DA vra banke moet SAL-hulp heroorweeg

Argieffoto

Die DA sê hy het aan die uitvoerende hoofde van etlike banke geskryf om te vra hulle moet hul finansiële hulp aan die SAL heroorweeg.

Dit kom ná berigte dat Vuyani Jarana, die SAL se uitvoerende hoof, die naweek aan die kantlyn van die Indië-Suid-Afrika-sakeberaad in Nieu-Delhi gesê het handelsbanke het in beginsel R3,5 miljard se finansiering goedgekeur wat die sukkelende lugdiens nodig het om tot einde Maart vanjaar in die lug te bly.

Hy het ook gesê hy kan aan geen rede dink waarom die regering nie sal aanhou om die lugredery te steun nie aangesien die SAL die teikens behaal wat aan hom gestel is as deel van sy herstelpad.

Alf Lees, DA-woordvoerder oor finansies, sê hy het aan die uitvoerende hoofde van FNB, Standard Bank, Nedbank, Absa en Investec geskryf om te vra hulle moet dit nie vir die SAL moontlik maak om lank genoeg te oorleef tot belastingbetalers in die 2019-begroting weer sal moet betaal om die lugdiens te red nie.

Die staat moet halt roep met enige verdere lenings aan die SAL.

Lees het gesê sonder die bystand van leners soos die banke die afgelope vyf jaar sou die SAL nie in bedryf kon gebly het nie en sou belastingbetalers R15 miljard aan reddingsboeie gespaar het plus nog minstens R16,7 miljard wat in die volgende twee jaar verwag word.

“Hoewel die R15 miljard in reddingsboeie aan die SAL swaarverdiende belastingbetalersgeld is, moet die verlore geleenthede van dienste wat gelewer kon geword het of die ekonomiese geleenthede wat geskep kon geword het danksy infrastruktuurontwikkeling ook in gedagte gehou word,” het Lees gesê.

“Dis nou al langer as ʼn jaar vandat Jarana as uitvoerende hoof van die SAL oorgeneem het. In dié tyd het hy met sy vingers gespeel, maar kon hy nog nie die massiewe koste besnoei nie, soos die oorgroot en onmededingende personeelkoste, wat lei tot voortgesette verliese.”

Lees sê die DA meen steeds al moontlike raad met die SAL is om dit in sakeredding te plaas. Terselfdertyd moet die staat halt roep met enige verdere lenings wat gegrond is op regeringswaarborge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cherokee

Guptas, Bosasa, SAL, Nkandla, korrupte regerings amptenare… en die bedrae wat genoem word!

Johann

Kan ek net asb my drie Besigheidsklas kaartjies se terrug betaling kry. Siende BYDE vlugte van en na Mauritius met tot 4 ure vertraag is.. agv “unsafe aircraft”!!!!!!!! Om nie te praat van die @&)#)attitude van die vlug personeel nie!!!!!! Lekker sindroom van [email protected]&)(( en dan bakhand staan. LEKKER MAN LEKKER!!!!!! O, en terloops, MAROELA dink nie dis nuuswaardig dat TWEE SAL vlugte agv inveilige status kanseleer word nie? GEEN ONDERSOEK daarna nie!!!!!!!!!

Ria Naude

Vir wat? Daar is genoeg lugrederye…Het nie SAL nodig nie..

Wouter.

Die banke moet geld leen vir n bankrot besigheid dit sal nie baie slim sees nie.Hulle weet mos wat gaan van daardie geld word.

Afrikaan

Tannie Helen se belasting boikot klink net elke dag beter.