DA verwag taaiste begroting sedert 1994

Minister Tito Mboweni. Foto: Parlement

Die land se grootste opposisieparty meen vanjaar se begroting, wat Woensdagmiddag deur die minister van finansies, Tito Mboweni, gelewer sal word, gaan die taaiste een sedert 1994 wees.

Die DA-LP’s Alf Lees en Gwen Ngwenya het die parlementêre mediakorps Dinsdag oor die kwessie toegespreek. Hulle lys die grootste uitdagings vir Mboweni onder meer as swak ekonomiese groei, ʼn tekort aan belastinginkomste, noodsaaklikheid om uitgawes te beperk en toenemende nasionale skuld. Die ander groot kopsere sluit in swak bestuurde staatsbeheerde maatskappye en groot finansiële risiko’s in beleid, waaronder die toestand van die Padongelukkefonds, die voorgestelde nasionale gesondheidsversekering en gratis tersiêre onderwys.

Volgens die DA is daar politieke besluite wat ekonomiese groei onmiddellik kan laat verbeter, soos privatisering, ʼn nuwe visumstelsel, die uitsluit van klein ondernemings van gesamentlike loonooreenkomste en regsvereistes in die arbeidsmark, die afskaf van die mynboumanifes en die uitskakeling van rompslomp.

Die DA se verwagting is dat die tekort op belastinginkomste vanjaar meer as R35 miljard sal bedra, en dit neem nie die afname in BTW weens minder Kersinkopies in ag nie. Hul verwagting is dat Mboweni onder druk sal wees om nie in ʼn verkiesingsjaar belasting te verhoog nie, buiten die petrolheffing.

Die amptelike opposisie verwag wel dat die naam van die nuwe kommissaris van die inkomstediens tydens die toespraak aangekondig sal word.

Die DA het gewaarsku dat die terugbetaling van buitelandse skuld nou dringend moet begin, en nie verder uitgestel kan word sonder om die ekonomie ernstig te laat wankel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ella ·

wel, wat verwag hulle. alles is al onderdeur en bankrot..en vat nog steeds. ga n haas uit die hoed moet trek. begroting!!!???

HPV ·

Die anc en ons destydse wigte en teenwigte onderhandelaars is verantwoordelik vir die gemors.

shark ·

ek wonder maar net wat die meeste LPs in die perlament doen wat waarde is vir hierdie bankrot land.

ZET ·

Ja die wat die belasting betaal word vermoor en raak al hoe minder.

Helen ·

Toemaar hy sal die tekort weer uit die rokers probeer opmaak. Dit sal ‘n wonderlike ding wees as hul almal net vir ‘n jaar kan ophou rook dat ons kan sien hoeveel biljoene elke jaar uit hul gemelk word. Hou maar die begronting dop in die verband, dit is so voorspelbaar soos die son sal vanaand ondergaan en môre weer opkom. Arme mense, Hahaha

Ellisras ·

Voorwaar dit sal ‘n jeuglike dag wees as alle rokers vir ‘n jaar kan ophou rook. Sela.
Hoekom is 90% (iemand help my reg) van alle rokers ongemanierd. En glo dit is hul reg om my lug te besoedel.

Johannes ·

Dis reg “rook” die rokers, as mens dom wil wees het ek geen simpatie nie!

Dries du Toit ·

Ai tog ek is ook n roker. Nou voel ek so sleg na hierdie pak slae. Wens ek kan hierdie aaklige gewoonte stop. Sal makliker wees as die land nie in so n gemors was nie

Willehond ·

Aag asb! Nou is die rokers die teiken! Wat doen julle wat sulke engeltjies is wat nie dalk belas moet word nie! Soos mooimaak goed en dies meer? Gaan dink net vir n oomblik al is dit hoe moeilik vir die onskuldiges!!!

TN ·

Rook alleen plaas geweldige druk op die reeds beperkte begroting vir gesondheid sorg en ongelukkig betaal ons almal op die manier vir die vieslike gewoonte .

Jaco ·

Ag ons almal weet waarheen ons belasting gelde gaan so kan hul maar nie net eerlik wees en die begroting soos volg aanduu nie…R50 miljoen vir ons KFC, R100 miljoen vir ons BMW, R100 miljoen vir ons Johnny walker, R900 miljoen vir ons huise en die kleingeld word gebruik vir n cheap t-shirt en kospakkie voor die verkiesing sodat ons verseker kan wees van ons posisie en verder kan plunder…

Leser ·

Jip Uitverkopers de klerk en meeloper roelfie wat se julle?
Julle moes mos geweet het dit gaan kom.
Waar was julle insig of het geld gepraat?

Onthou ·

O Ja 1994 was mos die jaar toe de klerk en roelf SA verkoop het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.