DA verwelkom beslissing oor Distrik Ses

Gawa Wilkinson, een van die Distrik Ses-grondeisers, buite die hooggeregshof in Kaapstad. (Foto: Brendan Magaar/ANA)

Die DA in die Wes-Kaap het ʼn uitspraak in die Kaapstadse hooggeregshof ten gunste van Distrik Ses-grondeienaars Vrydag verwelkom.

Die hof het bevind die voormalige minister van menslike nedersettings, Maite Nkoana-Mashabane, het die grondeisehof geminag deur nié te voldoen aan ʼn hofbevel om vorendag te kom met ʼn omvattende restitusieplan om die destydse inwoners na die geskiedkundige Distrik Ses te laat terugkeer nie.

Die eisers het Nkoana-Mashabane, deesdae die minister van vroue, jeug en mense met gestremdhede, hof toe gesleep nadat sy die Februarie-sperdatum nie nagekom het nie.

Matlhodi Maseko, ʼn DA-lid van die provinsiale wetgewer, het gesê die persoonlike kostebevel wat boonop teen Nkoane-Mashabane gemaak is, is nóg ʼn oorwinning vir die aansoekers.

“Ons gaan voort om die ANC op nasionale regeringsvlak verantwoordelik te hou vir sy versuim om dié belangrike grondrestitusieprojek deur te voer, ʼn ongeregtigheid wat voortsleep sedert die gedwonge verskuiwings onder die apartheidsregering gedoen is.

“Ek wil ons vorige oproep, dat die mandaat en begroting vir die Distrik Ses-grondrestitusieprojek vir die Wes-Kaapse regering gegee word, herhaal. Die DA het die politieke wil en doeltreffende regering om die projek eens en vir altyd te verwesenlik. Dit is hoog tyd dat geregtigheid geskied vir die mense van Distrik Ses,” het sy gesê.

Maseko het gesê ʼn 94-jarige grondeiser is vroeër vanjaar dood sonder dat haar droom, om terug te keer na die huis waar sy grootgeword het, bewaarheid is. Sy het gesê die nasionale regering is reeds deur vyf verskillende ANC-presidente gelei, maar nie een het dit nodig geag om die Distrik Ses-grondhervormingsproses te versnel nie.

Die departement van menslike nedersettings het aan die grondeisehof gesê die herontwikkeling van Distrik Ses gaan nagenoeg R11 miljard beloop, en die restitusieproses sowat R2,4 miljard. Die departement het gesê hy kan dít nie bekostig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Net Reg ·

Gee terug aan die mense van distrik 6 !!!

Die afskuwelike PW regering en sy trawante, van gister en eergister
het n onmenslike daad gedoen aan distrik 6 se mense.

HAB ·

Toemaar “Net Reg” , daars net so baie vergrype en mense regte skendings nou ook. Die verlede kan nie verander word ongelukkig nie, maar die hede en toekoms is wel in ons hande, en daar word ook niks aan gedoen nie. Die PW regering kon immers wet en orde gehandaf het. Kyk hoe lyk die cape flats. Jy kan daai mense terug skyf distrik 6 toe en oor 10 jaar run die gangs dit.

Sarie ·

En die minister moet dan nie weer apartheid die skuld gee nie.

Se net ·

Ja Hap of isit Hub jy gun die bruinmense mooi niks en ou krokodil het jou lekker bevoordeel!

John ·

… en die Staat wil nou boere se grond onteien… gaan hulle ook na jare vir die nageslag lappe grond teruggee en restoureer. Distrik Ses is in 1867 vir werkers en uitlanders beskikbaar gestel… nie net vir Maleiers alleen nie. Dit is in die ’60’s teruggeneem vir herontwikkeling grootliks agv verval. Hierdie glo nageslag van die destyds inwoners kry nou hierdie uiters duur grond verniet en dan wil hulle ook nog gratis behuising hè. Dis nou om behoorlik in die botter te val. Is hulle die enigste mense wat nou die reg op ‘n aparte paradys in die Kaap het… eertydse Maleise slawe… ware burgers van SA… maar die wit mense wat voor hulle gekom het, nie?

Maljan ·

Wil die blankes wat OOK in distrik 6 gewoon het nie ook terug kom nie?

Johanna Botha ·

Tsv bevoordeling nou het meer mense nie werk daar is minder wet en orde en alles val uitmekaar ! In zim is al die denkbare bevoordeling toegepas en daar is geen kos en krag en staan mense nou nog meer bakhand ….die gebalde fuiste In die lug van 1976 het verander na n bakhand bedel in 2019 !

Grassie ·

Distrik ses was ‘n rowwe plek en ‘n misdaadnes. Geen polisieman kon dit alleen daar waag nie, hulle het in groepe van drie daar ingegaan. Die vorige regering het bloot ‘n agterbuurt opgeruim. En die vorige regering het nie ‘n beleid van onteiening sonder vergoeding gehad soos die ANC nie.

Anton ·

Ek hoop hulle hou die gangs daaruit en maak n pragtige blomme mark en groente en vis mark en mooi restaurante met Maleier kos. Hou dit mooi dit kan pragtig wees en n aantrekkingskrag vir Kaapstad word. Hou net die gangs uit!

Eddy ·

District 6 was n plek waar daar geen rassediskriminasie was nie.Almal het daar oor die weg gekom.Toe kom daai forced removals! En dis nie asof die NPregering die plek herbou het nie.Nee dit het net n onkruid nes geword nadat mense verskuif is na Bonteheuwel en Hanover Park.Jy kan daai mense weer daar in District 6 laat bly maar hulle is almal uitgesterf en in elk geval daar sal nou seker uitlanders intrek.Feit is,dit was n onreg deur NPregering( let wel nie PW krokodil nie) of jy dit nou will erken of nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.