DA verwelkom GOOD-ondersteuners

Voormalige GOOD-ondersteuners ontvang hul nuwe DA-T-hemde. (Foto: Eunice Stoltz)

Talle GOOD-ondersteuners het vandag hul oranje GOOD-T-hemde vir ʼn blou DA-hemp verruil, omdat dié party glo “geen moraliteit” het nie.

Sowat 20 GOOD-lede is vanmiddag tydens ʼn mediakonferensie by die Leonsdale-gemeenskapsaal in Elsiesrivier in die Wes-Kaap deur Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse DA-leier, verwelkom.

Die GOOD‑party is op 2 Desember 2018 gestig deur Patricia de Lille, voormalige burgemeester van Kaapstad, nadat sy uit die DA bedank het. Sy het destyds beweer dat die party haar vals van korrupte aktiwiteite beskuldig het. Die GOOD-party kon slegs 0,4% van stemme tydens die algemene verkiesing in Mei vanjaar bekom. De Lille is ná die verkiesing as minister van openbare werke aangewys.

Drie voormalige GOOD-lede is die geleentheid gegun om te verduidelik waarom hulle besluit het om die nuutgestigte party te verlaat. Ruben Ackermann, ʼn voormalige takvoorsitter vir GOOD, het aangevoer die GOOD-party is ʼn party met geen moraliteit nie, ʼn party wat eerste na vriende en familie omsien en gedryf word deur individuele gierigheid. Hy het sy kort toespraak afgesluit met: “Die GOOD-party is nie goed genoeg nie.”

Twee ander sprekers, ʼn egpaar, Sophia en Harold Emkie, wat fasiliteerders vir GOOD was, meen dat De Lille “geen respek en geen empatie vir mense behalwe vir haarself en haar vriende en familie het nie”.

Brett Herron, sekretaris-generaal van GOOD, het op navraag soos volg oor die mediakonferensie gereageer: “Dit is nie toevallig dat die geleentheid drie dae voor drie tussenverkiesings plaasvind nie.”

Hy het ook gereageer op die aantyging dat GOOD familielede aanstel. “Die party het ʼn klein aantal lede in die Wes-Kaapse en Nasionale Parlement. Niemand van die lede is familie van enige iemand wat ʼn leierskapsposisie by GOOD beklee nie.”

Die DA het Sondag verskeie voormalige GOOD-ondersteuners in sy geledere verwelkom. (Foto: Eunice Stoltz)

Herron het bygevoeg dat die drie persone wat tydens die mediakonferensie gepraat het, “geen posisies in die GOOD-party beklee nie en dat hulle besluit om na die DA oor te gaan geen merkwaardige impak op GOOD as groeiende party het nie.

“Mense het die grondwetlike reg om aan enige party te behoort en verkeerde keuses te maak.”

Drie tussenverkiesings vind op 19 November plaas, naamlik in wyke 19 en 82 in die Stad Kaapstad en wyk 4 in die Matzikama-munisipaliteit (Vredendal). Die DA en GOOD gaan albei aan hierdie verkiesings deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

PJ ·

Onthou Auntie Pat ok haar suster aangestel in Dept. Openbare Werke maar toe uitgevang sus moes gaan

Ollie ·

Ek verlaat ook vir Good, soos die spreker gesê het, by Good gaan dit oor individuele gierigheid

Ruben ·

Wie wil nou elkgeval stem vir n party met so naam…daars vers te veel partye elkgeval.Geldmaak storie…

Cherokee ·

Ek is verstom oor jul onkundige keuses m.b.t politieke partye. Meeste, miskien jy ook, lede ken nie die betrokke party se beleid nie, maar hang ‘n spesifieke persoonlikheid aan, ongeag die beleid. Toe ek vir DA-lede daarop wys dat hulle regstellende aksie ondersteun, wou hulle stry. Ken nie hul eie beleid nie. Toe ek vir DA-lede daarop wys dat hulle grondhervorming steun, het hulle gestry. Ken nie hul eie beleid nie. Indien ek verkeerd is met betrekking tot jouself, vertel ons wàt presies jou getrek het na De Lille se party. Ek dink julle bewonder haar uitdagende houding. Dìt my vriend, is nie rede vir ‘n stem tot binne in die parlement nie.

Cherokee ·

In opvolg Ollie, kyk bv na Ruben. Die party moet ‘n gangbare naam hê.

J ·

Oor n maand loop hulle wer na ANC, want deel hulle weer hemde of kospakkies uir, en so kyk die klomp maar net waar kan hulle iets score

Kraaibakke ·

Anti hoekom maak jy jou ondersteuners so oosaardig dat hulle trek ,ooo jitte kyk mooi.

Scalla ·

The good, the bad, and the ugly, oranje en blou, wit kort vir n vlag.

KrokodilBotha ·

Soos Cherokee hier bo se, die mense stem vir n party sonder om dieper te kyk. DA is die ANC lite, en Good party is tweede ANC lite. VF + gaan nog beter vaar in toekoms , die DA verbrou sleg orals.

Attie. ·

Patricia is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie. Sy sit in die Parlement en daar gaan sy bly. Al stem net sy en haar vriende vir Good en al verloor sy elke verkiesing haar deposito sal sy aanbly in haar pos. Die DA is die enigste verloorders en hulle het baie verloor, siestog.

JohanR ·

Pasop vir GOOD lede wat blykbaar oorgeloop het. In Engels se mens “there are spies everywhere!” Sou nie Aunty Patty vertrou so ver as wat ek haar kan gooi nie!

Dries Bý ·

Hi welcome home what is wrong your T shirsts are stil so clean and new

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.