DA vra Nene om BTW-verhoging terug te trek

Nhlanhla Nene (Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie)

Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê hy is versigtig optimisties oor die heraanstelling van Nhlanhla Nene as minister van finansies.

Die party doen ʼn beroep op Nene om die “rampspoedige besluit” deur sy voorganger, Malusi Gigaba, om BTW na 15% te verhoog, om te keer.

“Ek het op 20 Februarie, ʼn dag voor Gigaba se radikale begrotingsrede wat teen armes gemik is, die DA se begrotingshersiening voorgelê tesame met verskeie uitdagings en hoe om dit op te los,” het Alfred Lees, die DA se skaduminister van finansies, gesê.

“Ons het gewys hoe ons R112 miljard hierdie jaar nog kan bespaar en belastingverhogings kan vermy. Ek sal ons voorstelle aan Nene aanstuur in volle verwagting dat hy dringend die Wysigingswetsontwerp op Tariewe en Monetêre Bedrae sal wysig om alle belastingverhogings te verwyder.”

Maroela Media het vroeër berig Business Leadership South Africa (BLSA) het Dinsdag die heraanstelling van Nhlanhla Nene as minister van finansies verwelkom en gesê hy is ʼn bekende gesig wat beleggersvertroue in die land sal herstel. “Ons doen nou ʼn beroep op die president om die hersiening van die grootte en samestelling van sy kabinet en nasionale departemente te bespoedig as bewys van sy toewyding aan noodsaaklike spaarmaatreëls.”

Die South African Municipal Workers Union (Samwu) het ook Nene se terugkeer verwelkom en onmiddellik beklemtoon dat die nuwe minister van finansies se eerste fokuspunt die verhoogde BTW moet wees wat verlede week aangekondig is. “Eerste op die agenda vir min. Nene moet wees om te verseker dat die BTW-verhoging van 14% na 15% nie ingestel word nie,” het Simon Mathe, algemene sekretaris van Samwu, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Callie ·

DA, wil julle dan liewer toelaat dat persoonlike belasting styg. Die armes stem vir die korrupte ANC. Tyd dat hulle ook betaal

Lola ·

Ja Callie, dit is presies wat die DA probeer doen. Ek wens hulle wil die BTW met nog 5% opstoot en ons persoonlike belasting halfveer want 5 miljoen kan nie vir altyd 55 miljoen (en groeiend) veraltyd onderhou nie. Die DA is ‘n sosialistiese party en mense moet begin bykom.

Ben ·

Stem saam, hoekom moet ‘n klein persentasie altyd alles dra, laat daai persone wat altyd op alles aandring (en verniet kry) ook biedjie bydra tot die geldpoel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.