DA verwyder omstrede verkiesingsplakkate

Die plakkate is in die proses om afgehaal te word. (Foto: Eusebius McKaiser/Twitter)

Die DA gaan die omstrede verkiesingsplakkate wat hy in Phoenix in KwaZulu-Natal opgesit en ʼn storm om die party laat losbars het, verwyder.

Dean Macpherson, die DA se voorsitter in KwaZulu-Natal, het om verskoning gevra vir die plakkate “wat onbedoeld aanstoot gegee het” en sê die party is besig om dit af te haal.

Maroela Media het vroeër berig dat een van die party se plakkate lui “Die ANC het julle rassiste genoem” en word gevolg deur ʼn plakkaat wat lui “Die DA noem julle helde”.

Talle opposisiepartye het dié plakkate as rassisties en onsensitief bestempel.

“Die boodskap wat ons met die plakkate wou oordra, is dat ʼn paar inwoners gedoen het wat die regering, polisie en weermag nie tydens die grootskaalse onluste in KwaZulu-Natal kon doen nie toe hulle saam gestaan het en die gemeenskap van Phoenix beskerm het,” sê Macpherson.

“Die DA het op geen tydstip die optredes van die misdadigers wat 36 mense gedood het, goedgekeur of ondersteun nie.

“Ons het ons woorde swak gekies, maar ons bedoeling was opreg.”

Macpherson het ook erken dat die plakkate nie vooraf deur die DA-leier, John Steenhuisen, of enige veldtogbestuurleiers goedgekeur is nie.

“Die DA is ʼn party van nie-rassigheid en my bedoeling met die plakkate was nooit om enige ander persepsie te bevorder nie,” sê hy.

“Ek bly toegewy aan alle mense in Suid-Afrika, verenig in ons diversiteit en ons veldtog sal aan alle Suid-Afrikaners bewys dat slegs die DA dinge kan en sal doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Ruggraatloos……

Misky

Ag nee wat, julle ouens buig eintlik ook maar die knie en moes by julle standpunt gehou het indien dit jul bedoeling was. Soos pap snoek en onbruikbaar!!!!

H.A.

En so smeer die DA sy eie verkiesing.

Agge nee

Slim van die DA, hulle kan dit maar afhaal, die boodskap is klaar uit.

Jeff

WHY??