Sy het aan party-ondersteuners vertel hoe sy kilometers ver saam met vroue van Podile in Limpopo geloop het om water te gaan haal by ʼn rivier. “Ons het in my tuisprovinsie KwaZulu-Natal gesien waar die geld heengaan wanneer dit nie gebruik word om aan ons mense dienste te verskaf nie. Dit word gebruik om ʼn paleis van R249 miljoen vir president Jacob Zuma te bou.”
Mazibuko sê Zuma se beeste is veiliger as mense in die provinsie. Sy sê die plek waar Zuma se hoenders bly is luukser as die huise van die mense wat vir hom gestem het. Mazibuko het ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners om agter die DA te verenig en ʼn boodskap aan Zuma te stuur dat hulle hoop en werksgeleenthede soek.
Mmusi Maimane, die DA se Gauteng-premier, het vroeër aan ondersteuners gesê werkloosheid is die laagste in die areas waar die DA regeer. Hy sê die huidige regering werk teen entrepreneurs. Hy sê die DA sal groot tenders opbreek sodat besighede kan meeding. “As die DA in Gauteng regeer sal geen persoon wat aan bedrog of korrupsie skuldig bevind is vir die regering werk nie.”
N hoender het n geheue van net minder as n paar sekondes en Oom Juma dink ons mense moet met minder tevrede wees en net soos sy beeste wil ons ook n veilige plekkie in die land he hy praat daarvan vir 20 jaar al ek glo sy tyd is verby sy gans het hy geslag.
DA maak onuitvoerbare beloftes nes die ANC. Netso ondersteun DA regstellende aksie,swart ekonomiese bemagtiging en heropening van grondeise. DA is n ANC- lite. Stem eerder VF Plus vir n beter toekoms.