DA vra ondersoek na Basjir-sage

President Jacob Zuma en president Omar al-Bashir in Soedan (31/01/2015) Foto: Departement van kommunikasie

President Jacob Zuma en president Omar al-Basjir in Soedan (31/01/2015) Foto: Departement van kommunikasie

Die leier van die DA, Mmusi Maimane, het Sondag gesê hy sal die openbare beskermer, Thuli Madonsela, vra om te ondersoek wie verantwoordelik is dat Soedannese president Omar al-Basjir Suid-Afrika verlaat het voordat hy in hegtenis geneem kon word.

Maimane het gesê die party sal ʼn volledige ondersoek versoek om vas te stel wie die gebruik van staatsfondse goedgekeur het vir Basjir se vlug uit die land.

“Dit kan nie reg wees dat plaaslike en internasionale wette verontagsaam word om ʼn beweerde oorlogmisdadiger en skender van menseregte te beskerm, terwyl pres. Zuma se regering swyg en vermy om uitdruklike vrae te beantwoord nie,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die party se LPs ook hierdie vrae aan die minister van internasionale verhoudinge, Maite Nkoana-Mashabane, sal stel wanneer sy Dinsdag voor die parlementêre portefeuljekomitee verskyn. “As ʼn minister van die Suid-Afrikaanse kabinet is sy verplig om die Grondwet te gehoorsaam en nie die wense van die Afrika Unie en sy voorsitter, pres. Robert Mugabe, nie,” het Maimane gesê.

Die Sunday Press het berig ministers in die veiligheidsgroepering het dae voor Basjir in die land gearriveer het vir die Afrika Unie-beraad ʼn plan opgestel om hom veilige toegang in en uit Suid-Afrika te gee, in weerwil van twee oop lasbriewe vir sy inhegtenisname deur die internasionale misdadehof (ICC).

Basjir word gesoek in verband met volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mense van Darfoer in die Soedan. As ʼn lid van die ICC is Suid-Afrika verplig om hom in hegtenis te neem en aan die ICC te oorhandig.

City Press het intussen berig die ANC het ʼn besluit geneem om die regering te vra om sy lidmaatskap van die ICC op te skort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peet Schabort ·

Maimane bedoel seker “om te bevestig” wie verantwoordelik is vir die gebeure . . .

George ·

Waarom ‘n ondersoek? Almal weet wat aan die gang is. Mugabe het alles reeds uitgelap. Daar gaan in elkgeval niks gebeur nie.

Dave ·

Dìt is presies wat die werklike probleem is. ‘n Ondersoek oor wie die massa-moordenaar se medewerker(s) is, is nie nodig nie. Dit is reeds wêreldnuus. Die turksvy is die waarheid van jou laaste sin. Wat help dit ons raas en skree teen ‘n outokratiese regering wat demokrasie voorgee. Hulle beskou hulself as vehewe bo die wet.

George ·

Waarom ‘n ondersoek? Almal weet wat aan die gang is. Mugabe het reeds alles uitgelap. Daar gaan niks gebeur in elk geval so wat nou …

Nikolaas Pienaar ·

In hieride hele petale is dit juis die slagoffers, 300 000 mense wat uitgewis is omdat hulle nie arabiere is nie, aan wiesevgedagtenis daar nie reg verskaf word nie.
As iemand wie se voorgeslagte konsentrasiekampe en ballingskap oorleef het voel ek sterk dat die skuldiges moet betaal, maar na wie gaan n miderheid wat verontreg is, as die meerderheid wat mag het dit weier?
Dit sal baie sleg wees as SA van die ICC onttrek

CHRISTA ·

Tipies van ons Afrika-lande. Hulle skree en eis net ‘menseregte’ wanneer dit HULLE pas anders gee hulle nie eers ‘n dooie duit om vir hulle EIE mense nie!!! Is hierdie duisende vlugtelinge UIT Afrika na Europa nie ‘n lewende bewys daarvan nie?

Nohan ·

En as hulle nou nou klaar ondersoek in gestel het en uit gevind het wat hulle wil ten verdere koste van ons belasting betalers, wat dan? Daar is net bloot geen nagevolge nie.

DAAN LIKEWAAN ·

MUGABE HOU NIE VAN DIE ICC NIE OOR DIE MASSA MOORD IN DIE 80’S WAARVOOR HY VERANTWOOREDLIK IS IN MATEBELIELAND. HY MAG DALK OOK GESOEK WORD.

George ·

Ek dink sy naam is reeds op die lys. Dit is waarom hy so verbete klou aan sy amp. Om vervolging vry te spring sal hy moet sterf in sy amp.

Rynhardt ·

Mmusi “Obama” Maimane is soos n ou keffertjie wat greeld na die Openbare Beskermer hardloop wat geen faktor meer is nie!Die Nkandla-sirkus het gewys sy het geen impak meer nie.Zuma en die kommuniste lag vir haar en Mmusi.Zuma en kie glo nog steeds dat hul n tipe kersvader terug na Soedan gestuur het,terwyl hy vir misdade teen die mensdom gesoek word.Selfs pres.Mugabe van Zimbabwe(hy word gesoek vir menseregte skendings)is n held by Zuma en Anc!Die Anc stel ongure karakters se belange eerste bo SA s’n.Die Anc wil ook SA se lidmaatskap opse aan die Internasionale Hof,dit gaan van SA n muishond-land maak,want die land moet dien as verwelkoming vir geharde boewe.Maak dit nou sin oor hoekom die Anc nie misdaad in SA wil uitroei nie?Misdadigers het regte!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.