DA vat Ramaphosa hof toe oor spioenbaas

Mmusi Maimane, leier van die DA (Foto: Twitter via ANA)

Die eerste groot botsing tussen pres. Cyril Ramaphosa en die DA is op hande – en dit gaan oor die aanstelling van die land se omstrede voormalige spioenbaas, Arthur Fraser, as direkteur-generaal van korrektiewe dienste.

Dit is die grootste omstredenheid nóg sedert Ramaphosa twee maande gelede president geword het.

Mmusi Maimane, DA-leier, het aangekondig sy party gaan Ramaphosa se besluit om Fraser aan die hoof van Suid-Afrika se tronke te plaas, deur die hof laat hersien.

Maimane het Ramaphosa Woensdag gevra of hy Fraser se beweerde onwettige gedrag as hoof van die Staatsekerheidsagentskap (SSA) in ag geneem het toe hy hom as direkteur-generaal van staatsekerheid aangestel het, en hy het die staatshoof tot 16:00 gistermiddag gegee om ʼn antwoord te verskaf.

Maimane het Ramaphosa ook gevra waarom Fraser juis na korrektiewe dienste ontplooi is, aangesien hy geen ervaring van tronkbestuur het nie.

Nou het die DA besluit om die hof te vra om Fraser se aanstelling voor die hof te daag op die gronde dat dit nie prosedureel of substantief rasioneel was nie. Dit herinner baie aan die gronde waarop die party ʼn paar jaar gelede suksesvol voor die hof geargumenteer het dat die aanstelling van adv. Menzi Simelane as nasionale direkteur van openbare vervolging irrasioneel en dus ongeldig was.

Gister het die adjunkminister van justisie en korrektiewe dienste, Thabang Makwetla, in die parlement gesê dat dit Ramaphosa was wat besluit het om Fraser as direkteur-generaal aan te stel – die departement van korrektiewe dienste het niks daarmee te doen gehad nie.

Ramaphosa se woordvoerder, Khusela Diko, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Genieve ·

Hier hang darem nou baie toue om CR se nek vandat hy as president inghuldig is nie altyd maklik om n leier te wees nie.

Cherokee ·

Waar kom die DA se finansies vandaan? Nie ‘n kritiese vraag nie, alles behalwe! Net nuuskierig want terwyl ek hou van vele van hul aksies soos hierdie, is dit ook duidelik dat hulle geld spandeer asof uit ‘n bodemlose put.

Tokkolos ·

Shame DA voel jul nou afgeskeep met afriforum wat nou als try ingooi maar self gaan versuip Sterkte vir julle Ek kry gou die popcorn

Anoniem ·

Ja die toue gaan begin styf trek. Cyril is maar net nog n Jacob Zuma wat net n ander baadjie aan het. Hy stel net mense aan in poste soos Zuma geen ondervinding en vol korrupsie. Malema se dinge kom nou in die ope en een van die dae sal Cyril se foute ook begin uitstaan soos n pitseer.

L ·

Vandat ou Frazer daar is, ontsnap die maaitjies een na die ander… Hhmmmm heeltemal TE toevallig!

GM ·

Cherokee, ek het nou lekker gelag vir jou ‘lyer’ kommentaar. :-)

Daan ·

Het die DA al ooit n saak in die hof gewen.Die verskillende partye het elkeen iets soos eff praat snert en soek grond,die anc leef in denail en glo sa is die veiligte beste plek in die wereld, die DA hulle vat almal hof toe en skors party lede en dit terwyl die land reeds die afgrond bereik het en besig is om te val.??

Pieter ·

Die DA was in sowat 20 hofsake betrokke gewees en sover is bykans elke hofsaak suksesvol in hulle guns gewees.

Cherokee ·

En 3 ure later het Daan nog geen terugvoering gegee op Pieter se antwoord nie.

Daan ·

Pieter,Cherokee baie geluk ek hoop julle wen die volgende verkiesing met n 2 derde meerderheid en verwyder al die diskriminerende wette ,ek gaan maar VF + stem sodat ek nie verloën voel soos my oupa destyds toe die np en kortbroek hom uitverkoop het nie ,die man het tot sy dood nooit weer gestem nie??

Oom Kalahari ·

Die DA het datem ‘n paar rasse aksies suksesvol afgehandel en mag dalk ook hier die mat onder Mnr Fraser uittrek. Lyk dan nou vir my die vuurtjie raak nou ook warm by Pres Cyril. Wel dit gaan darem ook oor jy kyk na my en ek weer na jou. Sekerlik is daar heelwat bevoegde kandidate in die Korrektiewe dienste wat jare se ondervinding en range beklee. Laat ons maar sien of die kersie gaan deurbrand met Pres Cyril aan die stuur. Glo Mnr FW de Klerk en sy stigting asook paar ander entiteite gee maar die DA ‘n finansieele hupstootjie.

Gerrit ·

Die dag as die DA die algehele verkiesing wen gaan twee dinge gebeur , die anc sal weier om die mag te oorhandig of die eff sal saam met die anc staan want in hierdie demokrasieë euforie bestaan daar geen politieke verdraagsaamheid of geregtigheid as jou velkleur nie swart is nie.

Mich ·

Ek wens die DA wil nou CR uitlos om sy skaakspel end-uit te speel !
Waar dink Hulle (en julle) gaan hul / jul ‘n beter President uitkrap? Nêrens!
Gee die man ‘n kans. Hy is briljant geniaal. Hy werk met ‘n plan.

Gerrit ·

Hy doen jy is reg hy werk aan n plan om naiewe wit mense wat glo hy is die engel wat ons kom lei te forseer om die land te verlaat die wat agter bly sal stelselmatig uitgemoor word soos huidiglik op die plaase,nou gaan jy sekerlik sê hy weet nie daarvan en dit is die rede hoekom hy niks sê nie.??

Mich ·

Gerrit,moenie woorde in my mond lê nie.
Ek is nie naief óf oningelig nie.
Gee ons nuwe Prez ‘n kans. Of sou jul meer gemaklik voel met Malema aan die stuur?Natuurlik weet CR wat aangaan op plase en hy sal binnekort ‘n aankondiging daaroor maak.
Dan gaan sekere mense (MM- lesers inkluis)-wat hom voorheen veroordeel het -seker sy hakskene wil lek….

Gerrit ·

Hoe difinieer jy n goeie presedent , Donald Trump is nou die beste Presedent in die wereld sê n ding soos hy is ,identifiseer n probleem en maak hom reg ,Ramaposa het wat gedoen vandat hy oorgevat het , boere gewaarsku hy gaan hulle grond onteien sonder vergoeding verder niks absoluut niks hy gaan vind hy is n bee opertunis wat ontvang het waarvoor hy nooit gewerk het nie.??

Duitser ·

Mich jy sê “ons presedent ” dink jy jy is ingesluit as hy praat van ” our people” ?
??

Mich ·

Aan Duitser:
Jy is ‘n Man wat in Suid-Afrika bly wat homself “Duitser” noem maar die
Australiese flag wapper op MM?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.