DA vra onmiddellike parlementêre sitting oor grondhervorming

Mmusi Maimane

Die DA het hom Dinsdagaand uitgespreek oor pres. Cyril Ramaphosa se uitlatings dat die ANC die besluit geneem het om grond sonder vergoeding te onteien en die Grondwet te wysig om daarvoor voorsiening te maak.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het in ʼn verklaring gesê dit is veral merkwaardig dat dié uitlating op dieselfde dag kom waarop ook aangekondig is dat die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika nog verder gestyg het.

“Werkloosheid is die hoogste in 15 jaar. Nou het die ANC besluit om sy pogings om ekonomiese groei en werkskepping te ondermyn te verskerp en Russiese roulette te speel met die ekonomiese toekoms van Suid-Afrika. Dié stap sal net die werkskrisis wat hy eiehandig geskep het aanvuur.”

Maimane het voorts gesê dat hy vir Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, geskryf het en die onmiddellike sameroeping van die parlement vir ʼn noodsitting oor die kwessie te versoek. Hy meen daar moet vasgestel word of die behoorlike proses rondom die wysiging van artikel 25 van die Grondwet gevolg is.

Daar is volgens die DA steeds ʼn halfmiljoen voorleggings om verwerk te word deur die grondwethersieningskomitee en vyf openbare grondverhore wat in die Wes-Kaap gehou moet word. Volgens die DA span die ANC die wa voor die perde deur die openbare konsultasieproses te ondermyn.

Maimane is van mening dat suksesvolle grondhervorming nie die wysiging van die Grondwet vereis nie, maar wel aksie uit die regering se geledere en om korrupsie uit te roei.

“Werkloosheid en armoede het die hoogte ingeskiet in lande waar só ʼn roekelose en populistiese beleid geïmplementeer is.”

Maimane het bygevoeg sy party sal dié stap met alle mag in die parlement teenstaan.

“Ons ondersteun grondhervorming wat Suid-Afrikaners eienaars en deelnemers in ʼn groeiende, florerende ekonomie maak. Ons sal nooit ʼn grondhervormingsbeleid ondersteun wat ekonomiese mag wegneem van Suid-Afrikaners en dit aan ʼn korrupte regering oorhandig nie.”

Die DA eis dat meer Suid-Afrikaners die individuele eienaars van grond sal word aangesien hulle meen dít is hoe die nasie sal floreer en hoe werksgeleenthede geskep sal word.

“Vanaand [Dinsdag] se aankondiging deur die president bevestig dat, maak nie saak wie dit [die party] lei nie, die ANC maar net dieselfde ou party is. Die party se uit idees het opgeraak en hou aan om hulself eerste en Suid-Afrikaners laaste te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sipho ·

Rob Peter to pay Paul – wont work ANC ill vote for the DA

Anoniem ·

Maar so sal Hy met VUUR speel Wil gou-gou die WIEL oor ontwerp ! Ai tog Meneer die President ( Jou voorbeeld lê in Zimbabwe van HOE JY NIE MOET MAAK NIE)

Willem ·

Maimane is 100% korrek. Daar is nie ‘n manier hoe die ANC al die voorleggings kon deurwerk nie, juis waar Maimane ook uitwys dat daar nog verhore is wat moet plaasvind. Die werkloosheidsyfer het hulle senuwees heeltemal op hol gejaag, toe “jump hulle die gun”. Kyk maar wat maak die rentekoerse. Hierdie ANC is soos ‘n weghol trein. Dan moet ‘n mens ook gerus gaan lees wat Dr Dirk Hermann op 30 Junie in sy artikel “Ramaphosa en sy wilde grondleeu”, oor hierdie aangeleentheid te sê gehad het.

En dan het julle seker ook opgemerk CR het die ANC se bevinding betreffende grondonteiening gisteraand laat bekend gemaak. Ala Zuma, wat sy kabinet in die middel van die nag geskommel het. En CR se toespraak was nogal vooraf op band opgeneem en eers laataand uitgesaai.

Cherokee ·

Volgens Willem is Maimane 100% korrek. Dit beteken dus, aldus Willem, dat dit ook vir regstellende aksie geld. Selfs al het regstellende aksie Eskom, SAL en Spoorweë bankrot gemaak, word hy as reg beskou.

John ·

… en ek sal steeds nie vir die DA stem nie. Baie van die DA-bestuur het plase vandaar die toitrumpie van Mmusitjie. Dis maar al. Hyself het seker ook ‘n plekkie in die wynland.

gatiep ·

Geen vertoue in DA nie.
Hulle het hulle klaar self bewys.Agteraf se hy seker iets anders of raak hulle nou bang vir die perd wat hulle self help opsaal het.

koos1 ·

Ek het dit al gesê, die ANC het klaar besluit en het die EFF aan hulle kant.
DA of julle dit wil aanvaar of nie, julle het hordes kiesers vervreem en julle getalle in die parlement is nie genoeg om die ANC en sy militêre vleuel, die EFF, uit te stem nie.

Rynhardt ·

Nou is DA kamstig besorg oor grondonteiening???Jou aanvra vir debat oor onteiening is vermorsing van tyd!!Ramaphosa het klaar besluit.Hy het lankal ook gese:” die tyd van mooi praat is verby!”Daar het jy dit Maimane!

Aasvoels ·

Ek het geen respek vir die DA nie – hulle is almal onder dieselfde sambreel.

Oops ·

Ek sou jou wou ondersteun want ek stem saam met jou oor die gedeelte van die grondbeleid maar ongelukkig het jy te veel en te lank RASSISTIES teenoor blankes en bruines opgetree, so ons is besig om almal weg te loop. En vra die SPUR hoe goed het dit vir hulle gewerk. Almal het gese die wit stemme maak nie saak nie, kyk maar hoe lyk jou ondersteuningskorps in 2019.

Al ·

Dis tyd dat die ANC waai. Hul het nog net in hul eie politieke mag belang gestel en die man op straat aan sy eie genade oorgelaat.
Hul en EFF is net bad news vir ñ land.
Beleggers is lankal nie meer verleë oor SA in Afrika nie.

Allie ·

Maimane…..blah, blah, bler, Bleeer. Jy is n ANC wolf in DA kleure.

gatiep ·

Meskien kan die DA mense maar hulle huise en plase skenk aangesien hulle so polities reg wil wees.So ek weet nie hoekom hy kla nie.
Ons gewone mense wat regtig gewerk het vir ons huise wil dit graag behou.

Manifes ·

Die DA moet ook soos VF selfbeskikking in hulle manifes inbring, anders is hulle kanse om my stem te wen nul. Selfbeskikking sal die land kan omkeer maar niks anders nie.

Lollie ·

Hierdie skuif van CR is maar net om stemme te kry in volgende jaar se verkiesing. Hy sien die ANC boer agteruit en wil nou op hierdie manier stemme ‘koop’. Aangesien CR net tydelik in daardie amp geplaas is tot die volgende verkiesing moes daar ń wet gewees het wat hom verhoed om sulke belangrike besluite te neem. Andersins moes hulle dadelik ń verkiesing gehou het na JZ uitgeskop is.
Deur ANC en EFF se vraatsug om net alles te wil hê is die land in sy peetjie in!

anti vergrype ·

Skenk julle grond DA mensee – julle is mos so hand op die blaas met die ANC en EFF.
Is julle nou bang dit word ook gevat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.