DA vra banke moet SAL-hulp heroorweeg

Argieffoto

Die DA sê hy het aan die uitvoerende hoofde van etlike banke geskryf om te vra hulle moet hul finansiële hulp aan die SAL heroorweeg.

Dit kom ná berigte dat Vuyani Jarana, die SAL se uitvoerende hoof, die naweek aan die kantlyn van die Indië-Suid-Afrika-sakeberaad in Nieu-Delhi gesê het handelsbanke het in beginsel R3,5 miljard se finansiering goedgekeur wat die sukkelende lugdiens nodig het om tot einde Maart vanjaar in die lug te bly.

Hy het ook gesê hy kan aan geen rede dink waarom die regering nie sal aanhou om die lugredery te steun nie aangesien die SAL die teikens behaal wat aan hom gestel is as deel van sy herstelpad.

Alf Lees, DA-woordvoerder oor finansies, sê hy het aan die uitvoerende hoofde van FNB, Standard Bank, Nedbank, Absa en Investec geskryf om te vra hulle moet dit nie vir die SAL moontlik maak om lank genoeg te oorleef tot belastingbetalers in die 2019-begroting weer sal moet betaal om die lugdiens te red nie.

Die staat moet halt roep met enige verdere lenings aan die SAL.

Lees het gesê sonder die bystand van leners soos die banke die afgelope vyf jaar sou die SAL nie in bedryf kon gebly het nie en sou belastingbetalers R15 miljard aan reddingsboeie gespaar het plus nog minstens R16,7 miljard wat in die volgende twee jaar verwag word.

“Hoewel die R15 miljard in reddingsboeie aan die SAL swaarverdiende belastingbetalersgeld is, moet die verlore geleenthede van dienste wat gelewer kon geword het of die ekonomiese geleenthede wat geskep kon geword het danksy infrastruktuurontwikkeling ook in gedagte gehou word,” het Lees gesê.

“Dis nou al langer as ʼn jaar vandat Jarana as uitvoerende hoof van die SAL oorgeneem het. In dié tyd het hy met sy vingers gespeel, maar kon hy nog nie die massiewe koste besnoei nie, soos die oorgroot en onmededingende personeelkoste, wat lei tot voortgesette verliese.”

Lees sê die DA meen steeds al moontlike raad met die SAL is om dit in sakeredding te plaas. Terselfdertyd moet die staat halt roep met enige verdere lenings wat gegrond is op regeringswaarborge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Cherokee ·

Guptas, Bosasa, SAL, Nkandla, korrupte regerings amptenare… en die bedrae wat genoem word!

Johann ·

Kan ek net asb my drie Besigheidsklas kaartjies se terrug betaling kry. Siende BYDE vlugte van en na Mauritius met tot 4 ure vertraag is.. agv “unsafe aircraft”!!!!!!!! Om nie te praat van die @&)#)attitude van die vlug personeel nie!!!!!! Lekker sindroom van op@&)(( en dan bakhand staan. LEKKER MAN LEKKER!!!!!! O, en terloops, MAROELA dink nie dis nuuswaardig dat TWEE SAL vlugte agv inveilige status kanseleer word nie? GEEN ONDERSOEK daarna nie!!!!!!!!!

Ria Naude ·

Vir wat? Daar is genoeg lugrederye…Het nie SAL nodig nie..

Wouter. ·

Die banke moet geld leen vir n bankrot besigheid dit sal nie baie slim sees nie.Hulle weet mos wat gaan van daardie geld word.

Afrikaan ·

Tannie Helen se belasting boikot klink net elke dag beter.

Mariana ·

Ek stem ook. Helen Zille sal baie ondersteuning kry vir belasting boikot. Hoeveel keer moet SAL nog gehelp word, telkens word verkeerde mense aangestel om dit dan kwansuis te red, maar van die red kom niks. Hoe gouer die deure sluit hoe beter. Belastingbetalers voos betaal aan ANC se onnodige en korrupte uitgawes.

Spike ·

Met die comrades en kaders daar sal die banke nie weer hul geld terug kry nie.

marco polo ·

Niks gaan maak dat ek ooit weer SAA vlieg nie. Ek vlieg deesdae gereeld met Ethiopian Airlines, hulle is strate beter as SAA, het nuwe vliegtuie en die lugwaardinne is skraal genoeg om in die gange te beweeg en hanteer jou met respek. En boonop is dit goedkoop. Andersins Emirates.

Snowflake ·

Hkm moet daar WEEREENS geld geleen word om saa te red…. ver haal dit van die wat dit veroorsaak het…. board van onbevoegtes is deur anc aangestel…. anc moet pa staan en try red??hkm MOET banke of was hulle ook betrokke met die miss management

Magrietha ·

Sodat die bank acc weer leeg getap word.Wat het van daai vrou geword wat SAL verkoop het (NIKS NIE ) hoekom word sy nie vervolg nie

Dan Falcon ·

Hoekom sal die banke dit kanselleer? SAL is so diep in die verknorsing en so dringend op soek na geld dat die banke uiters sappige rentekoerse sou beding het vir die skuld. Maar natuurlik met die regering (m.a.w. jy – die belastingbetaler) wat borg staan.

Sou SAL nie die skuld kan betaal nie (baie waarskynlik) kry hulle die geld by die regering terug, maar kry in elk geval die rente. Val die munt op kop, wen hulle. Val die munt op stert, verloor jy.

Boerboon ·

Is dit net ek, of is die verskille tussen die ANC en DA al hoe moeiliker om te sien?

Elizabeth ·

Sodat ons nog hoër bankkostes kan betaal????? Dank die hele lot af en verkoop die lugdiens aan ‘n land wat weet hoe om besigheid te doen.

bgj van der westhuizen ·

verkoop dit VERKOOP DIT DIE ANC REGERING KAN NIKS REG BESTUUR NIE

Ja swaer ·

Dink mooi daaroor hoeveel keer betaal belsatingbetalers vir instansies soos die SAL en andere. (1) Belasting word betaal aanmekaar, dit word kort kort as reuse reddingsboeie (maw goeie geld agter slegte geld aangooi) oorbetaal, (2) Banke gaan teen reuse rentekoerse geld leen vir SAL – wat lg nie gaan terugbetaal nie, dus sal staat di elenings waarborg – meer belasting om hoë rente terug te betaal en die kapitaal, (3) Volgende rondte – herhaal vorige twee, (4) Korrupsie – so tussendeur alles, (5) Te groot personeel korps – net soos Eskom betaal belasting geld vir duisende mense wat nie werk nie, (6) Te groot salaris rekenings – daar is duisende baie bederfde mense by die SAL veral loodse wat rol in die geld, helfde behoort retrench te word, (7) Swak bestuur en onbevoegdheid

BlinkStephaans ·

Dit is maar dieselfde ou storie… dink 10 dinge uit om rondom die probleem te werk…gee nog, gee nog meer… maar verseg om die probleem self aan te spreek.

Ander Gert ·

Banke is een ding, maar die regering sal nie moontlik nou hulp aan SAL en soortgelyke instansies stop nie omdat ons binnekort ‘n verkiesing het. Hulle ‘koop’ basies lojaliteit. Met ons belasting geld.

Johan H. ·

Al hierdie redingsbooie is maar soos bbee, net n manier om geld uit te deel vir die wat te sleg is om wettiglik daaarvoor te werk,Hulle sien dit werk,so dit sal nie ophou nie! TRONK is die enigste andwoord,,,

Nita ·

Nee en nee en nee!!!Nie voor liewe Dudu met haar Louis Vuitton handsakkie in die getuibank staan nie.

Griet ·

Het die DA nou ook mal geword?

GEEN instansie wat enige-iets van gesonde besigheids beginsels verstaan sal aan SAL vat met ‘n tang nie.

Deon ·

Griet, lees weer. Die DA vra die banke om finansiele hulp aan die SA te staak. Alf Lees waarsku dat die belastingbetaler die skuld eendag moet terugbetaal.

Dan Falcon ·

Dit is waar jy verkeerd is. Vet rentekoerse, kapitaal gewaarborg deur die regering. Dit kom nie beter in die bank-wereld nie. Sien my kommentaar bo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.