DA verwelkom plaasmoordvonnis

Argieffoto (Foto: AfriForum)

Argieffoto (Foto: AfriForum)

Joseph Papi Hala is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Johan van Rensburg, ʼn boer van Leeudoringstad, in 2014.

Die DA het die vonnis verwelkom en die polisie geloof vir hul vinnige optrede. “Dit is kommerwekkend dat daar al 116 plaasaanvalle en 27 plaasmoorde in 2015 was,” het die DA in ʼn verklaring gesê.

Volgens die DA vervul die landbousektor ʼn belangrike rol om ekonomiese groei en werksverskaffing veral in die landelike gebiede te verseker. “Die hoë voorkoms van plaasaanvalle en -moorde beklemtoon die belangrikheid van spesialiseenhede om dié tipe misdade te beveg.”

Die DA het gesê vir die landbousektor om te floreer en beleggers te lok, “is dit belangrik dat boere in ʼn veilige omgewing kan werk”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Rina Kotze ·

Dis hopeloos te min!
Dink aan al die werkers sonder werk, vrou sonder haar man, kinders sonder hulle pa!
Asook nog minder kos wat produseer word vir die moordenaar wat lekker op belastingbetalers geld in die tronk gaan kuier!!!

Skande! Bring terug die doodstraf vir plaasmoorde asook vir kinderverkragters en moordenaars!

Tiaan ·

Daarshy DA, nou maak asb ‘n punt daarvan om dit in die Parlement te bespreek asb.

Winston ·

15 jaar vir moord? Hoe lank sit hy en niks doen nie en net beplan waar hy toeslaan as hy op parool vrygelaat word? Die reg het n grap geword in SA. Aansporing vir nog plaas moorde en aanvalle op mense. Die staat maak nie werklike syfers bekend nie net soos die OVK is alles in duister gehul. Dit verklaar al die wetgewing teen minderheidsgroepe in die land.

Frik Lotz ·

Die DA het ook nou skielik iets te sê oor plaasmoorde. Is dit omdat dit al amper weer verkiesingstyd is? Dan is die Afrikaner se stem mos weer goed genoeg vir hulle. Nee wat, die enigste party wat al jare lank aandag gee aan plaasmoorde is die VF Plus en hul dra werklik die mense se belange op die hart.

Francois le Cochon ·

Het die DA die 15 jaar verwelkom? Sou hulle dus ontevrede gewees het met ‘n 25 jaar vonnis?

PJ ·

Siestog DA julle ok nou wakker geskrik net voor die Mun. verkiesings volgende jaar

Alta ·

Ek verstaan regtig nie hoe kan iemand net 15 jaar vir MOORD kry nie???!!!

Dee ·

Wonder waar het die woord ‘manslag’ ontstaan’ Simpel beskrywing.

Annie ·

Oscar se dag gaan nog kom vir hom kry ek niks niks jammer nie. 15 jaar tronkstraf vir moord hy moes dieselfde vermoor geword het as die boer wat hy vermoor het. DA julle moes al lankal iets gedoen en gese het – maar dit raak nou naby verkiesing tyd nou gaan die stories en leuens eers begin.

Mossie ·

Ek stem Frik en PJ – skielik hoor jy die DA oor plaasmoorde. Ek ruik ‘n rot !

Theresa ·

Elke plaas in S A moet ‘n berede polisiespan hê. Nie vergesog nie. Pas asseblief AL ons boere op – nie net die nuwes nie. Net soos met alle ongeregtighede, word daar deur ‘n Hoër hand na al hierdie dinge opgelet. Na regte, behoort ons nie eers te vra daarvoor nie. Dit moet sommer van self sprekend wees dat burgers opgepas en beskerm word.

Theresa B ·

Net die doodstraf sou gewerk het. As jy niks vir iemand se lewe voel nie verdien jy ook nie om te lewe nie…………………….

Hans ·

15 jaar vir ‘n lewe, dis seker ‘n grap, na 7 of wat jaar kom hy uit op parool. Koes boere met so ‘n ligte vonnis gaan die kriminele nie huiwer om jul dood te maak tydens ‘n rooftog.

christine ·

Ja ten minste 25 jaar vir moord plus 15 jaar vir inbraak en roof. Dan kan die DA jeug maar sal seker weer se. “O im surpose they were so hungry shame”

Carelle ·

Christine hy het 25 jaar en nog gekry als saam werk so uit dat hy lewens lank gaan sit

GES ·

Ek stem saam met al die vorige kommentare mbt die vonnis en die DA se “verwelkoming”. Ek het gedag 25 jaar vir moord sou meer gepas gewees het. Die skielike ontwaking van die DA stink ook omdat die verkiesing net om die draai is. Ek wil nie ondankbaar wees nie maar die DA het die Afrikanerstem net nodig vir eie gewin. Ek wantrou en betwyfel die egtheid van hulle “skielike” belangstelling. Die DA het in elk geval geskitter in hulle afwesigheid met die reuse poging van Solidariteit, VF+ en TLU om plaasmoorde onder die wêreld se aandag te bring.

Rika ·

Maak nie saak hoeveel jaar hy kry nie. Dit bring nie my oom Johan terug na sy kinders en familie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.