DA vra weermag, intelligensie moet ook help ingryp by vragmotorchaos

‘n Vragmotor versper die N2 naby Khayelitsha in die Wes-Kaap. (Foto: Wes-Kaapse verkeerspolisie)

Die DA het Maandag gevra vir gesamentlike optrede deur die polisie, weermag en intelligensiestrukture om die “gewelddadige wetteloosheid” in Suid-Afrika te pak en die land se logistieke bedrywe te help beskerm.

DA-LP Andrew Whitfield het gesê hy gaan die nasionale polisiehoof, genl. Khehla Sitole, vra om die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur (Natjoints) te aktiveer om geweld te voorkom, infrastruktuur te beskerm en verdere skade aan die ekonomie te verhoed wat spruit uit voorvalle van stropery, aanvalle op buitelanders en die brand van vragmotors in ʼn voortslepende arbeidsgeskil.

“Om wet en orde te handhaaf, wat ʼn sleutelvereiste is vir bestendigheid en dus ekonomiese groei, het ons ʼn gekoördineerde aanslag nodig om enige geweld of bedrywighede wat lei tot die vernietiging van eiendom, lewensverlies of skade aan die Suid-Afrikaanse ekonomie te beëindig,” het Whitfield gesê.

“Natjoints is by magte om alle veiligheids- en wetstoepassingsoperasies landwyd te koördineer en is dus in ʼn goeie posisie om voorvalle van misdadigheid of oproer te voorsien of daarop te reageer wanneer dit gebeur. Die aktivering van Natjoints is in die beste belang van die veiligheid en ekonomie van Suid-Afrika en sy mense.”

Whiftield het gesê die afgelope twee weke is hoofweë versper, 20 vragmotors uitgebrand en minstens een vragmotorbestuurder dood toe sy vragmotor naby Touwsrivier in die Wes-Kaap met ʼn petrolbom bestook is.

Volgens hom is ʼn aanval op die vervoer van goedere ook ʼn aanval op die land se ekonomie.

Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders staak landwyd in protes teen buitelandse burgers wat hulle glo van werksgeleenthede ontneem. Die vervoervakbond Satawu het hom van die staking gedistansieer en gesê dit is onduidelik in wie se opdrag daar gestaak word.

Die Zimbabwiese Oorgrensvervoervereniging (ZCBTA) het Maandag gewaarsku dat hy alle oorgrensvervoer deur Suid-Afrika gaan opskort as die aanvalle op buitelandse vragmotorbestuurders voortduur.

“Weens die dreigemente deur Suid-Afrikaners dat hulle op 2 September 2019 buitelandse bestuurders gaan aanval, het die bestuur van die ZCBTA onderneem dat ás dit voortgaan, ons alle Suid-Afrikaans geregistreerde vragmotors, busse en vlugte gaan verhoed om enige Afrikagrens oor te steek,” het Dennis Juru, voorsitter van die vereniging, gesê.

Juru het volgens Pindula News gesê die buitelandse vragmotorbestuurders het permitte – wat die Suid-Afrikaanse owerhede uitgereik het – om in die land te werk en dat die voortslepende xenofobiese aanvalle gepaste optrede vereis.

“Ons het vantevore al gesien hoe buitelanders [in Suid-Afrika] vermoor, aangerand en gedreig is sonder dat ʼn enkele persoon in hegtenis geneem of vervolg is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Madelein ·

Die weermag het dan nie eers ‘n positiewe invloed en/of uitwerking opdie Kaapse Vlakte nie!!! So ek dink nie dis wys om hulle te ontplooi met die vragmotorchaos nie

Manie van Worcester ·

ek dink ons moet nie meer praat van n weermag, liewer n staatsdepartement wat uniforms dra en gewere het. weermag, o nee, grapmag

Regmakertjie ·

Die DA wil nou alles “reg maak” wat hulle al die jare so hard voor geveg het?

KrokodilBotha ·

Wag ook vir Mnr. Winde van die DA om op te staan. N2 is ook vanoggend geblok met protes aksie. Praat is baie, aksies en optrede is wat nou weer?@#

Waarheid ·

Die kamstige weermag beteken niks.
Die polisie beteken niks.
Miskien moet julle die vloot of lugmag probeer dan kyk ons wat hulle uitgerig kry.

blouapie ·

Dat Zim vir julle ‘n ultimatum stel, spreek boekdele!
Dis mos julle broers oor die grens, maar hulle ken van werk, hier ken julle net bakhand staan en doen die minimum, verder kan julle goed toi-toi.

Grootbek ·

So n hand moet geskud word.

Al die beskermings eenhede IS TE BANG OM OP TE TREE teen massas

chrisjan ·

Solank as die SAP ‘n krimineel deurdrenkte ledetal het sal misdaad soos die teen vragmotor bestuurders en ook teen die land se ekonomie voortduur.Vergeet van die “weermag” – daar is nie so iets nie.Daar is Net “puppets” in uniform wat NIKS weet van skare beheer en onlus onderdrukking en beskerming van voertuig konvooie nie.
Die buiteland moet eenvoudig stappe implimenteer soos wat hulle gedreig het om te doen en Ramaphosa wakker RUK!

Pottie ·

Jammer ou chrisjan hulle gaan nooit vir ou cr en sy trawante wakker kry nie

Svl ·

Waar is ons Land se Minister van veiligheid? Geen betrokkenheid..
Waarvoor is hy aangestel?

PPP ·

Ek is al so negatief oor hierdie land van ons die ANC moet nou maar vir hulle kry want dit is mos wat hulle wil hê ons sal die ou Suid Afrika afbreuk en ons minder bevoorregtis sal hom mos opbou soos ons hom wil hê

Pottie ·

Die polisie staan klaar en kyk die weermag gaan ook staan en kyk dit is al wat hulle kan doen hulle het geen ordentlike op leiding gehad nie

KrokodilBotha ·

Die berig behoort onder die vermaak afdeling. Die sirkus se deure is oop. ANC hou van “chaos and disorder” Dis die kommunistiese manier. Goeie more Suid Afrika.

Vintcent ·

Intelligensie…die DA is bitter optimisties, òf opportunisties.

Harrie ·

Hierdie is niks anders as terrorisme nie en Cyril spreek dit nie aan nie.Tot op hede het hy vanaf geen openbare platform die geweld en chaos veroordeel nie, hy is te besig om sy eie bas te red in die anc en die binne gevegte van die anc veroirsaak dat due land tot niet gaan…

Braam Maree ·

Dit lyk vir my eerder of die verkeerspolisie die pad versper

Pampoen ·

Die DA het gevra dat die weermag op die kaapse vlakte ontplooi word. Toe dit gebeur, toe draai hulle om en se die ontplooiing is ‘n erkenning van die ANC dat hulle nie beheer het nie. Wat verwag hulle nou as hulle vra dat die weermag die trokke moet oppas?

KrokodilBotha ·

Ons bid en glo die DA is hard besig om ons n nuwe een Suid Afrika vir almal te bewerkstellig. Hou moed. Dis blykbaar net ander kant die berg op die horison iewers.

John ·

Sedert 1652 was daar mense wat vir eie gewin tweespalt saai tussen werkers en werkgewers…. selfs kerklikes. Ooreenkomstig sosialisme/kommunisme word werkers se regte, eerder hul verontregting, altoos opgehaal want dit wek emosies, weersin en reaksie… wat net wag vir ‘n big vuurhoutjie. Ons regering speel vir 25 jaar al kersvader; laat ons grense oop en lok moeilikheid in. Hierdie konkoksie in ‘n arm lui land onder ‘n slap skelm regering is nou ‘n vuurspuwende berg en die vrot sweer begin sig uitstoot uit die stinkende oop krater. CR wie gaan die gat kom toestop met goeie geld? Of wag julle vir die towermuti van die nuwe gesondheidsplan?

SjN ·

Die weermag, die woord, mag, moet vervang word met loos, die SAPD monitor dan die weerlose uniform draers tydens operasies.

jakes ·

Die SAW is meer kwesbaar as die polisie. Gaan kyk maar hoe lyk die weermag basisse landswyd. In my dae in die verkenningskomando het slegs n paar van ons groot getal vyand die loef afgesteek. Hier is geen wet en orde meer in SA nie. Die ou 32 bataljon alleen sou korte mette gemaak het met die huidige betogings in SA. Toe het die SAW nog brandstof vir vliegtuie gehad en die polisie het amunisie gehad om hul lede mee toe te rus. Nie nou meer nie.

Jimmy ·

Nou maak jy my bekommerd. 32 het juis uit Angolese bestaan.

Petrus ·

Jakes, wat die Reccies gedoen het was ‘n geheim. Hulle het ook nie gespog nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.