DA verwerp gerugte dat hy gholfbane in gopse gaan verander

Argieffoto (Foto: Angus Fraser/Pixabay)

Diegene wat daarop sinspeel dat die Demokratiese Alliansie gholfbane in Kaapstad gaan sloop en dit in krotbuurte gaan verander is doelbewus besig om die publiek te mislei. Die party sê hy het geen plan om gholfbane of enige ander sport- of ontspanningsgeriewe te sloop nie.

“Die mense van Kaapstad kan maar net na die afgelope 15 jaar kyk om te sien dat die DA nooit sport- en ontspanningsgeriewe sal wegneem van die gemeenskap nie,” sê Cilliers Brink, die DA se skaduminister oor samewerkende regering en tradisionele sake. “Trouens, daar is geen beter plek om in eiendom te belê as in Kaapstad nie, juis omdat die DA privaat eiendomsreg beskerm. Kiesers hoef niks verder te soek vir bewyse hiervan as die DA se leidende rol in die stryd teen onteiening sonder vergoeding nie.”

Brink sê die enigste ontwikkeling wat tans op grond sal plaasvind wat vroeër as ʼn gholfbaan in Kaapstad gebruik is, is die R4,5 miljard-belegging deur Amazon by die River Club. “Dit is uiteraard baie ver van die idee om iets te sloop slaan om ʼn krotbuurt op te rig. Dit sal boonop duisende nuwe werksgeleenthede vir die mense van Kaapstad skep. Stad Kaapstad is ook al maande lank besig met omvattende konsultasies met die gemeenskap oor die moontlikheid om die Mowbray- en Rondebosch-gholfbane te kombineer, omdat hulle regoor die pad van mekaar af geleë is. As die gemeenskap instem, dan kan kosbare grond beskikbaar gemaak word vir bykomende werkskeppingsontwikkelings.”

Brink sê nêrens in Kaapstad, of op enige ander plek in die land, het die DA hoegenaamd planne om gholfbane in krotbuurte te omskep nie. “Dit is totaal en al absurd en desperaat van enige party om só voorstel te maak.”

Brink sê in plaas daarvan om verkeerde inligting te versprei, sou enige party, wat ernstig is oor regering, die dringende behoefte raaksien vir behuisingsopsies in Kaapstad. “Om die behoefte aan meer behuising in Kaapstad te ignoreer is nie net wreed teenoor die duisende Kapenaars wat nie voldoende huisvesting het nie, maar sal ook lei tot ’n ontploffing van grondgrype en dakloosheid wat uiteindelik almal se eiendomswaarde ernstig sal benadeel.”

Juis daarom het die DA ’n duidelike en omvattende plan ter tafel gelê om duisende nuwe behuisingsgeleenthede te bied deur die minister van openbare werke in die ANC-regering, Patricia de Lille, te oortuig om mega-eiendomme soos Acacia Park en militêre terreine soos Ysterplaat, Wingfield en Youngsfield vry te stel vir ontwikkeling. Die grond wat deur De Lille en haar ANC-kollegas beheer word, beslaan meer as 700 hektaar – 72 keer meer grond as wat die stad besit met die potensiaal om tussen 43 000 en 234 000 nuwe huise in samewerking met die privaat sektor te ontwikkel

Die DA se plan is ’n duidelike wen-wen-benadering vir huidige en toekomstige eiendomseienaars. Deur hierdie 700 hektaar te ontwikkel, sal behoeftige Kapenaars van ordentlike, formele behuising voorsien word, terwyl die risiko van grondgrype in die stad verminder.

“Dit is tyd dat opposisiepartye eerlik is oor die DA se uitmuntende rekord om eiendomsreg te beskerm, in plaas daarvan om populistiese leuens te versprei en die risiko van grondgrype en die impak van die behuisingsnood in Kaapstad te ignoreer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanCzu ·

Gholfbane se grond kan baie beter gebruik word, en die sogenaamde “gholfers” kan dan maar by die huis gaan drink.

JohanR ·

Is daem wonderlik hoe politieke party mekaar probeer diskrediteer in hierdie tye. Jy begin ,n klein lieg storie, en voor jy weet met soos hy met social media versprei wat duisende die storie as waar.

Danie ·

Probleem vir die DA is die saadjie is geplant.
Our people gaan nie die storie vergeet nie en gaan hardloop daarmee

Keelvol ·

Die DA se dae is getel. Hulle ondergang word deur die liberaal in hulle midde bewerkstellig.

Yvonne ·

Suiwer politiekery…..swart smeerdery…oeps…bedoel eintlik modder gooiery….so voor die verkiesing….ANC vergeet ons is nie almal onnosel nie

Jack ·

Die probleem is die inkommers gaan nou die gronde begin beset want dis dan beloof gerug of te not.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.