DA vaar goed in vier tussenverkiesings

(Foto: Facebook/Democratic Alliance)

Die DA se volgehoue ​​groei in tussenverkiesings landwyd dui daarop dat die 2024-verkiesing dalk ʼn paar verrassings kan inhou. Die party sê in die afgelope 13 tussenverkiesings het die DA ʼn groei van byna 20% getoon.

Greg Krumbock, die DA se veldtogbestuurder vir die 2024-verkiesing, sê die party het Woensdag meer stemme in tussenverkiesings in vier wyke getrek.

“Hierdie uitslae demonstreer die groeiende steun vir die DA en ons verbintenis om werklike verandering en betroubare dienslewering vir die mense van Suid-Afrika te bied.”

In eThekwini se wyk 11 het DA-kandidaat Allan Peterson altesame 57,1% van stemme op hom verenig. Die DA het in die vorige verkiesing 40,7% van stemme gekry.

“Peterson se diep wortels in die gemeenskap en toewyding tot staatsdiens het by inwoners aanklank gevind wat hom vertrou om hul belange in die raad te bepleit,” sê Krumbock.

“Ook in Tshwane wens die DA vir Andrew Lesch geluk met sy verkiesing tot wyksraadslid van wyk 83.”

Volgens Krumbock weerspieël Lesch se indrukwekkende oorwinning met 72% van die stemme die voortgesette vertroue wat kiesers in Tshwane in die DA het.

“Met Lesch se toevoeging tot die raad het die veelpartykoalisie nou ʼn volstrekte meerderheid, wat ons posisie versterk om positiewe verandering te bring, korrupsie te beveg en ons ekonomie te herstel,” sê Krumbock.

“Die reusesukses in wyk 14 in Middelburg in die Steve Tshwete-munisipaliteit beklemtoon verder dat kiesers hul vertroue in die DA gestel het.”

Elsie Vermooten het in dié wyk 96,58% van stemme op haar verenig, teenoor die 79,79% in die vorige verkiesing.

“Ons is opgewonde om te sien hoe Vermooten die DA se verbintenis om op die gemeenskap se behoeftes te reageer uitleef en kwessies soos infrastruktuur, stukkende straatligte en onwettige storting aanpak.”

In Kaapstad se wyk 107 het die DA nie net die wyk behou nie, maar ook sy steun aansienlik vergroot en 94,07% van die stemme (vergeleke met 82,36% in die vorige verkiesing) gekry. “Ons wens Jonathan Mills, die nuutverkose DA-raadslid, geluk met sy klinkende oorwinning en sy verbintenis om voort te bou op die suksesse wat reeds in die wyk behaal is,” sê Krumbock.

“Al hoe meer gemeenskappe verenig agter die DA as die party wat lewensvatbare verandering in Suid-Afrika kan bring. Ons betuig ons dankbaarheid teenoor ons toegewyde aktiviste, openbare verteenwoordigers en personeel wie se harde werk en onwrikbare toewyding tot ons sukses in hierdie tussenverkiesings bygedra het.

“Ons bedank ook elke kieser wat hul vertroue in die DA stel en ons onwrikbare verbintenis om die mense van Suid-Afrika te dien raaksien,” sê Krumbock.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Delia ·

Daar was n vakante wyk. Iemand bedank, iemand sterf ens. Dan moet daardie munisipale wyk stem. Jy sal dalk nie weet daar word gestem as jy nie in daai wyk woon nie.

Johan Tredoux ·

Diegene wat stem is volgers. Die wat glo hul leiers gaan hul lei, gaan ly. Want die mensdom is n volgende, lyende klompie wat glo hul is vry ten spyte van die ooglopende, kunsmatige blyspel vir hul ondergang, om hulle.

KatjieDeKat ·

There’s a saying i found on an American forum: “If voting changes anything, TPTB would’t allow us to do so” Miskien was dit in die verlede anders maar vir baie dekades nou al het die WEF, die George Soros kabal en ander “grootkoppe” die sogenaamde “elite/ Illuminati” al lankal besluit watter pionne hul op die speelbord gaan toelaat.

Hendrik ·

As jy nie gaan stem nie, is jy deel van die probleem en moet jy nie kla oor die situasie in die land nie. Doen jou plig en stem.

Johan Tredoux ·

Ek het geen plig nie. As jy voel jy wil n volger wees, “by all means vote”.

JvR ·

‘n Verkiesing is soos n verhouding. Die persoon wat die “courting” doen, is op beste gedrag tot die handtekeninge na “I DO”

Nici ·

Politiek is altyd so 30 jaar agter die tyd. Toe, 30 jaar gelede was die DA ‘n goeie opsie. Tans is hul morele kompas gebreek en hul gaan baie probleme veroorsaak as hul die regering van die land word.

Blomkind ·

Nou wie sal jy graag wil hê moet die hool SA regeer…Die EFF…Kom by asb…Jy wil nie hê die ANC moet regeer nie maar nou jy n probleem met die DA…

Boeretroos ·

Dit is goed om te sien dat mense vir nou die regte besluit neem om te stem , elke een stem is belangrik om die narre en ander weg te hou van oorheersing , stadig maar seker ,,,,,,,,………

Vonny ·

N tussen verkiesing beteken dat bv. In n sekere wyk
Het n wyksraadslid se pos vakant geraak het.
Dus gaan die kiesers wat in daardie betrokke wyk woon en stem dan.
Ek beantwoord graag diè vraag

Vonny ·

DA ons as DA lede is BAIE TROTS.
HOU AAN GROEI.
ONS BID VIR N GODS VOLK!!!

HALLELUJAH

Johan Tredoux ·

Peculiar when someone insists on declaring his faith online every chance he gets. And also a bit suspect I might add.

LANA is ELANè ·

Lag ek nou kliphard, ñ Gods-volk met die immorele agenda wat die DA dryf, asb tog.

Vonny ·

Mense ons bid dat jul sal ophou om
Die DA te kritiseer.
Staan saam.
Vir watter party jy OOk al mag stem…!
Raak positief vir 2024!!!!

Hoe wil jul uit die vrot SA kom????
Deur te moan en te kritiseer?
Draai terug na God

Jaco ·

Die DA is seker maar die beste van die slegste baie van die dinge in die kaap is bo blink onder stink, en ja ek bly in die kaap en ja ek is aan die ontvang kant van hulle onvermoee. Ek weet nie vir wie ek volgende jaar gaan stem nie maar dit sal nie DA wees nie.

Euodia ·

Jammer om te sê maar jy is welkom om na ‘n ander provinsie te trek. Ons het nie mediesefonds nie en kry uitstekende diens van Baie bekwame dokters by KBH en TBH. Die Wes Kapenaars moet ophou kla en dankbaar wees vir die DA hier.!!!!

LANA is ELANè ·

Kleiner partye saam is beter as die ANC light wat in elk geval tot in sy kern immoreel is.

Kobus ·

Ek lees elders dat die stempersentasie iets soos 21% was. Indien dit waar is, beteken dit dat slegs 21% van gerigistreede kiesers gestem het. Goed / sleg / aanvaarbaar?

Carl ·

Die pride beleid gaan hulle nog duur te staan kom. Ek wonder wat die DA ondersteuners gaan doen wanneer die pride op hulle afgedruk word deur die DA.

Blomkind ·

Jy probeer seke iemand krap met jou comment. Wel eerder dit as die ANC…Of hou jy van die situasie waarin ons almal jy in kluis is, asgevolg van die ANC…

LANA is ELANè ·

Nêh – ons sal maar sien. Hierdie tipe tussenverkiesings laat veel te wense oor. Almal met wie ek praat sé reguit die DA, met hulle WOKE agenda, is net een te veel in ñ tyd waarin die wêreld vervuil is met immoraliteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.