moet mense leer om by engels aan te pas. Of dit nou universiteit is of in die werksplek. ‘n Student wat reeds engels ten volle magtig is het klaar n voordeel bo n student wat net in afrikaans kan werk. In vandag se wereld waar ons kultuur maklik misgekyk word in aanstellings moet ons meer moeite doen om relevant te wees. Mense kan kla daaroor dat dit nie reg is nie maar dis hoe dit is vir beide in suid afrika en oorsee.

Regverdigheid in ons land is as elkeen in sy moedertaal onderrig kan word (zulu, sotho ens). Mens kan nie universele reels net op een taal toepas nie.

piet ·

Vreemd genoeg, as Afrikaaanssprekende, het ek dit dikwels makliker gevind om in Engels te studeer. Tegniese en vakterme word dikwels “beter en meer verstaanbaar” verduidelik in Engels. Dis seker omdat die vaktaal oor baie jare vereenvoudig is vir aanbieding. Nog ‘n interessante ding – ek het al ondervind met vraestelle dat ek somtyds onseker is wat in Afrikaans gevra word. Dan kyk ek na dieselfde vraag in Engels (as jy so gelukkig is om die vraestel in albei tale te kry) en dan is die vraag glashelder. Hierdie is ook ‘n goeie wenk vir ouens wat nog eksamen skryf.

Tiptol ·

Gerhard ek hoor wat jy sê. Ek is ook trots Afrikaans en het in die 80s Engeland toe gegaan vir ‘n kort rukkie. Dit sou my baie gehelp het met werk as ek engels magtig was. Dit ís die taal van besigheid.

Shakespeare ·

Julle moet ophou om die DA vuil te smeer. Ek wonder net hoe julle ouens wat dit doen gaan reageer as die EFF die opposisie party word. Die VF is wel ‘n agtermekaar party maar hulle is heeltemal te lig om die ANC of EFF te kelder.

Frik ·

Die DA is besig om hulself in die voet te skiet met hierdie verkiesingstaktiek wat net wys hoe desperaat hulle is!

Papsak ·

Los my taal uit daar is niks fout met afrikaans nie wat is julle probleem laat alles moet gaan vir engels

Frik ·

Dis verkiesingstyd en DA doen nou alles net om Afrikaanse stemme te kry, maar dit gaan niks help nie want kiesers gaan VF Plus stem!

piet ·

Erger as die VF+ wat die bruinstem najaag? Hoe voel die meer konserwatiewe VF+ kieser oor hierdie nuwe neiging wat die VF+ inslaan om na anderskleuriges te vry? Ek vind dit nogal interessant gegewe dat daar ‘n groot aantal baie konserwatiewe kiesers (oud HNP/AWB/KP) in die VF+ is.

Philip ·

Presies wat wil die Da bereik met hulle sogenaamde optrede nou dat dit kritiek raak en hulle soos n nul uit die noorde stof probeer opskop.Die harde werk is al reeds deur andere instansies gedoen so skei uit dat julle alleen optree namens Afrikaans.Dit is lagwekkend dat spesifiek die Da se kandidaat deur een van sy ondersteuners bedank word op ons groep se kommunikasie omdat hy op sy omkoste die vullis verwyder het Agv n munisipale staking.Dit is n eenmalige optrede van n onbekende persoon maar die raadslid van die Vryheidsfront is maar altyd beskikbaar en bekend oor die jare sonder dat hy enigsins n klop op die skouer kry

Erika ·

Die issues oor Afrikaans kom al lang pad.. maar daar word voorsiening gemaak vir ander groepe

casper ·

Hoog tyd dat daar vir eens en vir alyd die kwessie in die bed gesit moet word.
Die Kommuniste het klaar genoeg verwoes in die land !!!

Dup ·

Die Afrika tsunami sal uiteindelik alles wat Afrikaans is wegspoel en vernietig.Dit is net ñ kwessie van tyd.

Ria ·

Hierdie is niks anders as rassisties nie. Eers skree hulle moedertaal onderrig, nou diskrimineer hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.