DA verhoed nuwe Noordwes-nommerplate

Voorgestelde nuwe "BB"-nommerplate vir Noordwes Foto: Amptelike Twitter-rekening van die Noordwes-regering deur die kantoor van die premier (@setsokotsanebb, Twitter)

Voorgestelde nuwe “BB”-nommerplate vir Noordwes Foto: Amptelike Twitter-rekening van die Noordwes-regering deur die kantoor van die premier (@setsokotsanebb, Twitter)

Die Demokratiese Alliansie het Woensdag gesê hy het verhoed dat nommerplate in Noordwes van NW na BB vir Bokone Bophirima verander word.

“Die DA het tydens ʼn vervoerportefeuljekomitee pogings deur die ANC verwerp om die proses te stoomroller terwyl grondwetlike voorskrifte ondermyn word,” het Sello Motsoenyane, DA-woordvoerder van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Hy het gesê die departement van vervoer het nie enige vorm van openbare konsultasie of deelname onderneem nie. “Weens die DA se beswaar het die portefeuljekomitee ingestem om weer aan die einde van Maart met die proses te begin, om voldoende tyd te gun vir publieke deelname en konsultasie,” het Motsoenyane bygevoeg.

Daar is ʼn verwarring oor die provinsie se naam. Provinsiale staatsdepartemente verwys na die provinsie as Bokone Bophirima, ʼn direkte Setswana-vertaling van Noordwes.

Premier Supra Mahumapelo het dit in Junie 2015 benadruk dat daar geen planne is om die naam van die provinsie te verander nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

ig ·

Verander die provinsie we naam na PRP Province.Purple Rain Province ,dit is mos die nuwe swart.

Oupa ·

Ja. Só sê hulle een ding, terwyl hulle ‘n ander ding doen: een treetjie terug, twee treë vorentoe. Naamsverandering skep die illusie dat jy iets doen of tot stand gebring het, maar eintlik is dit net ‘n vorm van identiteitsdiefstal.

m ·

Hierdie mense kan darem ma geld mors. Hoeveel gaan hierdie storie nie kos nie? Dis maak mens so naar om te sien wat met die geld gedoen word.

Veritas ·

Hoe meer ons, ons ontevredenheid met naamsveranderings wys, hoe meer gaan dit gebeur. Sekere mense put genot daaruit om ons om te krap en deur te kerm oor elke naamsverandering, gee ons hulle net meer satisfaksie. Wat maak ‘n naam in elk geval saak? Die klaery oor geldmors hou ook nie water nie. Die geld is beskikbaar en as dit nie vermors word op naamsveranderings nie, sal dit in elk geval spandeer word op een of ander onbelangrikheid. Indien ons die naamsveranderinge ignoreer, sal dit nie meer die huidige verpestingswaarde inhou nie en heel moontlik ‘n stille dood sterf.

Jan maak n Plan ·

Hierdie BB nommerplate gaan ‘n groot gemors veroorsaak. Al die bloulig brigade se voertuie is BBB. So wat gaan nou gebeur, dit gaan verwaring op die pad veroorsaak. BB ouens in swart voertuie gaan jaag op die pad en dan hulle ligte flits om verby te kan kom, jy gaan nie mooi kyk nie en nou nou word ‘n “BBB” nie spasie gegee nie en sodoende word daar weer geskiet. My raad is los maar die BB plate

Spikkel ·

Goeie werk, dankie DA. Ek dink egter elkeen moet self besluit of hy NW of BB op sy nommerplaat wil he, dan sal ons weet vir watter voertuie moet ons versigtig moet wees. LOL. op

GES ·

Hierdie is maar net weer ‘n bedekte poging van die staat om ‘n inkomste te genereer uit BTW wat betaal moet by die aankoop van nuwe nommerplate.

alida ·

Dit is totaal en al onnodig. Dit gaan duisende rande kos. Die verbruikers kan nie nog geld mors om die regering se foute te betaal nie. Hulle haal nou enige flippen trieks uit. Mens sou dink hulle het nie werk nie.

jaco ·

hoekom word di direkte Tswana-vertaling van die Afrikaanse Noordwes/Engelse North West dan nou skielik gebruik? Ek kan verstaan dat die Afrikaanse naam nie meer gebruik word nie, want Afrikaans is “die taal vn die vorige onderdrukker”. Maar waarom die Engelse naam ook nie meer gebruik nie? Is die ANC dalk uiteindelik besig om te besef dat Engels ook die taal van onderdrukking was? Dwarsoor die ou British Empire is Engels as onderdrukkende taal gebruik – ‘n veel groter gebied as SA waar Afrikaans die onderdrukkende taal was. As daar geen onderdrukking in die ou Empire was nie, waarom was daar dan liberation struggles in baie van die kolonies en waarom bestaan die Empire dan nie meer nie?

Michael ·

Ek wonder wanneer die DA die kriminele wat die universiteite vernietig veroordeel of ten minste net hulle misnoeë daaroor uitspreek.

Hein ·

Dit is nou geld mors. Hoekom word geld nie gespandeer aan onderwys, hulp met water, armes ens.

Asjas ·

Terwyl ek bestuur maak ek woorde of sinne op waarvoor iemand se nommer plaat staan.
Man ek het al soveel pret gehad met die BB, net van die berig lees en dit is nog nie eers goedgekeur nie!!
As hulle BB op hulle karre wil plak, “go ahead, make my day”.

alida ·

Michael asb een ding op ‘n slag. Daar gebeur nou so baie bollie die arme oposisie partye kom nie dadelik by alles uit nie.

david ras ·

Ag nee, DA–niks is verhoed nie,net uitgestel. Die ANC sal konsuis die regte procedure volg. en dan sal dit maar net gaan soos die Pretoria straatname waaroor die DA stilstuipe het.
Net ‘n paar pluspunte vir die DA met die oog op die munisipale verkiesing…….

Dankie tog vir Afriforum en VF+ teenstand daaroor

Melissa ·

Hoeveel geld wil die verdomde patetiese ANC regering nog mors op twak!?!?
Dit terwyl soveel mense verder verarm en dood gaan van die honger.
Wens die mense wat die ANC ondersteun wil wakker word en besef al die verandere name ens gaan nie vir hulle huise, water, sanitasie, onderrig en beter werksgeleenthede gee nie!Dit sit hul inteendeel net nog verder terug.

Belaglik sê ek jou!

Pietertjie ·

Ja. Só sê hulle een ding, terwyl hulle ‘n ander ding doen: een treetjie terug, twee treë vorentoe. Naamsverandering skep die illusie dat jy iets doen of tot stand gebring het, maar eintlik is dit net ‘n vorm van identiteitsdiefstal.

arizona ·

Gaan nie werk nie. Die SAP se nommer plate eindig met “B”. Die Blou lig brigade eindig met “BBB”.

Femme ·

Lag ek so lekker hier vir Asjas….wens ek het jou geken wou jou n ander soortgelyke storie vertel wat my so lekker laat lag het,. Maar kan dit nie hier doen nie lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.