DA vra fonds vir Marikana-slagoffers se gesinne

Mmusi Maimane

Mmusi Maimane

Die DA wil wetgewing in die parlement deurvoer om te verseker dat die gesinne van diegene wat tydens die geweld by Lonmin se Marikana-myn dood is, vergoed word.

Mmusi Maimane, DA-leier, het gesê ʼn spesiale wetsontwerp sal in Augustus, wanneer die parlement hervat, aan Nhlanhla Nene, minister van finansies, voorgelê word. “Die DA glo dat die afhanklikes van die slagoffers wat in 2012 in Marikana doodgemaak is, finansiële vergoeding verdien. Die gesinne het ʼn kry swaar weens verlies aan inkomste … dit is ‘n beduidende tragedie vir ons demokrasie en moet as sodanig behandel word.

“Die wetsontwerp maak voorsiening vir die vergoeding van die afhanklikes van slagoffers met ‘n billike, aktuariële bepaling van verlies in die hede en die toekoms,” het Maimane gesê. Pres. Jacob Zuma het verlede week die bevindings van die Farlam Kommissie van Ondersoek bekend gemaak, amper drie jaar nadat 44 mense dood is in geweld by Marikana.

Volgens Maimane het Zuma die gebeure van Marikana en die verslag daaroor met ʼn gebrek aan dringendheid en deernis hanteer. Maimane het gesê hy glo oudregter Ian Farlam het ‘n deeglike ondersoek na die tragedie gedoen, maar dat meer vir die gesinne van die slagoffers gedoen moet word.

“Dit is ‘n skande dat die president geen werklike stappe aangekondig het om hierdie tragedie te probeer verlig nie. Drie dae ná die vrystelling van die verslag is dit duidelik dat dit meer vrae meegebring het as wat dit antwoorde verskaf het, met geen gevoel dat geregtigheid geskied het vir diegene wat geraak word nie.”

Maimane het gesê Nathi Mthethwa, voormalige minister van polisie, en Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, moet verantwoordelik gehou word vir die polisie se optrede en onmiddellik afgedank word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Daan Likewaan ·

HOEKOM IS DIE VAKBOND NIE GEVRA WAT HULLE GEDOEN HET NADAT DIE STAKERS MENSE DOOD GEMAAK HET NIE ? WAT HET HULLE GEDOEN OM DIT TE VERHOED.
DIE KOMMISARIS HET GEEN OPERASIONELE ONDERVINDING NIE.
DIT HET ALLES BYGEDRA TOT DIE TRAGEDIE.

Kruger ·

Wat n grap. Hulle het dit oor hulself gebring. Dié rainbow party het nog niks genoem van n fonds vir onskuldige boere wat vermoor word nie. Hulle is dieselfde as die ANC net met minder korupsie.

Hansie ·

Dis goed en wel maar hoekom kry agterblewendes van plaasmoorde nie ook staatsbystand nie?

Anoniem ·

Ek stem wat goed is vir die een is goed vir die ander. Sodra daar regverdigheid intree sal die ommeswaai kom en dit beter gaan.

JOOS ·

Gaan die gesinne van mense wat op plase vermoor word ook vergoed word ?

Wonder maar net.

Bruno Stef ·

Wat vir my n “eye opener” is wat ek wil bevraagteken is dat die Bevelvoerder en n ander lid van die polisie wat as getuie moes aangehoor word geinoreer is.Die bevelvoerder se hy moes bevele uitvoer van bo af maar dit is veelseggend dat albei die lede wat die trekpas gekry het blankes is.Waar is die hogere swart bevelstruktuur dan het hulle stralekransies op hulle koppe.

Bruno Stef ·

Wat ek graag ook wil byvoeg is dat dit vir my naby aan die GUPTA Waterkloof landing klink die wit personeel moes op hulle swaarde val en die mede kollegas wat swart is was geherontplooi.

scalla ·

Laat die wat opdrag gegee het om te staak en aan te hits die finansiele las dra van die gesinne, die vakbonde het miljoene lede en ontvang maandeliks enorme lidmaatskap bydraes.

Chivago ·

Die skande is dat hulle GEWELDADIG staak, jammer, hulle het dit oor hulsef gebring, Geen simpatie van my af nie. Wat van die families van die sekuriteits beamptes en polisielede wat deur die “stakers” vermoor is?

Maria ·

Hoe gelaglik is dit nie waar gaan geld vandaag kom, weereens osn belasting betalers, hoekom praat die mense nie van Aurora nie, dit is nou al 5 jaar hoe die mense sukkel en nou hoor ek oor die radio dat hulle gaan appeleer teen die hof se bevinding, nog ‘n jaar of 5 wat die mense nog sonder hulle vergoeding gaan wees. Daardie mense van Marikana het gestaak en die mans het gewerk fiesies vir hulle salarisse wat hulle nie ontvang het nie, 5 jaar later en nog steeds niks nie

Loeis ·

Mmusi teiken nou die Marikana slagoffers soos die verkiesing nader kom, maar Julius was reeds lank voor hom daar. Mmusi se verkiesing mag dalk ‘n hoeveelheid stemme uit die swart middelklas by die ANC weg vat, maar soos ‘n aantal mense hier opmerk: wat van die slagoffers van plaasmoorde se gesinne? Of is hulle nou te wit? Wat gaan hy met blankes se stemme maak?

Rynhardt ·

Mumusi “Obama” Maimane,u wil wetgewing in die palement deurvoer sodat Marikana-slagoffers vergoed kan word.Ek het n groot probleem daarmee Wat van die vermoorde wit boere en vermoorde afrikaners ?Hoekom nie wetgewing deurvoer in parlement,sodat daardie mense ook vergoeding kan ontvang nie?Maimane wat van regstelkende aksie teen Afrikaners wat nou al 21jaar lank duur?Waar is die vergoeding vir hulle?Ekskuus,hulke is mos wit!DA,julke wys al hoe meer jul anti-Afrikaner kant!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.