DA versoek ambassadeur moet onmiddellik herroep word

Ambassadeur Bruce Koloane (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Die Demokratiese Alliansie het die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, versoek om ambassadeur Bruce Koloane onmiddellik te herroep van sy pos in Nederland ná sy verdoemende getuienis by die Zondo-kommissie na staatskaping die afgelope week.

“Ambassadeur Koloane het in sy getuienis onder eed erken dat hy magsmisbruik gepleeg het toe hy nog die hoof van staatsprotokol was, tot voordeel van die Gupta-familie, deur hulle toestemming te gee om hul privaat vliegtuig in 2013 op Waterkloof-lugmagbasis te land,” het Darren Bergman, woordvoerder van die DA, Sondag in ʼn verklaring gesê.

Kolane se optrede is ʼn direkte oortreding van nasionale sekuriteit en ʼn oortreding van die Wet op Nasionale Sleutelpunte, aangesien hy toegelaat het dat ʼn privaat vliegtuig by ʼn nasionale sleutelpunt land. Die DA glo dit is genoeg rede om die ambassadeur te herroep. “Hy het duidelik die wet oortree en hy kan nie langer as ambassadeur aanbly nie,” het Bergman gesê.

“Die minister moet ook duidelikheid verskaf oor berigte, dat [die departement] na bewering ʼn besluit geneem het om Koloane toe te laat om sy ampstermyn af te handel, met die moontlikheid dat hy ná sy ampstermyn steeds vir die departement sal werk. As dit die amptelike posisie van die departement is, is [pres. Cyril] Ramaphosa se administrasie se beweerde stryd teen staatskaping en korrupsie ʼn klug.”

Die staat kan nie voortgaan om korrupte beamptes van poste te voorsien as ambassadeurs oorsee wanneer hulle die wet oortree het nie, het hy bygevoeg. “Hulle is in die eerste plek Suid-Afrikaanse burgers en moet aanspreeklik gehou word vir hul optrede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Die Kaders sal niks oorkom nie
Sê hulle is jammer dan is hulle skotvry !

Johan ·

Daar is ‘n duidelike patroon dat staatskapers beskerm word en oortreders vergoed word met belangrike poste.

Hanna Hoekom ·

Bring sommer daardie Free-dumb-fighter Mandela saam! Wat n skande is hierdie ambassadeurs nie. Maar skynbaar onaantasbaar…

Gert van Wierdapark ·

Hy beskik oor die regte eienskappe wat hom nog tot groot hoogtes in die Kakistokrasie sal kan voer!!!

Grobler Steyn ·

Pandora sal hom laat belowe om dit nooit weer te doen hy sal sy kop in skaamte laat sak n Kader vol integriteit sy les geleer alles apartheid se skuld

Vryheid ·

Dit sal nooit in SA verander nie, anc sal met korrupsie wegkom tot die iende van dae. Al opsie wat jy het is aanvaar dit en gaan saam met die agteruitgang onder of verlaat die land.

schaun ·

Die DA hou hom altyd op met onbenullighede maar weier om plaas aanvalle en diskriminasie teen wit minderhede aan te spreek, hulle kan my ook van hulle lysie afhaal volgende keer stem ek vir die VF+.

ne ·

As jy korrup is in SA word jy beloon met ‘n beter pos en meer geld!

A Mac ·

Suid Afrika is seker een van die min lande in die wêreld wat nie omgee oor die kaliber van personeel wat in ander lande aangestel word nie. Maar dan nou ook, sommige van die wat hier ter plaatse aangestel is, ons kan ook maar net ons hande in die lug gooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.