DA, VF Plus kap ANC oor herroeping van burgemeesters

Joe McGluwa, DA-leier in Noordwes. Foto: ANA

Dis nie genoeg dat net burgemeesters herroep word weens hul betrokkenheid by die VSB Bank-skandaal nie, meen die DA in Noordwes.

“Hierdie burgemeesters is nie alleen verantwoordelik vir die onwettige belegging van geld in VSB Bank wat vir dienslewering bedoel was nie,” sê die DA se leier in Noordwes, Joe McGulwa.

“Die munisipale bestuurders wat as die rekeningkundige amptenare optree, het die onwettige oordragte onderteken en in sommige gevalle is munisipale bestuurders se besluite deur waarnemende munisipale bestuurders verwerp.”

Hy sê raadsbesluite is ʼn voorvereiste om sulke betalings te verwerk. In hierdie gevalle is die hele raad wat ten gunste van die oorbetalings gestem het, aanspreeklik.

McGulwa het gereageer op die ANC se provinsiale taakspan wat gesê het hy het besluit om die burgemeesters van Mamusa en Maquassie in belang van dienslewering te herroep. Die burgemeester van Kagisano‑Molopo, Bitsa Lenkopane, is ook van sy amp onthef.

Die burgemeesters van Madibeng, Jostina Mothibe (45), van Moretele, Andries Monaheng (52), van Mahikeng, Betty Diakanyo (68), en van Dr. Ruth Segomotsi Mompati-distriksmunisipaliteit, Boitumelo Mahlangu (59), is almal met onmiddellike inwerkingtreding herroep weens hul aandeel in beleggings in die VBS Bank.

Michal Groenewald, VF Plus-leier in Noordwes. Foto: Facebook

Madibeng het R31 miljoen van hul voorlopige toelae belê, terwyl Mahikeng R83 miljoen belê het, waarvan R23 miljoen uit die toelae vir infrastruktuur was.

Die VF Plus sê intussen by monde van sy Noordwes-leier, Michal Groenewald, dié party is nie daarvan oortuig dat die herroeping van die sewe burgemeesters “die grootskaalse korrupsie en diensleweringsprobleme” in die provinsie sal oplos nie.

“Die oorsaak van die probleme in Noordwes se munisipaliteite is nie slegs te wyte aan skelm en onbevoegde ampsbekleërs nie, maar aan die ANC self,” meen Groenewald.

“Die regerende party wil daarop roem dat hulle ten gunste van goeie dienslewering en die bekamping van korrupsie is deur hierdie burgemeesters te herroep en te vervang. Die ANC het egter in die eerste plek dié probleem veroorsaak.

“Korrupsie, wanbestuur en swak leierskap is kenmerkend van die ANC-regering. Hierdie herroeping is dus nie ʼn prestasie nie, maar ʼn skande. Die storie van die ANC is nie een van goeie, verantwoordbare regering nie, maar mislukking op mislukking waarvoor belastingbetalers herhaaldelik moet opdok.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Basjan ·

Wat beteken “herroep”? Verduidelik vir my mooi en stadig, asseblief. Kry hy/sy ‘n goue handdruk, word hy/sy herontplooi of word hy/sy afgedank sonder enige verdere voordele?

Sarel ·

In ANC terme beteken dit, jy is nou die weerligafleier maar vorentoe sal jy die geleendheid kry om nog meer en beter te kan skep.
Miskien nog n minister word of so.

ne ·

Vrot appels moet betaal nie belasting betalers nie!
Ons is voos opgedok!

Adam ·

Indien die ANC van mening is dat hulle hulself uit die korrupte moeras kan “herroep” is het ek nuus vir hulle. Dit sal ongetwyfeld beteken dat die ANC hulself bykans in totaliteit moet herroep. Die Ramaphosa “oorlog” teen korrupsie is in my opinie nie veel meer as ‘n rookskerm nie en die party en hul senior leierskap het letterlik alle geloofwaardigheid verloor . Die ANC se enigste bate is vrotisge opposissie.

Sarel ·

Die C R periode is net om nog tyd te koop want die publiek gaan hom mos nou n kans gee en weet die probleem kan jare neem om op te los. Word wakker dit gaan nie ophou nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.