DA vra nuwe benadering oor inentings – ook instapklante

Argieffoto (Foto: Lindsey Parnaby/AFP)

Die DA doen ʼn beroep op die departement van gesondheid om ʼn nuwe benadering in te stel vir die inentingsveldtog.

“Die EVDS-afspraakstelsel is klaarblyklik nie doeltreffend op sy eie nie,” het Haseena Ismail, ʼn DA-lid op die portefeuljekomitee oor gesondheid, gesê. “Terwyl diegene wat afsprake het geprioritiseer moet word, moet inentingsfasiliteite dit moontlik maak vir persone ouer as 60 en persone, wat bewys kan lewer van ernstige komorbiditeite, om net in te stap.”

Ismail sê die afspraakstelsel is eenvoudig nie doeltreffend nie, omdat dit eksklusief aanlyn plaasvind. “Mense sukkel om te registreer en talle wat suksesvol geregistreer het, het nog nie ʼn datum vir ʼn afspraak ontvang nie. ʼn Hibriede benadering tussen die afspraakstelsel en instapklante kan die inentingsveldtog bespoedig.”

Ismail sê die derde golf het begin en die regering struikel nog oor sy inentingsveldtog. “Hoe vinniger ons mense ouer as 60 kan inent, hoe vinniger kan ons diegene begin prioritiseer wat komorbiditeite het. Die feit dat ons nog slegs 700 904 (1,08%) van mense tot dusver ingeënt het, beteken dat ons nie ons teiken gaan haal van 5 miljoen inentings vir mense ouer as 60 nie. Ons kan nie bekostig om onbepaald in afsondering te wees ten koste van lewens en mense se lewensbestaan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kompas ·

Stem volkome saam. Regering is besig om voete te sleep met die inentingsveldtog. Versprei vaksiene na alle Dischems en groot kettinggroep apteke.

Tubac ·

Instap en die wat volgens afspraak dit moet kry moet afsonderlik behandel word. Met twee inentings van pfizer gaan die tweede een n probleem word. Sal maar wag virJ&J.

Darkwing Duck ·

Verstaan ook nie waarom apteke wat ander vaksienes toedien, nie Covid vaksien kan doen nie. Daar is ook hopeloos te min inentings plekke per provinsie.

Dirk Mostert ·

Hou tog op om op ons plus 60’s te hamer. Die wat nog nie geregistreer het nie, soos ek, stel nie belang nie. Laat almal wat wel so ‘n behoefte het ongeag ouderdom registreer om op “first come first serve”-basis geent te word.

Karel Kobus Kruger ·

Ek dink baie mense kyk so na die totale sterftesyfer (minder as 1%) en besluit seker maar dis nie die moeite werd om te registreer en dan in n ry te gaan staan nie. Selfs diegene wat ernstige simptome toon, is ver in die minderheid. Die oorgrote meerderheid ervaar óf ligte simptome, óf geen simptome.

Samuel ·

Hierdie hele gedoe oor die inentings veldtog raak nou belaglik. Ons weet tog die ANC-regering, DA et al, dink net aan politieke gewin en geensins aan landsburgers se welvaart nie.

quartus ·

niemand weet hoekom mens moet registreer om die inspuitings te kry nie. ” controll freaks”

Rian ·

Ek vermoed dit gaan oor ras. Ek is redelik seker dat baie min blankes op dié stadium ingeent word. As ek verkeerd is, vra ek om verskoning.

Karina ·

Wat is die persentasie van die bevolking wat internet toegang het om te registreer? Goed en wel dat jy ‘n sms kan stuur om te registreer, maar baie van die ouer geslag het nie ‘n cellfoon nie, en stel glad nie daarin belang nie. Baie mense bly buite opvangs gebied van cell seine. Maw, die totale bevolking het nie toegang tot die registrasie proses nie. Die hele proses is belaglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.