DA veroordeel onwettige grondgryp in Mamelodi

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane. Foto: http://da-gpl.co.za/

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane. Foto: http://da-gpl.co.za/

Die Demokratiese Alliansie het ʼn gewelddadige betoging Woensdagoggend in Mamelodi, oos van Pretoria, veroordeel.

Dit kom nadat inwoners ʼn gebied naby Eerste Fabrieke-treinstasie in die ooste van Mamelodi beset en die metropolisie en die polisie hul plakkershutte verwoes het.

“Inwoners het ʼn bus van Autopax afgebrand,” het kapt. Johannes Maheso, woordvoerder van die polisie, gesê. “Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die roetes wat versper is, is intussen weer oopgemaak en alles het weer na normaal teruggekeer.”

Matthew Gerstner, waarnemende woordvoerder van die burgemeester, het gesê grondgrype en besettings vertraag die behuisingsproses. “Onwettige grondbesetters moet weet dat die Stad daaraan werk om behuisingsdienslewering te vergroot en hulle moet seker maak dat hulle op die behuisingslyste is, en nie onwettige maatreëls volg nie,” het hy gesê. “Die Stad sal onwettige besetters moet uitsit, en daar sal geen keuse wees nie as om van die metropolisie gebruik te maak om die orde te herstel.”

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het intussen bevestig dat burgemeester Solly Msimanga van voorneme is om met die inwoners te vergader oor hul griewe. “Die minister gaan nie vandag of môre nog met hulle vergader nie. Hy het ʼn program waarvolgens hy die gemeenskap sal betrekm kwessies oor grondgrype sal aanroer en dan die pad vorentoe voorhou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

M A ·

Hier is nou n brandende kwessie vir die nuwe burgermeester. Ons kyk gretig uit vir sy oplossing.

Anti regering ·

Hy veroordeel dit en dit is ‘n positiewe ding hy handhaaf ‘n goeie balans 100% beter as Sputla wat ‘n rasse konektasie aan alles gevoeg het.

Swanna ·

Hierdie skielike brandstigtings en getoitoi is om die DA se geduld te toets en uit te daag om te sien wat hulle instaat en te sien of hulle net ‘n klomp winsakke is deur die ANC.

Hendrik ·

Nee wat dit was voor die verkiesing maar dieselfde. Hierdie onluste gebeur maar die afgelope paar jaar. Blyplek, werkplek, water en sanitasiegeriewe is maar skaars. Daar is natuurlik ‘n verskriklike groei in bevolking soos alles platval op die platteland en mense stroom na Pta. Laat my nogal dink aan die “instromingsbeheer” van die vorige bedeling. Wonder of hulle dit weer gaan doen? Ek dink die beste oplossing as hule ‘n groot industiee vestig in Pietersburg en die bevolking daar werk kan kry. O ja hulle sal dit nie doen nie want dit sal lyk of dit die vorige bedeling se “tuisland” beleid gevolg word. Daar was mos niks goed aan die vorige bedeling nie, onthou julle?

Nita ·

Nou moet die DA alles binne 2 weke regruk, wat die ANC in jare nie kon regkry nie.

Marietjie ·

HOEKOM moet daar vir swart mense met ons belasting geld huise gebou word, terwyl duisende wit plakkers nie eers in aanmerking geneem word nie. Hulle word nie eers besoek om hul behoeftes te bepaal nie. Dan brand die swartes in elk geval als af want ons bly in n land wat als mahala vir hulle gegee word, soos wat FW de Klerk die wittes aan die ANC uitverkoop het.

Jean ·

Mooi man ons wag al SO lank vir iemand om hulleself uit te spreek TEEN grondvergrype .. dit is vir te lank toegelaat, terwyl daar doodse stilte vanuit munisipale en regerings-geledere is.

G ·

Kan ons, as belastingbetalers, ook maar ‘n ou huisie verniet kry? Vader, mens kan deesdae skaars huur bekostig, wat nog te sê van huis koop, maar ander kry als verniet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.