DA: ‘Vernietiging van standbeelde verander nie geskiedenis’

Oudpresident Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria (Foto verskaf aan Marianne Styan)

Oudpresident Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria (Foto verskaf aan Marianne Styan)

Die vernietiging van standbeelde kan nie Suid-Afrika se geskiedenis verander nie, het die DA in Noordwes gesê.

“Die kwessie van standbeelde is sensitief en verdelend en moet sensitief hanteer word,” het Chris Hattingh, die DA se leier in Noordwes, gesê. Volgens Hattingh is ʼn debat oor die toekoms van die land se standbeelde nodig.

“Ons kan nie wegskram van ons verlede nie. Ons kom van ‘n koloniale- en apartheidsverlede. Ons moet toegee dat sommige standbeelde aanstootlik is gegewe ons is verskillende kulture.”

Volgens Hattingh was die standbeeld van Cecil John Rhodes 40 jaar gelede vir sommige Suid-Afrikaners aanstootlik, maar dit is nie vernietig nie. “Ons glo in betekenisvolle inklusiewe gesprekke oor standbeelde en dat die standbeelde wat aanstootlik is, nie vernietig moet word nie. Dit het nog nooit in enige beskaafde land gebeur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

CHRISTA ·

Chris Hattingh moet maar aanvaar ons land is nie ‘n land van beskaafdes nie. Selfs kinders word hier verkrag of in asblikke gegooi! Hulle trek net aan soos beskaafdes!!!

Gwen ·

Die DA het te lank gesloer met ’n verklaring wat verlede week reeds uit moes gewees het. Gelukkig weet ons dat Chris Hatting ’n liggewig kwasi-politikus is en nog ’n groot kansvatter daarby. Hy probeer nou politieke punte vir sy patetiese party wen deur iets oor die monumente te sê.

Chris, indien jy hierdie kommentaar lees sê ek dit is te min, te laat vir jou verloopte Afrikanertipe.

Neptunus ·

Jou bydrae is inderdaad “mosterd na die maal” ou Chris Hattingh. Bly maar liewer stil as om so niksseggende verklaring te maak. Vra eerder waarom die beelde nou na 21 jaar van die reënboogwonderwerk eensklaps ‘n probleem geword het. Ons verstaan die DA moet maar liggies op eiers loop, want julle wil stemme wen uit die geledere van die beeldhaters. Al is ek geen Rhodes-aanhanger nie, hy is deel van ons geskiedenis en sy beeld herinner ons aan die verlede, en laat mens terugdink aan hoe tye sedertdien verander het. Waarvoor lê jy in elk geval nou skielik ‘n eier oor die kwessie? As ek reg onthou het selfs die EFF meer stemme as die DA gekry in Noordwes met die laaste verkiesing. Laat ons eerder hoor wat Antie Helen Zille te sê het ou maat! Ook seker te versigtig om haar mening te lug want sy is doodbang om stemme in die Kaap te verloor.

Gideon Roos ·

Dit is egter heeltemal te laat vir CJ Rhodes. Hy gaan klaar val, volgens die beslissing van die UCT Raad. En saam met hom val een van ons Universiteite. Ek kan nie meer UCT as ‘n respektabele universiteit sien nie. Hulle het alle respek by my en baie ander Suid-Afrikaners verloor.
Ek is net bly ek het nie daar gaan studeer nie. Ek sou my skaamte as UCT student nie kon wegsteek nie. Nou kan ek my trots as nie-UCT student nie wegsteek nie.

Op die NWU heers ‘n gesindheid van respek aan alle kultuurgroepe en hul erfenis. Ons respekteer elkeen se reg om trots te wees op sy kultuur, en breek nie mekaar se erfenis af nie.
Ek gun elke Zulu, Xhosa, Sutu ensomeer die geleentheid om trots te wees op sy kultuur, maar ek eis dat ek ook die geleentheid gegun word om trots te wees op my kultuur!

Riaan Slabbert ·

Ek wens, o ek WENS…net EEN politikus of aktivis of enige Afrikaner wat kontak met zuma en malema kan maak, wil hulle in die openbaar vra hoe hulle sal voel as blankes dieselfde met mandela se beeld doen…maar lyk my net mooi NIEMAND het die blerrie guts nie.

Hein van Rooyen ·

Geagte mnr. Chris Hatting.

Waar was die DA gister?
Waar was die DA toe die monumente en standbeelde beskadig deur vandalisme?
Het die DA strafregtelike klagtes in gedien ten opsigte van bogenoemde?
Hoekom leuens vertel dat die VF Plus met die EFF gister in geweldadige konfrontasie betrokke was?

Lees gerus: http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/view/politicsweb/en/page71619?oid=1028631&sn=Marketingweb+detail&utm_medium=twitter&utm_source=twitterfeed

Die DA ondersteun glad nie die regte van die Afrikaner nie, ook nie die Christelike geloof nie! Gaan lees maar die DA se konstitusie.

Ons moet vir ons kinders en hul kinders ‘n erfenis nalaat, maar om te se: “Die vernietiging van standbeelde kan nie Suid-Afrika se geskiedenis verander nie”, is ‘n blatante klap in die gesig van alle Suid-Afrikaners.

Al is ek geen Rhodes-aanhanger nie, maar hy bly deel van ons geskiedenis en sy beeld herinner ons land se erfenis.

Ek respekteer elkeen se reg om trots te wees op sy geskiedenis, kultuur en erfenis, en ek breek nie ander s’n af nie.

Neptunus ·

Baie goeie vrae Hein, maar moenie jou asem ophou vir ‘n antwoord nie. Die klomp slapgatte voel inderdaad vere vir ons erfenis. Antie Helen is seker te besig om die naweek se plaasmark by Leeuwenhof te reël. Of was sy weer besig om die verkeer te reël? Dan maak sy mos seker die koerante is daar om dit af te neem.

Frik Lotz ·

Nou wil die DA skielik n verklaring uitreik? Nee wat, hul voel vere vir die Afrikaner. VF Plus is enigste party wat opstaan vir behoud van ons erfenis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.