DA vra dringende aksie oor elektrisiteit

Pres. Cyril Ramaphosa.(Foto: GCIS)

Die DA verwelkom pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat munisipaliteite nou toegelaat sal word om elektrisiteit van onafhanklike kragvoorsieners aan te koop.

“Dit is iets wat die DA al jare lank versoek,” het Ghaleb Cachalia, DA-LP en skaduminister van openbare ondernemings, gesê. “Ons glo egter dat pres. Ramaphosa se aankondigings niks sal beteken nie tensy ʼn tydraamwerk dringend aangekondig word wat presies sal uiteensit wanneer ons aksie op dié belofte kan verwag. Dit sal nie die eerste keer wees wat ons leë beloftes van die president hoor nie. Nou is die tyd om op te tree.”

Cachalia het gesê die party versoek Ramaphosa om onmiddellik sy regering se teenkanting van die Stad Kaapstad se hofsaak te laat vaar. Stad Kaapstad wil binne sewe dae goedkeuring bekom vir artikel 34-goedkeuring. “Die Stad Kaapstad sal dan die gevallestudie wees van ʼn munisipaliteit wat uitstekend bestuur word, waar die ligte aanbly en die ekonomie aan die gang bly,” het hy bygevoeg.

“As die president ernstig is, dan sal die nasionale regering nie meer die Stad in die hof teenstaan nie en dadelik hierdie kennisgewings uitreik.”

Volgens Cachalia wag hulle ook vir duidelikheid oor hoe die president alliansievennote se obstruksie en teenkanting gaan hanteer. Die party wil ook weet of die president baie duidelik Cosatu se finansieringsplan gaan verwerp en wanneer Eskom ontbondel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michael ·

Ek glo nie Ramaposa het die kennis en mag om n land te bestuur nie ,hy moet sy anc faksie bestuur en die besluitneming vir André de Ruiter by Eskom los om die krag krisis op te los,dieselfde persoon wat gesê het gewone suid afrikaners moet gesupsideer word om son en wind krag te gebruik om die las te verminder op Escom.

Johanncb ·

Die oorgrote meerderheid Munisipaliteite is sub-standaard agv bedrog en wanbestuur. Hoe beoog die regering om die stelsel suksesvol te implimenteer? Nelson Mandelabaai is tans herderloos en byna bankrot!

antieke antie ·

is ramaphosa se swaer nie besig met ander kragvoorsien as eksdom nie?…..so gaan hulle vernote wees saam met sy ander familie ook?… so gaan dit pap reen en sy uitgebreide familie gaan skep of skep hy werk vir hulle?… soos miskien ander manier van die land beheer of iets…. ek se nie want ek weet nie … ek vra net

Jacobus ·

Lankal seker dat die krag situasie net nog ‘n vorm van intimidasie en manipulasie is met ons as die pionne. Dit is nié in die heersende kliek se belang om die sweep te laat klap nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.