DA-voorsitter aangekla oor ‘rassistiese uitsprake’

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die ANC in KwaZulu-Natal het ʼn saak van crimen injuria teen die DA se provinsiale voorsitter in Pietermaritzburg aanhangig gemaak nadat hy volgens die ANC “rassistiese uitsprake” gemaak het.

Mdumiseni Ntuli, die ANC se provinsiale woordvoerder, het gesê die saak is by die Mountain Rise-polisiestasie teen Mergan Chetty aanhangig gemaak.

Die ANC beweer Chetty het tydens ʼn selfoongesprek met Lungisani Sikhakhane, ʼn voormalige DA-raadslid wat na die ANC oorgeloop het, na buitelanders as “makwerekwere” verwys. Volgens mediaberigte is die gesprek glo opgeneem en het dit aan die lig gekom toe dit onlangs op sosiale media versprei is.

“Die ANC verwerp die gebruik van die woord “makwerekwere” deur Chetty, veral in die lig daarvan dat hierdie provinsie ʼn paar jaar gelede xenofobiese aanvalle ervaar het. Sewe onskuldige mense is dood en ander is beseer en het gely onder moeilike omstandighede en vernedering,” het Ntuli gesê.

Hy het gesê die ANC sal ook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vra om Chetty en die DA te ondersoek vir die oortreding van menseregte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

zahn ·

Een van die dae sal ons ook nie meer praat van nambawan nie…

Cherokee ·

Dit is buitendien net enkeles van julle wat praat van ‘nambawan’. Vir die meeste van ons is hy nie nambawan nie.

Jan maak n plan ·

En die ANC is n klomp engeltjies. Dis hulle maatjies wat die xenofobiese aanvalle begin het.

Johan ·

Maroela Media. Dit sal julle berigte beter maak as julle die regte taal gebruik.

Iemand het ‘n klag gelê en dit is nie die selfde as aangekla nie. Staats aanklaers kla aan. Nie klaers of SAPD nie.

Janie Monsieur ·

Dagsê Johan

Dankie vir jou navraag. ‘n Klag is aanhangig gemaak teen die DA-voorsitter. Dit is in hierdie geval korrek om in die opskrif te sê die persoon is “aangekla”, ter wille van bondigheid. Ons vertrou die inligting word duidelik genoeg gestel in die berig.

Groetnis
Janie
nms Maroela Media

Gert Ehlers ·

Staatsaanklaers is een woord. Jy spel dit as “Staats aanklaers” en dit is verkeerd. Wees maar versigtig volgende keer.

Ed ·

Uhm is makwerekwere nie die geluid wat n dier maak in die veld maak nie? Vra maar net? Weet nie wat is die geluid nie?

Jakalas ·

Ag siestog. Hulle soek nou na iets om mense meer aan te kla, alhoewel dit nie regtig menseregte skending is nie. Hulle saak sal nie in die hof hou nie.

Ouvrou ·

Nous ek so dom soos n klip. Watse woord is dit en wat beteken dit?? Mag enige woord nou as rassisties gesien word. Soos bv kraaie?? Kan iemand of maroela my nou hier inlig groot asb.

John ·

Miskien voel die ANC in KwaZN dalk net hulle het nog ‘n groter verskeidenheid van buitelandse raadgewer nodig het soos hul opperhoof glo na bewering skynbaar aanbeveel het en nie teengestaan het nie. ‘n Koning uit Somalie of Burundi kan die lewe mos net meer opwindend maak… of dalk kry ons in die toekoms ‘n leier wat familie is van oorle Kadafi… ons regering het glo mos baie van hom gehou.. en van sy skatte is na bewering reeds hier iewers begrawe.

Janee ·

Pleks dat hulle hul administrasie verbeter mors hulle tyd en geld met sulke nonsens.

Estelle ·

Hahahaha maar dis reg dat ANC vryheid van spraak het, mag sing Kill the Boer? ahahaha sirkus

Potts ·

Nou verstaan ek nie…….Die ANC se dan net wittes kan rasisties wees

ZdL ·

Die woord verwys blykbaar na swart mense wat van naburige lande kom.

jaco ·

Chetty is n Indiër. So sy velkleur is nie wit nie. So wat dan nou van die amperse “reël” dat rassisme net rassisme as as wit mense dit doen? Of is Chetty dalk “not black enough”?

cor ·

Jaco nee Chetty is van die DA dit is die probleem. Hulle almal praat van daardie naam luister maar net as hulle onder mekaar praat, maar nou is Chetty die rassis.

Ampie ·

Die term amakwerekwere verwys na buitelandse Afrikane.
Wat my die meeste interesseer is dat die Zoeloe Koning Goodwill Zwelithini in 2015 geeis het dat buitelandse Afrikane die land moet verlaat. Op grond daarvan het ernstige aanvalle teen buitelandse Afrikane uitgebreek. Ek dink nie hy is ooit daarvoor vervolg nie?

Willem ·

Eers slaan die puk student die verkeers beampte en toe stuur die huisagent die rasistiese whats app aan die verkeerde persoon.

Ai my volkie gaan ten gronde.

Pieta ·

Willem, as jy verwys na die onlangse aanranding op verkeersbeamptes, was die aanranders nie Puk-studente nie – die aanvanklike bewering was foutief.

LOL ·

Blah Blah Blah… ANC se goedkoop propoganda flous niemand meer nie. Hulle mag enige rasistiese ding se en niks is fout daarmee nie. Die ANC is pateties en almal weet dit.

TDW ·

Snaaks dat dit nou op die lappe kom. Dis seker al ‘n ou gesprek. Hulle probeer die lig van die 94 pasiënte wat dood is afhaal en dit weer op die DA plaas. Makwerekwere is ‘n woord wat nog altyd deur die swart inheemse volk gebruik word om uitheemse volk te onderskei. Kyk die fliek van Leon schuster mama jack, dis die eerste keer wat ek die woord gehoor het. Hoe moet enige iemand weet dis ‘n verkeerde woord?

Frikkie ·

Is dit nie onwettig om gesprekke op te neem sonder die mede wete van die ander persoon nie. Dit druis mos teen jou grondwerlike regte in, of is ek verkeerd. As iemand kan help asseblief. Wys jou net, bly eerder stil as jy enige stellings wil maak al klink dit heel onskuldig.

marous ·

Ondersoek asb die betekenis van die woorde Legoa , Magoa en Masungu wat ellke dag in spreektaal teenoor blankes gebruik word, dan sal julle agterkom hoe eensydig die haatspraak herrie is!

Andrea ·

Lekgoa, meervoud makgoa, beteken letterlik”skreeuer/s”. Dit is egter n derogatiewe term wat gebruik word om na blankes te verwys met baie negatiewe nuanses.

magda ·

As asb ANC – plaas julle eerder iets aand Levine doen wat op ‘FACEBOOK” die hele wereld ingestuur het hoe bly hy is oor “Nog n witmens wat dood is” na die nuus van Jooste se afsterwe – die ou van die DA wat nou oorgeloop het na die ANC soek nou net weer n lekker storie om nog dieper te kruip – Doen iets goed en kla LEVINE aan van Rassisme want dit was ook nie sy eerste uitlating nie – Doen moeite en gaan kyk wat hy op sosaile media alles van die Witmense gese het – dan doen jy dalk iets goed ASB.

Pieter ·

Stem saam, Magda. Die feit dat al die politieke partye tot dusver baie stil is oor die paloeka se uitsprake, beteken net ons is ver van die volgende verkieseing af.
Die ou se uitsprake op ander Facebook posse was egter teen wit, moslems en kleurlinge gemik. En met daai naam vermoed ek ook hy identifiseer nie werklik met swart nie. Hy moet ‘n groot identiteitskrises hê.

Jef ·

Dan moet ons ook maar Menseregtekommissie toe stap en die ANC aankla en vervolg vir die oortreding van menseregte soos reeds bekend haatspraak, opruiing, moord, roof, diskriminasie, vernieling, brandstigting, diefstal van gemeenskapsgeld tot persoonlike besittings en rassehaat.
Maar daar sal niks van kom nie want hulle slaan die trom en ons moet dans.

MH ·

Hierdie klink vir my na ‘n baie ernstige oortreding. Hy moes eerder gesê het “maak alle witmense dood”. Dan sou die MRK dit as vryheid van spraak beskou het.

Gatvol ·

Lyk my vandat Boswell Wilkie Sirkus nie meer optredes doen nie, neem die ANC nou oor, die grootste van sirkusse ooit!

Bekommerd ·

Dit mag so wees “Gatvol” , maar die ANC se narre word baie beter betaal….

Bekommerd ·

Dit mag dalk so wees Gatvol, maar die ANC se narre word baie beter betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.