DA: “Suid-Afrika verdien beter”

Duisende DA-ondersteuners by die Coca-Cola Dome in Johannesburg. Foto: @FrederickStefan/Twitter

Duisende DA-ondersteuners by die Coca-Cola Dome in Johannesburg. Foto: @FrederickStefan/Twitter

Suid-Afrika verdien beter, het Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, Saterdag aan duisende ondersteuners by die Coca-Cola Dome in Northgate, Johannesburg gesê.

Sy het aan party-ondersteuners vertel hoe sy kilometers ver saam met vroue van Podile in Limpopo geloop het om water te gaan haal by ʼn rivier. “Ons het in my tuisprovinsie KwaZulu-Natal gesien waar die geld heengaan wanneer dit nie gebruik word om aan ons mense dienste te verskaf nie. Dit word gebruik om ʼn paleis van R249 miljoen vir president Jacob Zuma te bou.”

Mazibuko sê Zuma se beeste is veiliger as mense in die provinsie. Sy sê die plek waar Zuma se hoenders bly is luukser as die huise van die mense wat vir hom gestem het. Mazibuko het ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners om agter die DA te verenig en ʼn boodskap aan Zuma te stuur dat hulle hoop en werksgeleenthede soek.

Mmusi Maimane, die DA se Gauteng-premier, het vroeër aan ondersteuners gesê werkloosheid is die laagste in die areas waar die DA regeer. Hy sê die huidige regering werk teen entrepreneurs. Hy sê die DA sal groot tenders opbreek sodat besighede kan meeding. “As die DA in Gauteng regeer sal geen persoon wat aan bedrog of korrupsie skuldig bevind is vir die regering werk nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

steps ·

N hoender het n geheue van net minder as n paar sekondes en Oom Juma dink ons mense moet met minder tevrede wees en net soos sy beeste wil ons ook n veilige plekkie in die land he hy praat daarvan vir 20 jaar al ek glo sy tyd is verby sy gans het hy geslag.

Frik Lotz ·

DA maak onuitvoerbare beloftes nes die ANC. Netso ondersteun DA regstellende aksie,swart ekonomiese bemagtiging en heropening van grondeise. DA is n ANC- lite. Stem eerder VF Plus vir n beter toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.