DA takel ANC-hoofsweep in NW oor plaasaanvalle

Argieffoto

Argieffoto

Die DA in Noordwes het Dinsdag sterk teen die ANC uitgevaar oor die regerende party “se poging om die voorkoms van plaasaanvalle en -moorde te regverdig”.

Jacqueline Theologo, DA-sweep in die provinsiale wetgewer, het in ʼn verklaring gesê die party is geskok deur die “roekelose kommentaar” deur Hofmann Galeng, die ANC se hoofsweep, Dinsdag in die wetgewer dat plaasaanvalle  en -moorde regverdig kan word deur die swak behandeling wat sommige mense op plase moet verduur.

“Die DA veroordeel alle geweld op plase, dit maak nie saak wie dit pleeg nie,” het Theologo gesê. “Die belaglike regverdiging is ʼn bloot ʼn rookskerm om die ANC se mislukking om alle mense in landelike gemeenskappe veilig te hou, te verdoesel. Dit sluit in die veiligheid van boere en plaaswerkers.”

Sy het gesê altesaam 17 mense is in Februarie vanjaar op plase regoor die land vermoor en daar is 44 aanvalle aangemeld. Sy het gesê in die jongste aanval in Noordwes was op die Hugh-gesin oor die naweek op hul plaas naby Zeerust.

“Hierdie groeiende neiging van landelike geweld verdien veroordeling van die ANC en nie aanmoediging en motivering nie.”

Volgens Theologo pleit die DA deurgaans by die regering om spesiale landelike veiligheidseenhede op die been te bring om landelike veiligheid te verseker. “Jare se verbreekte beloftes in dié verband laat bloed op die ANC se hande.”

Theologo het gesê die DA wil die ANC daaraan herinner dat landelike veiligheid plaaswerkers sowel as boere insluit, en dat dié party se verdedigende taktiek oor die kwessie ʼn skande is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Bekommerd ·

Die ANC moet besef dat hoe meer boere vermoor word, hoe meer van hulle eie mense gaan sonder werk sit dan het hulle nog minder steun. Boere moet ook daarop let oor hoe hulle, hulle werkers hanteer. Dis realiteit dat party diere beter behandel word as die werkers. Boere moet besef dat hulle gesinne se veiligheid afhang van hoe hulle die werkers hanteer. As jy hulle gaan goed hanteer sal hulle daar wees om jou by te staan wanneer jy in gevaar is…

vierkeluer ·

Ek vertou n wilde leeu meer, as wat ek die werkers op my plaas vertrou.
Ek behandel hulle baie goed, maar kyk in hoeveel van die gevalle, word boere vermoor,
al was hulle hoe goed vir hulle werkers.

Al wanneer my vuurwapen nie by my is nie, is in die stort.

Johan. H. ·

DANKIE!!!! Maar dit gaan nie help nie… Smokescreen. Mense bewapen julself, en moenie laater spyt wees omdat jou wapen opgesluit in die kluis gele het nie!!

Jane ·

Dankie tog, ek het gedink die DA gaan dit nooit ophaal nie, want ongelukkig is stilswye maar ‘n ander manier van goedkeuring! Ek kon nie glo toe ek sien hoe die Minister en President en almal inspring oor Xenofobiese aanvalle (op onwettige immigrante) nie, maar hulle eie landsburgers wat kos produseer en belasting betaal se moorde word of geregverdig deur apartheid/rassisme/loongeskille/swak behandeling wat al lankal nie meer die geval is nie. Dit word eerder aangepor as afgekeur. DWING hulle om antwoorde te gee, DWING hulle om betrokke te raak, julle is die amptelike opposisie, dis NOU of NOOIT!

Helene ·

Jane ek stem volmondig saam met jou.
Ek doen n beroep op die kiesers gemeentskap om die DA te steun
Vat hul hande en laat ons saam met die DA hierdie pad stap sodat hier stabiliteit in ons land kan kom. Vir almal wat soos ek dink: LEKKER DAG !!!!!

Pieterdp ·

Weer eens n bewus dat die ANC geheel en al vol bloed rasiste is

AL ·

Dankie DA! Die land het sy boere broodnodig vir voedselsekuriteit! Boere skep werksgeleenthede.
Die ANC regverdig dan seker die aanval op kleinhoewe eienaar Brian Molefe en sy gesin?
Wat van daardie ANC premier vrou wie haar varke laat vrek het van honger op haar plaas en die varke mekaar begin eet het van hongerte? Haar plaaswerker wie nie salaris ontvang het nie? So n wrede moord op haar geregverdig word?
Ons boere tree nie so skandalig op soos sy nie!

Dink net bietjie ·

Dink net…. indien daar nie meer boere is wat BOER nie, dan kan die fabrieke wat kos verpak in S.A. soos Koo, Tiger Food, McCain Foods se mense ALMAL sonder werk wees…. ja hulle is internasionale maatskappye ons sal dalk kan invoer….. maar gaan ons dit kan bekostig… dink net aan al die vars produkte wat ons tans by Spar, Shoprite ens net instap en lekker kan koop en eet. Maar miskien is dit S.A. se probleem, ons mense is VET gevreet, ons weet nie meer van swaarkry nie, ons moet dalk net na Zimbabwe in detail bestudeer en vir ons mense weer wys ja wys op kamara, hoe daardie mense tans in hul eie hospitale sterf, hoe hulle tans honger ly. Hierdie mense wat net grond wil gryp weet nie wat dit alles gaan inhou vir ons land en AL ONS MENSE nie. Grond beteken niks as jy nie IETS daarmee kan maak nie, dit kos Baie beld voordat daardie produk op jou bord is. Al ooit bietjie gewonder wat kos saad, die diesel, die arbeid, al die inset koste VOORDAT die plantjie nog kan uitloop…? Hierdie mense moet baie mooi dink voor hulle doen. Die Engelse spreek woord lui nie verniet :”be careful what you wish for” Moet ons eers weer HONGER ly soos AFRIKA hierbo ons? Sal die geleerders besef ons is almal hier vir mekaar. Kom ons pas mekaar mooi op?

Francois le Cochon ·

@Dink net bietjie. Dit is so dat ons kan koop wat ons wil, maar teen watter prys en watter kwaliteit. SA boere voer al hul beste produkte uit. Ons moet tevrede wees met die “oorskiet” wat die buiteland nie wil he^ nie. Kaas kan ingevoer word uit Ierland, en verkoop word teen R40/kg, maar ‘n invoerder mag net 100 ton per jaar invoer. Ons boere se kaas kos meer as R100/kg. Ons boere melk ons, en bied dan aan ons net die swakste kwaliteid produkte. Indien ons alle voedsel onbeperk mag invoer, sal dit goedkoper en van beter gehalte wees.

what a joke! ·

Nee nee nee die mense ken nie van bestudeer nie hul wil dit voel! Dit is slegs as die hongerpyne begin pla dat hul sal besef maar iets is nie reg nie!Selfs dan sal hul aanhou stem vir die einstes wat die probleme veroorsaak!!! Dit my vrien is Afrika maak vrede met dit!

Boerseun ·

Francois. Ek dink nie jy het n idee waarvan jy praat nie. Pnp ek woolworths rook jou. Woolworths boere voet nie uit nie, vra hulle hoeveel hulle vir produkte kry. Op die oomblik kry boer r23 per kg vir bees, wat betaal jy?

Arie ·

Hoekom onthou ek die geval van die verhongerde varke net so vaagweg?
Seker maar omdat daar nie n BESONDERE groot ophef daaroor gemaak is nie ( in teenstelling tot die doodskis saga van onlangs).
Opmerking is gemaak dat sommige boere hulle.diere. beter behandel as die plaaswerkers. Mag so wees, nie.aan my bekend nie. Seker. Maar omdat dit geisoleerde geval is. As plaas werkers. Dan so mishandling word mag hulle.ander woon en werk plek soek. Dit is n vry land binne demokratiese geskep deur ANC
Maar dat Premiers vrou plaasdiere so laat verhonger is absoluut verregaande

Jane ·

Moet ook nie die duisende hoenders/kuikens – ek dink dit was 40 000 vergeet wat van honger doodgegaan het en later het die SPCA maar die oorblywendes kom uitsit nadat die ‘boer’ die plek verniet gekry het, die diere nie kos gegee het nie maar OORSEE gaan toer het met die geld. Mens onderhou mos nie diere nie, jy spuit hulle nie in nie jy gee hulle nie kos of water nie, ook geen mediese behandeling, versorging of skuiling nie. Jy plant en saai ook nie, jy gee ook nie die gewasse en bome water nie. Jy kom ‘boer’ daar op die plaas tot die vorige boer se oeste en beeste opgeeet is, dan vra jy die regering vir geld want dan het jy ‘klaar’ geboer. Dan is dit Jan van Riebeeck se skuld en die wit boer wie se plaas jy verniet gekry het, wat jou nie alles mooi gewys het en verduidelik het hoe leen jy geld en sit weer nuwe oeste in en plant nuwe bome aan nie. As die lemoene op is en bome is dood . OOPS… dan het niemand nuwe boompies geplant nie. Ek ken ook meeste ‘Afrika’ boere hoor.

Francois le Cochon ·

Die reel se^ dat as jy hard werk sal jy nie arm wees nie. Tog werk plaaswerkers baie hard, maar is brandarm. Dit maak nie sin nie.

AL ·

Plaaswerkers in ons gebied smag na die dorpslewe naweke en die boere bring hul naweke in. Dan word drank misbruik en jolig gelewe tot Maandag wat hul hopenlik opdaag vir werk na n geweldige babelas. N Boer het dat hul hout verwerk op sy plaas, hoe meer sakke hout hul elektries opsaag hoe meer verdien hulle kommissie. Helaas was daardie werk vir hul te ‘uitputtend’.

Skim ·

Ek werk ook hard en bly arm, dit het NIKS te doen met hoe HARD jy werk nie. ‘n Mynwerker werk ook FISIES baie hard, maar kan nou verseker darem nie dieselfde geld kry as die BESTUURDER of CEO wat ‘n ingenieursgraad het, 20 jaar gewerk het, aandele het ens nie. Ek kan my doodlag as mense dink plaaswerkers kan BOER net omdat hulle VIR ‘n boer werk. Daardie mense werk eerstens op INSTRUKSIE, tweedens dra hulle GEEN risiko nie, die jaar wat daar geen oes is nie, kry hulle steeds hulle geld, die boer nie. Hulle LEEN geen geld om oeste in te sit en diere aan te koop of gaan GEEN uitgawes aan om diere te behandel en te voer nie, so dit is ABSURD om te dink as jy HARD werk, moet jy BAIE geld kry. Die ou wat die STENE pak, het bv geen opleiding nie, maar hy kan ‘n huis bou, moet hy nou meer kry as sy projekbestuurder met ‘n Boubestuurs graad en ‘n MBA en 20 jaar ondervinding? Jy redeneer nou nes Zuma, en ons almal weet hy was nie in die skool nie.

sooie ·

sê net en karma ek sou julle graag in die tyd neteen kind wou sien groot maak op siwsy R2 500 per maand. dubbel soveel as altwee ouers werk. tog gaan hou die Boer elke jaar verlof of hy en mevrou gaan rinkink oorsee vir n maand in die “af” seisoen terwyl die werker krepeer.

Piet ·

Die reel se “in die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien”. Jou reelboek en die ander lesers se reelboek is skynbaar nie dieselfde boek nie.

Werker ·

Sooie dan is dit tyd vir ‘n ander werk. Dan moet die PLAASWERKER vir hom ‘n werk in die stad gaan soek. Hy kan VERNIET leer en verniet bly, die beurse word nou aan plaaswerkers se kinders toegeken, so nou kan hy ook ‘n GRAAD kry en big bucks verdien. Moenie jou laat terughou en probeer om met R2500 kinders groot te maak nie. Ontwikkel jouself, gaan vooruit en los die ‘boer wat gaan vakansie hou eenkeer ‘n jaar’ heeltemal uit. Draai weg van hom af en gaan soek vir jou ‘n werk in die stad, dan kan jy ook eenkeer ‘n jaar Bahamas toe gaan of Thailand. Gaan LEER en moenie so jaloers wees nie. Die Parlementariers leef in baie groter weelde as die boere. Hoekom pla hulle duur jets en blink motors en Nkandla jou nie?

Ian ·

Is dit nou dieselfde DA wat grond hervorming wil bespoedig, wat eensydige rassisme aanblaas en wat blankes mislei met vals beloftes? Nee wat DA, sommiges van ons het lankal deur julle gesien. Hierdie is net n poging om wit stemme wat jul verloor het terug te wen.

Dirk01 ·

Moord kan nie regverdig word nie.Druk die ANC in n blik en verkla hom by die mense regte kommisie , dit is tyd dat die ANC uit een mond praat……laat ons weet waar ons staan en indien dit oop gevlek word as polities kan die buite land nou op tree hulle sit hoeka te lank as toeskouers

Marius ·

Jy is reg Johan.H wat is ‘n beter plek vir jou vuurwapen wat ‘n mens so gesukkel het om te kry aan jou sy geen beter plek vir hom.

Marius ·

Kyk mense as julle na al die aanvalle en huisrowe lees dan word al die vuurwapens uit die kluis geneem hoekom is hulle daar hou hulle naby waar hulle gebruik kan word om julle te beskerm.

w ·

Weereens moet ANC skuld kry vi sy ongevoelige uitsprake. Nou net weereens n bewys wie sit agter die aanvalle en moorde. Hul moet altyd onthou wat het met Peter Mokaba gebeur. God bly in beheer ma die ateiiste sali verstaan

Anton ·

…jy kry goeie plaasboere en jy kry slegte plaasboere…en…jy kry goeie plaaswerkers en jy kry slegte plaaswerkers…die persentasie goed of sleg moet n mens maar self bepaal…ongeag hoe goed of sleg jy iemand behandel…daar sal altyd n tyd kom wat hy/sy teen jou sal draai…al is dit net vir n kort rukkie…

Johan. H. ·

IAN.. Ek hoor jou. Vertrou niemand nie , die DA Het al vreeslik baie ANC oorstappers .Op die einde gaan hulle almal saam staan op n KRITIEKE oomblik. Die DA,ANC. en die EFF. KYK net

oumie ·

DA vir jou vat ek met n knippie sout en meeste van die prompotte jul moet liefs nie gaan Boer nie wat jul oes gaan net suur druiwe lewer sies man gin wonder ons word uitgemoor nie ons kan maar net nie saamstaan nie ‘DA as dit in jul broek sit gee hul gas’

Johanna Botha ·

Enige hulp nou sal help dankie dat die DA hulle stilte verbreek het en iets gese het …Dankie

Magda ·

Net ons Hemelse Vader kan ons red mense, ons moet weer terugkeer na ons Vader en Hom dien met ons hele wese.
Dis al uitweg

danie ·

Die DA het nou n deur oop gemaak, pleks van kritiseer, sit jou eensydige denke eenkant vir n wyle en gebruik die geleentheid om hulle te ondersteun vir n gemene saak. Jy hoef nie vir hulle te stem nie maar jy kan die geleentheid gebruik om te wys dis nie hulle wat so voel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.