DA vat glo wyke by ANC in eThekwini

Verkiesing 2016. Foto: Reint Dykema

Verkiesing 2016. Foto: Reint Dykema

Hoewel die amptelike stemuitslae vir die eThekwini-metro (Durban) nog nie deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gefinaliseer is nie, hou die DA vol dat hy die ANC in tien wyke onttroon het.

Zwakele Mncwango, die DA se leier in KwaZulu-Natal, het op Facebook gesê die party het ook twee wyke by die Minority Front (MF) afgeneem.

Volgens die OVK se webwerf was ongeveer 74% van die metro se stemresultate teen 09:22 bevestig, met die ANC aan die voortou met 861 366 (53,58%) van die stemme, die DA met 487 264 (30,31%) van die stemme, gevolg deur onafhanklike kandidate met 58 747 (3,65%) van die stemme.

Die ANC het in die 2011 munisipale verkiesing 61% van die stemme ontvang, terwyl die DA net 21% van die stemme op hom kon vestig. Ná die eindresultaat bekendgemaak is, het die ANC 126 setels ontvang, waarvan 78 wyksetels en 48 setels volgens die stelsel vir proporsionele verteenwoordiging. Die DA het 17 wyksetels en 26 proporsioneleverteenwoordiging-setels gewen.

In 2011 was die Minority Front in die derde plek met 5,3% van die stemme en 11 setels. Die party het egter teen 09:22 met ʼn skamele 9 308 stemme versuim om ʼn enkele wyk te bekom, in skrille kontras met 2011 se 103 043 stemme.

Die IVP het volgens die OVK 62 557 (3,8%) van die stemme tot dusver ontvang. Onafhanklike kandidate het drie wyksetels in vanjaar se verkiesing verower, in vergelyking met die 2011-verkiesing waar net een setel bekom is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Dit is die eerste Ethekweni-nuus en ek gaan ‘n bier drink daarop! Eerste nuus is toe goeie nuus.

Anoniem ·

Glo ons ANC…Jul het jul hand oorspeel……….DA is besig om oor te vat…….

Lida ·

Die ANC kan net so wel van die aarde verdwyn. Hoop net hulle vat hul prezzie saam. Ons soek hom verseker nie.

Jan maak n plan ·

Ja dit wil voorkom of die ANC se kaarthuisie begin uitmekaar uit val. Die volk se oë begin oopgaan oor die ANC se dingetjies. Hoop net op die ou einde dat hierdie ANC menere op n tyd voor stok gekry word vir hulle doen en late.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.