DA verkla departement oor tender net vir swart sakelui geld

(Foto ter illustrasie: Demokratiese Alliansie/Facebook)

Die DA het die Oos-Kaapse departement van openbare werke en infrastruktuur by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) verkla nadat dié ʼn onreëlmatige tender uitgereik het wat slegs vir swart sakelui geld.

Die party het Dinsdag gesê dit is ongrondwetlik om minderhede te verbied om vir kontrakte te tender.

Die betrokke tender wat in September deur die departement uitgereik is, is vir die aanstel van professionele landmeters vir die opmeet van provinsiale staatsgrond.

Die DA het reeds beswaar oor dié tender by die LUR van die departement, Babalo Madikizela, aangeteken en hom versoek om die tender terug te trek, aangesien dit op “ongrondwetlike voorkeurverkryging” neerkom.

“Die saak is ook na Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap, verwys, wat tot op hede versuim het om op te tree,” sê Vicky Knoetze, DA-raadslid.

Volgens Knoetze bepaal artikel 217 van die Grondwet duidelik dat wanneer ʼn staatsorgaan vir goedere of dienste ʼn kontrak uitsit, dit “volgens ʼn regverdige, billike, deursigtige, mededingende en koste-effektiewe stelsel moet geskied”.

In sy kommunikasie met die LUR en premier het die DA ook na ’n uitspraak deur die hoogste hof van appèl verlede jaar verwys waarin dié hof bevind het dit is ongeldig en ongrondwetlik vir staatsorganisasies om vooraf-diskwalifikasiekriteria, soos swart ekonomiese bemagtigingsvereistes (SEB), by tenders in openbare verkryging toe te pas.

Dié beslissing was in die guns van die organisasie Sakeliga in sy saak teen die minister van finansies.

Die hof het bevind dat die voorkeurverkrygingsregulasies van 2017 teenstrydig is met die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, wet 5 van 2000 en die Grondwet en dit gevolglik ongeldig verklaar.

Die hof het ook bevind dat Pravin Gordhan, die minister van finansies wat dit destyds gepromulgeer het, ultra vires opgetree het deur te reguleer asof hy wetgewende magte het.

Die DA het Mabuyane nou gedaag om in te gryp en die tender van die departement te terug te trek.

“Om dié tender toe te laat sal ongrondwetlike voorkeurverkryging konstitueer, wat op onregverdige, onbillike en nie-mededingende kontraktering neerkom.”

Die DA het die MRK ook versoek om dringend ondersoek in te stel en sê hy sal binnekort ʼn konsultasie met die minister van openbare werke versoek.

“Die Oos-Kaap het in ʼn gebroke provinsie verval en ons sal geen optrede wat ons hardgewonne grondwetlike regte skend toelaat nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wakkerslaper ·

Maar die DA steun SEB, kwotas, grondeise ens…. moenie my laat lag nie seblief…

Wat op dees Aarde ·

Wakkerslaper, jy slaap duidelik nie so wakker nie. Gaan lig jouself bietjie in. Die DA keur glad nie SEB of grondonteiening goed nie.

Kokerboom ·

Blatante rassisme. Pas dan dieselfde reel toe by belastingbetaling deur Blankes as hul nie gehoor gee Ons wil NIE meer deel wees van die rasbehepte regime. Dit sal NOOIT verander.

Pieter ·

Maar die blankes se belasting geld is goed genoeg. Ons blankes gaan nooit standpunt in neem nie.

Hardekwas ·

Our people betaal meer omkoopgeld, dis hoekom slegs hulle uitgenooi word om te tender.

Jr ·

Mors van tyd om by die MRK te kla want EK kan die DA al klaar sê wat die uitkoms gaan wees. Al daai kommunistiese profs is cANCer society employees. Mors jou asem

Harley Davidson ·

Die DA steun diskriminerende wette teen huidige benaadeelde minderhede maar omrede hulle nou stemme soek vir die komende verkiesing nou lees jy elke dag van die DA wat ‘n poging aanwend om te help .

Nie Verbaas ·

DA, en julle dink dat iemand in die ANC geïndoktrineerde samelewing gaan hulle aan julle steur?

Swerwer ·

Daar moet beslis weer ‘n slang in die gras wees, die ANC gaan weer baat by die transakie.

Sarel ·

Vraag was sl gevra maar geen antwoird ontvsng nie..
DA O ndersteun BEE of SEB …waarop die Tender
Vereistes op neerkom. Nou hoe nou??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.