DA vra oor voorwaardes van jongste Eskom-lening

Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, lê die maatskappy se jaarlikse finansiële uitslae voor by die kragvoorsiener se kantoor in Johannesburg. Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA

Die DA het Woensdag gesê die voorwaardes van Eskom se jongste R33,4 miljard-leenooreenkoms met die China Development Bank moet aan die publiek bekendgemaak word.

Maroela Media het vroeër berig Phakamani Hadebe, Eskom se uitvoerende hoof, het Dinsdag tydens ʼn amptelike geleentheid by die Uniegebou in Pretoria die ooreenkoms vir die $2,5 miljard-lening onderteken.

“So ʼn omvangryke lening, met nog wat op pad is, moet so deursigtig moontlik wees. Dit is veral belangrik aangesien die belastingbetaler waarskynlik sal moet pa staan wanneer die tyd kom om terugbetalings te maak, met kragtariefverhogings wat binnekort verwag word,” het Natasha Mazzone, die DA se woordvoerder vir openbare ondernemings, gesê.

“Dit is daarom dat die DA aan Jabu Mabuza, die voorsitter van die Eskom-raad, sal skryf om te versoek dat Eskom die voorwaardes van hierdie leenooreenkoms aan die publiek bekendmaak ter wille van openheid en deursigtigheid.”

Mazzone het gesê sy sal Mabuza onder meer vra oor die voorwaardes betreffende die terugbetaling van die lening, die rentekoers waarop ooreengekom is en die waarborge wat aan die bank gegee is.

Sy het bygevoeg die lening sal nie ʼn einde aan al Eskom se finansiële probleme bring nie.

Die nasionale kragvoorsiener het in die finansiële jaar 2017-’18  ʼn verlies van R2,3 miljard aangeteken. Hadebe het vroeër gesê die jongste leenooreenkoms is “strategies” vir die kragvoorsiener, wat belegging én kapitaalgroei betref. Dié lening gee Eskom se finansiering vir die jaar ʼn hupstoot van 22% na 66%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Alida ·

Natuurlik sal ons die lening moet terugbetaal wie anders. Die poppe gaan dans as die chinese hulle eie mense begin invoer om by Eskom te werk en ons mense afdank. Hulle ken nie “our people” as hulle kwaad word nie. Die chinese “besit” dan nou vir Eskom en dit is presies wat gaan gebeur.

Craig ·

Sal seker wil he dat ons nog 10 000 van hulle mense invoer en nog 3 China Malls oopmaak waar hulle nie vat of tax hoef te betaal nie

Snowball ·

Ons mooi SA gaan verwoes en geplunder word deur hierdie dwase wat regeer. Van SA sal niks oorbly behalwe bouvalle en hole, armoede en ellende nie. Só gepas dat die Chinese ‘n kerndeel is van hierdie verval – hulle het immers ‘Death by a thousand cuts’ uitgevind. En só, stuk vir stuk, lening op lening, verkoop die onbevoegdes alles wat SA uniek en waardevol maak, totdat alles uiteindelik vertrap en verguis is onder duisende gevoellose kommunisties pote, vir net nog ‘n paar miljard in die sakke van die korruptes.

Cherokee ·

Miskien sal ons binnekort na China kan emigreer na wense want nou het hulle Suid Afrika gekoop.

Ad ·

Nee maar net nog aandele aan hulle. Helfte van land behoort al aan hulle. Hulle kan net sowel oor vat en regeering. Coming soon…

tom ·

Daar is nie n dorp in SA waar daar nie Chinese is nie so hulle is klaar oral

marous ·

Vra vir hom honderd maal waarom dit nodig is om geld te leen ?

gatiep ·

DA is op pad uit julle se gaan min raak.
Al wat julle doen is net praat en polities altyd reg te wees.So hoe kan julle vir die mense wees.
Almal sien julle 2 gesigte raak ,wonder of julle weet julle is eintlik n joke.
Net julle kan dit nie sien nie.

Nikita ·

Nee die lening sal nie n einde aan al Eskom se finansiele probleme bring nie. Die regerende party kan dan nie eers die uitgawes dek en skulde in die land betaal nie….als gaan by die dag agteruit. Hoe gaan hulle China terug betaal? Die regering speel met geld en dink dis waboomblare.

Spark Plug ·

Kom aan mense…dis weer n ooreenkoms vir die bou van kern krag sentrales waarvoor ek en jy sal moet betaal en hulle met hulle mense gaan kom bou aangesien ons nie die nodige vaardigheid het nie

Sarel ·

Hoeveel verhogings kan ons as publiek nog hanteer?
Wie gaan in die toekoms nog elektrisiteit gebruik, die wat dit verniet kry en die superrykes.
N paar jaar van nou sal ons vra, waarmee het ons in die verlede lig gemaak voor ons kerse gebruik het, elektrisiteit!!
Ons moet maar so spoedig moontlik alternatiewe krag begin gebruik.
Wat moet die besproeiings boere doen wat moet besproei en nie van die goedkoper venster periodes gebruik kan maak nie?
Pryse knel hulle alreeds .
Groot Groot moeilikheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.