
Stevens Mokgalapa. (Foto: DA)
Julius Malema, leier van die EFF, sê dié party gaan Donderdag sy steun aan die ANC gee as daar gestem moet word oor die mosie van wantroue wat die ANC vra moet teen die Tshwane-burgemeester, Stevens Mokgalapa, oorweeg word.
Dit kan beteken ook dié metro word voortaan weer deur die ANC beheer.
Die ANC het gister beheer van die Johannesburgse-metro teruggeneem nadat Geoff Makhubo verkies is tot nuwe burgemeester. Die ANC het met die ondersteuning van partye soos die IVP 137 stemme op hul kandidaat verenig. Die DA se kandidaat, Funzela Ngobeni, het 101 stemme gekry.
Daar is uit verskeie oorde gesê dat sommige DA-raadslede vir Makhubo, die ANC se kandidaat, gestem het.
Die Tshwane-metro sit op sy beurt sonder ʼn permanente burgemeester nadat Mokgalapa vroeër op spesiale verlof geplaas is. ʼn Skandaal oor Mokgalapa en Sheila Senkubuge se beweerde gekafoefel het reeds tot Senkubuge se bedanking as burgemeesterkomisteelid van paaie en vervoer gelei.
Abel Tau is intussen as die tussentydse burgemeester aangewys.

(Twitter)
ʼn Mosie van wantroue word vandag tydens ʼn spesiale raadsvergadering teen die speaker, Katlego Mathebe, oorweeg. Die ANC wil hê die raad moet daarna ook ʼn dringende mosie van wantroue teen Mokgalapa oorweeg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
27 Kommentare
Die DA se tuiste is maar die Wes-Kaap, elder spoeg en spartel dit, geen stabiliteit, kyk hoe gaan die in Nelson Baai, dit is erger as Eskom-ligte-aan-ligte-af.
Die DA is nou al baie jare in beheer in Meyerton (Midvaal), suid van JHB.
Mooi skoon paaie en alles “werk”
Die ANC kan nie slegter doen as wat DA tans in Tshwane doen nie Albei die selfde foute as dit by dienslewering kom
Da kon nie eers hulle een Suid Afrika vir almal reg kry nie. Wat nog van regeer. Van die Wes Kaap se dorpe maak hulle n gemors.
Centurion onder die DA val letterlik uitmekaar ….van die straatligre brand deur die dag al vir maande !