DA vra Ramaphosa om Zuma-regshulp te staak

Oudpres. Jacob Zuma verlede jaar in die hof. Foto: ANA

Mmusi Maimane, die leier van die DA, het ʼn versoek aan pres. Cyril Ramaphosa gerig om alle regshulp aan oudpres. Jacob Zuma te staak en geld vir regshulp by hom te verhaal terugwerkend tot 2005.

Dit volg op die sukses wat die DA in die hof behaal het om Zuma persoonlik aanspreeklik te hou vir sy regskoste. Zuma het die afgelope 14 jaar aangevoer al sy beweerde oortredings het ampshalwe gebeur, maar die Noord-Gautengse hooggeregshof het daardie argument verwerp.

Maimane se brief aan Ramaphosa volg op die nuus dat Ramaphosa eersdaags vir Zuma onder vier oë sal spreek. Hoewel die gesprekke onder meer verband sal hou met Zuma se populistiese uitsprake oor onteiening sonder vergoeding, wat bots met ANC-beleid, sal dit uiteraard vir Ramaphosa die geleentheid bied om ook ander sake met Zuma te bespreek.

Een hiervan sal wees dat Zuma-ondersteuners in KwaZulu-Natal tans weier om die ANC te help met stemwerwing, en dat hulle dreig om Ramaphosa in die verleentheid te stel met die bekendstelling van die ANC se verkiesingsmanifes en die viering van die party se verjaardag in Durban die komende naweek.

Daar is twee moontlikhede wat tans deur Zuma-ondersteuners oorweeg word om Ramaphosa in die Zuma-hartland te verneder. Een is om die president uit te jou en die tweede is om Zuma luidrugtig toe te juig en bedees op Ramaphosa te reageer.

Maimane wys egter uit dat dit nou belangriker is vir Ramaphosa om toe te sien dat die belastingbetaler ophou opdok vir Zuma se vergrype, waarvoor die regskoste miljoene beloop. “Dit is u kans om die hoofstuk oor een van die pynlikste dele van die Suid-Afrikaanse geskiedenis af te sluit,” skryf Maimane in sy brief aan die president.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

ne ·

CR wil nie die ondersteuners kwaad maak in Natal nie. Dit lyk of CR bang is vir JZ. Ek was positief oor CR maar deesdae twyfel ek of hy regtig in die land se belang optree. Kom ons kk wat gebeur.

Andrea van Vuren ·

Dit sal nooit gebeur nie. Cyril is te bang hy verloor stemme!

zoom zopm ·

Nee wat ons belastinggeld gaan nog vir jare betaal aan Zuma aan hof geding. CR is te lig in die broek om standpunt in te neem. Snaaks die DA gaan nie weer hof toe om die saak te behartig.

Andre ·

JZ lag vir CR, hy sal hom nie baie tot hart vat nie. JZ sal tien teen een na die verkiesing volgende jaar sy eie party stig en die ANC in twee breek.

MM moet maar eerder stil bly die DA se dae is getel.

christa ·

C is kop in een mus met Zuma. Hy sal nie iets doen wat hy kan skade ly met die verkiesing nie. Dalk moet CR maar uit sy sak help betaal.

Jerry ·

Maimane wat reken dat dit nou belangriker is vir CR om toe te sien dat die belastingbetaler ophou opdok vir JZ se vergrype is totaal uit voeling met belangriker sake, onder andere politieke stabiliteit.

Alida ·

Mens probeer optimisties wees en hoop CR wag net tot hy die hef in die hand het en dan toeslaan. Hy is n slang maar n slim slang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.