DA vol vertroue vir 3 provinsies ná verkiesing

Die DA-leier, Mmusi Maimane. Foto: DA via Facebook

Die DA is vol vertroue dat hy die meerderheid stemme in drie provinsies sal trek en sy deel van die stemtal nasionaal sal vermeerder in die komende algemene verkiesing.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Sondag ná die party se finale vergadering van die federale uitvoerende raad voor die verkiesing gesê die party is vol vertroue dat hy sal wen in Gauteng en die Noord-Kaap en Wes-Kaap sal behou.

“Ons bly die enigste party in Suid-Afrika wat daartoe in staat is om die droom van een Suid-Afrika vir almal te bewerkstellig. Die keuse wat Suid-Afrikaners op 8 Mei moet maak, is nog vyf jaar van leë beloftes van die ANC of die DA se agenda vir onmiddellike verandering.”

Volgens Maimane is die DA vol vertroue dat hy sy teikens sal bereik aangesien die party se eie navorsing glo wys daar is ʼn aansienlike daling in steun vir die ANC oor die hele land, veral in die Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap.

“Ons navorsing toon dat die ANC ver onder sy uitslae in die 2014-verkiesing is terwyl die DA beter vaar as in die vorige verkiesing. Dit is bemoedigend en wys dat Suid-Afrikaners moeg is vir die status quo en desperaat is vir onmiddellike verandering.”

Maimane het gesê die DA is slaggereed om sy sterkste verkiesingsveldtog nog te lewer. “Vanjaar se verkiesing is ʼn referendum oor die ANC in beheer. Suid-Afrikaners moet na die stempunte gaan en stem vir die toekomstige land waarvan ons almal droom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Skroef ·

Dream on. Is daar nog mense wat genoeg vertroue in die da het om vir hulle te stem?

Trol ·

Nou dat jy dit noem…. Tony’s Folly aka helin zille was die grootste fout wat die da gemaak het. Eers was haar manewales amusant toe probeer sy a la anc haar kaders oral indruk en van haar opposisie in die da ontslae raak. Waar het sy ou moesie uitgekrap? Self ta Patty sou n beter leier gewees het.

corne ·

Ha Ha ha darm n stukkie lag vir die dag gekry hou aan droom DA. Ek droom ook om die power ball te wen.Ha Ha Ha die DA gaan n helse verassing kry en nie die goeie ene nie

Jacques Coetzee ·

Meskien moet die DA weer dink.Sy steun het verseker geval en dit aan sy eie toedoen.

waarheid1 ·

Sorry ou, jy is klaar uit die wedstryd uit. Jy het vir jouself ‘n rooi kaart gegee.

Nou verstaan ek ·

Mmusi jy gaan verbaas wees hoeveel mense NIE vir die DA weer gaan stem nie.

John ·

Ja, dominees moet oppas om nie te jok nie. Dis baie soos ‘n plaassweep… na so ‘n rukkie haal daai punt jou in. Dit seekat om jou nek of om jou bene. Die piets is seerder as ‘n skerpioensteek. Vicks help nie.

jakes ·

Ag foeitog, glo hy homself nou sowaar? Droom maar lekker ou tjom, nes die ANC gaan die DA ook duisende stemme verloor.

Heksie ·

En as jy 3 provinsies inpalm, dan wat dan? Gaan jy saamsmelt met die anc???? Jy kan net sowel.

Andre ·

Hoekom het die DA, EFF en Ramaphosa ontmoet voor @SONA? Hoekom was Julias dood stil? Die DA gaan saam met die ANC smelt, enige stem vir hulle is `n stem vir die ANC.

Judge Dredd ·

Stem vir die party wat meeste strook met jou waardes – en hoop dat hulle in koalisie sal gaan met die beter partye. VF+/Cope het al saamgewerk met DA om beheer van munisipaliteite.

ANA ·

Wat jy sê,maak sin JUDGE DREDD en meeste van ons, dink DIT kán def werk…
Maar HULLE en kiesers,WIL NIÉ in “koalisie gaan” met mekaar omi anc TEEN te staan nie! ?kyk net hoe haal hulle vir musi,lekota uit…en vergeet skoon DIS waar jou DIVERSITEIT in stemme en getalle lê..

GRIET ·

Jy droom nog meer wilder drome as Musi,ou Frikkie vriend…wishful thinking

Ouer boer ·

Wel, stem dan vir cope. Gaan stem net. Van cope gepraat, hulle leiers maak nie wilde verkiesingsbeloftes nie. Hy praat goed. Die vtaag is net…. Waarheid of?

ZAR ·

Cope wil net weer op die speelveld kom. Ons het nodig om onder een groep saam te staan en dus stel ek VF+ voor.

Willie ·

Maak nie saak vir watter party julle stem nie, die ANC sal verseker wen, dink net waste bedrog hulle kan pleeg met verkiesing, as hulle met staatskaping se miljarde kan wegkom…???

ZAR ·

Jou stem maak saak. Ons het meer mense nodig wat ons in die parlement verteenwoordig. Koalisies help dat ons verteenwoordig word in munisipaliteite. Witmense is 4 miljoen uit 50 miljoen mense. Ons het verteenwoordiging nodig as ‘n mindere groep. VF+ vul daai gaping.

Chris du preez ·

Musi dream on. Jy kan bly wees as julle die Wes Kaap behou. Julle het die DA oneindig skade aangedoen en so kiesers weg gedryf. Die beste sal wees as jy gee pad uit die DA.

Helene ·

Moet dan nie kom klaar as die Weskaap deur die ANC of EFF afgeneem word nie. Better the devil you …….

GRIET ·

? die realiteit is,is dat die anc ñ té groot kieserskorps het…hulle gaan WEER loshande wen,met die eff ini tweede plek en VELE ander kleiner partye ini 5 de plek en dan kraai elke hoenderhaan nog koning, op sy eie mishoop onder die ander vele kleintjies ??

Sinies ·

DA, ek wil nie met julle verenig wees nie, dankie.
.
Wedersydse respek is n baie beter beginsel, maar hiervan het julle net so min soos die ANC/EFF.

Antoinette ·

DA kry nie my stem nie tweede AND jammer.VF+ kry my stem al is dit n.klein party hy sal n plekke in die parliament kry.Glo VF+ gaan meer stemmed kry as in die gelede.

Frik Lotz ·

n Party bly nie klein nie, maar groeie en word groter hoe meer mense vir daai party stem. VF PLUS is en bly die groeiende alternatief.

Cherokee ·

As jy Maimane so graag op sy voornaam aanspreek, is jy nie so heftig gekant teen hulle soos voorgegee nie.

ANA ·

ag,shame eintlik is ÁLMAL rééds laaaankal uit die game uit…buiten die anc+eff wat net al hoe meer saam staan

Eish ·

Gelukkig is daar baie meer positiewe mense as dié paar wat altyd negatiewe kommentaar skryf!

D B ·

Wes-Kaap, net-net, Noord-Kaap, 50 / 50, Gauteng, nie eers naby nie.

JY het jou kern kiesers vervreem deur te probeer om ‘n swart oposisie party van die DA te maak.

Terloops, sy stelling is mos dat as die DA in die verkiesing steun verloor, sal hy loop. Ta-ta pappa!

Laetitia ·

Ek stem DA. Dit is die party wat die opposisie op hulle tone hou.

bgj van der westhuizen ·

da droom lekker en as jy wakker word et net nie te hard val nie

Trol ·

Nou dat jy dit noem…. Tony’s Folly aka helin zille was die grootste fout wat die da gemaak het. Eers was haar manewales amusant toe probeer sy a la anc haar kaders oral indruk en van haar opposisie in die da ontslae raak. Waar het sy ou moesie uitgekrap? Self ta Patty sou n beter leier gewees het.

Gemaskerde Sopbeen ·

En almal hier bo antwoord asof hulle “stemme” enigsens ‘n verskil gaan maak? As die DA dink hulle kan drie provinsies vat, dan’s dit goed…..As hulle dit nie regkry nie, wat gaan julle daaraan doen? Niks….soos altyd. Die blanke stemgeregtigdes in hierdie land is maar ‘n skamele 8% van die populasie….Wat laat julle dink dat julle enigsens ‘n invloed het op die uitkoms van ‘n demokratiese verkiesing in swart Afrika? Ek sê maar net….

ELAINE ·

nee DA sal beslis nie my stem kry nie

Hulle is nou meer bek as binne goed

Ander Gert ·

Volgens ‘n opname einde verlede jaar gaan die DA se steun met ‘n hele paar persentasiepunte val. Wat motiveer Maimane se uitlatings? En dit was voor GOOD op die toneel gekom het.

Elizabeth ·

Met die chaos waarin die DA tans verkeer, gaan hulle nie my stem kry nie. Dalk sal die VF genoeg stemme kry om met hulle in koalisie te gaan. Dan is daar ten minste ‘n stem van rasionalisme in die regering.

bollie ·

Daar is geen sprake van rasionalisme met Peter Marais in jou geledere nie. Hierdie aanstelling gaan VF+ wit stemme kos.

bollie ·

Ek woon in die Wes-Kaap, DA is ‘n maklike keuse. Kaapstad is nie verniet as die beste stad ter wêreld aangewys nie. Wat wil jy nou beter hê? Die binnegevegte raak geensins hul doeltreffende regering nie, dit sal oorwaai.

Judge Dredd ·

Kaapstad beste stad ter wereld?
En jy glo dit?
Bwahahahahahahaha – wys jou maar net hoe geindoktrineerd jy is.

ZAR ·

Mense julle moet nie hensop nie. As jy verteenwoordig wil word in die parlement of munisipaliteit, stem vir ‘n party wat jou waardes ondersteun. Jou stem maak saak. Dis ‘n ou leuen van die vyand dat jy nie eers moet probeer nie, want jy het klaar verloor. Dit bly ‘n leuen. Ons is die minderheid en behoort minderheidsregte te geniet soos erken in die internasionale wet, ons het nodig om te veg vir ons reg as ‘n minderheidsgroep in Suid-Afrika. Ons kan gehoor word as ons almal onder een party saamstaan.

Chris Ws ·

Droom voort DA!Die Eff gaan julle ore aansit want hulle aanhitsings strook met wat die meerderheid swart mense wil hoor.Die anc behoort ook heelwat minder stemme te kry agv hiervan,Dan speel De Lille se nuwe party ook nog ‘n rol om DA stemme te vat in die Weskaap.Laat ons maar sien wat gebeur met die stemmery.
Ek en my vrou se stemme sal gaan vir die enigste party wat blanke Afrikaners se belange op die hart dra.Dis bitter jammer so baie blanke Afrikaners het steeds skille op hul oe en gaan weer vir hul eie vyand stem.

Irene ·

Julle wat so oor DA moun en kerm gaan stem die eff gee jul stemme dan weg.

Jepetto ·

Ek lees nou die artikel se kommentaar Dit is baie negatief ek het nooit gedink hier is silke groot verdeeltheid in die land nie .Hierdie kla kouse wat so kla het EFF mentaliteit . Dit is niks nuuts in ons land nie met die boere oolog teen die engelse was hulle ook daar gaan vra ma vir julle oupa en oumas .Die ergste van alles is hierdie kla kouse bly nog hier . En moet hulle nie eers vra wat is ons kanse vir die wereld bekker in Japan nie dan gaan jy nou a gekerm en gestuen kry .Sterke kla kouse ont hou net om in die vreugde tekom deel as die sukkses kom die dag

Driesie ·

Dis net soos jy daar sê.Hulle kla te veel en kan niks daaraan doen nie.

Dries du Toit ·

Ons die minderhede moet getel kan word om uiteiendelik te kan praat by die Internasionale Verenigde Nasies. Hulle sal net na ons luister as ons kan se ons word verteenwoordig deur een politieke party. Afriforum en SOlidariteit slaag in hulle doel omdat hulle groot ondersteuning geniet onder die minderhede. Ons het hulle as ons burgeregte organisasies. Ons het nou net nodig om n sterk politieke party te he wat saam met hierdie organisasies ons saak te kan stel aan die wereld daar buite. Die DA het nog nooit sy steun vir enige saak wat Afriforum of Solidariteit aangepak het gegee nie. Die enigste party wat dit wel doen is die VF+.

jaco ·

vergeet nou eers van die DA: Afriforum het glo 500 000 lede. Afriforum dink 99% dieselfde as die VF-Plus oor goed soos regstellende aksie, onteiening sonder vergoeding, plaasaanvalle ens ens. Maar tog kry die VF-Plus maar so 170 000 stemme. Daardie ander 330 000; stem hulle DA? Ek dink nie so nie. So iewers help ons eie mense ons eie ondergang aan deur nie te stem nie. 500 000 stemme vir die VF-Plus sal aan hulle 12 parlementslede besorg; baie meer as die huidige 4. meer parlementslede beteken dadelik langer spreekbeurte en verteenwoordiging in meer parlementêre komitees. En al bly hulle ‘n minderheidsparty glo ek hulle sa so meer vir ons mense kan beding.

Frik Lotz ·

Goed gestel, Dries. VF Plus is die logiese keuse om voor te stem.

Boet Fasie ·

Ag ” shame” wonder wanneer gaan die DA wakker word. Jammetr om julle ” bubble” te bars maar julle gaan ‘n hengse skok en teleurstelling by die stembus kry so droom voort want julle is op dieselfde pad as die ANC , net bek en beloftes.

Michael ·

Mense lees Willie se kommentaar van vroeer Hy praat die waarheid kyk wat gaan in ons land aan onthou die ANC is MEESTERSi n bedrog.

Koos ·

Ek praat netnou met n Weskaapse VF organiseerder. Hul is toegegooi met nuwe lede en belangstelling. Hul kan nie voorbly nie. Die Kaap word nou wakker na die realiteit van die DA se vreemdeling inlokking.
So, moenie verbaas wees as die VF dalk die DA vra vir n koalisie na die verkiesing. Hier kom interessante dinge aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.