DA vuur verdere kartetse af op De Lille

Natasha Mazzone. Foto: Facebook

Die ondervoorsitter van die DA se federale raad, Natasha Mazzone, het die volgende kartets in die omstredenheid om die Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, en dis ʼn sterk bewoorde aanval.

As daar enige poging is om die stryd tussen die DA-topbestuur en De Lille in der minne te skik, is daar tans geen teken dat dit suksesvol is nie.

Alle aanduidings is dat dit ʼn uitgerekte, skadelike en bitsige geveg vir alle betrokkenes gaan wees, met modder wat kwistig in alle rigtings gaan vlieg.

De Lille het Woensdag ʼn groot oorwinning in die Kaapse hooggeregshof behaal toe ʼn volbank regters beslis het sy bly ʼn DA-lid asook burgemeester, dat die DA sy eie reëls verbreek het in sy stappe teen haar en dat die hele federale regskommissie van die DA trouens sedert 2015 ongeldig funksioneer.

De Lille het haar sukses opgevolg met ʼn snydende ope brief aan Mazzone, waarin sy haar vaardigheid, professionaliteit en motiewe bevraagteken.

Nou het Mazzone De Lille in soortgelyke trant terugbetaal.

Mazzone takel De Lille reeds vanaf die eerste sin, deur te beweer De Lille se enigste doel met die ope brief is duidelik om die mense van Suid-Afrika, en spesifiek inwoners van Kaapstad, te mislei en die DA se verbintenis tot dienslewering en taakgerigtheid deur persoonlike, nydige aanvalle te probeer kortwiek.

“Die modus operandi om mense wat hulle uitspreek teen jou optrede en (oor) die ernstige aantygings teen jou, is die presiese taktiek wat daartoe gelei het dat 75% van jou koukus vertroue in jou verloor het,” skryf Mazzone.

Mazzone wys uit dat sy die posisie van ondervoorsitter van die DA beklee, en dat De Lille dus feitelik verkeerd is om haar bloot as ʼn DA-woordvoerder te bestempel. Mazzone beskou dit as boelietaktiek van De Lille, en verseker die burgemeester dan daarvan dat niemand vir haar wat Mazzone is, die swye sal oplê nie.

Mazzone stel dan vier vrae wat sy wil hê De Lille moet beantwoord:

  • Het jy ʼn SMS aan die Kaapse DA-stadsraadslid Xanthea Limberg gestuur om te vra dat ʼn spesifieke kandidaat die hoogste punte moet kry in ʼn werkonderhoud omdat jy hom as stadsbestuurder wou behou vir nog ʼn termyn – ja of nee?
  • Waarom het jy geweier om met die prokureursfirma Bowman’s se ondersoek na wanbestuur in Kaapstad saam te werk? (De Lille het in die ope brief beweer sy gee wel haar samewerking.)
  • Waarom het jy diegene wat wanbestuur en korrupsie in Kaapstad aanmeld, in die openbaar aangeval?
  • Het jy die aanstelling van Limia Essop onregmatig beïnvloed omdat jy ʼn vriendskapsverhouding met haar het – ja of nee?

Mazzone sluit haar brief aan De Lille af met die uitspraak dat geen mens groter is as die kiesers nie. Die kiesers moet dus geprioritiseer word, eerder as om by moddergooiery en persoonlike beledigings betrokke te raak.

Dit is duidelik dat die volgende aflewering in die DA se De Lille-drama binnekort verwag kan word, met vrede wat tans onwaarskynlik lyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

johan ·

N benoude kat maak benoude spronge…
Of hoe Natasha?
Ta ta DA

Johann cb ·

Hierdie held geveg word ál hoe vuiler…waar gaan dit eindig? Ons land is alreeds in ‘n liederlike gemors! Ons het nie binnegevegte en persoonlike “aanvalle” nodig nie – staan en werk asseblief agbare lede van die DA!

Dirk Breytenbach ·

Die DA probeer juis van die agbare burgemeester ontslae raak omdat sy aangekla staan van korrupsie en wanbestuur maar het ongelukkig op tegniese prosedurele foute gefaal.
Niemand is perfek nie. Die agbare burgemeester wil graag haar naam herstel maar vermy ondersoeke en verhore in egte Zuma styl. Hoekom die DA slegse, ondersteun hulle liewer in die moeilike tyd? Fokus liewer op die burgemeester wat agter sekere wette wegkruip om vervolging of afdanking vry ye spring. Mense het simpatie met die
verkeerde party in die geding. Aan die einde van die dag sal sy wel moet verduidelik en intussen veroorsaak haar bokspronge dat geld aan duur hofsake spandeer moet word. Ek betwyfel mense se lojaliteit wat nou skielik van die DA wil weghardloop omdat die situasie ingewikkeld raak. Die burgemeester het baie om te verduidelik en die DA se dwaling is nou in die ope, so wanneer beplan sy om te antwoord op die beskuldiging?.

Cris ·

Die hele drama lyk my gaan nie om die voordeel van die Kaap se metro of DA in sy geheel nie maar blykbaar oor twee of drie wie se ego groter as die DA geword het. As gevolg daarvan is die DA besig om skade te ly nie net in die Wes Kaap nie maar landswyd

Jana ·

Patricia De Lille kom uit die PAC.
Dit bly vreemd dat sy by die DA aangesluit het. Waarom sou sy so vinnig Mpofu van die EFF nader hark om haar kastaiïngs uit die vuur te krap?
Alles lyk net só na n bewuste poging om die DA in n uiters ongunstige lig te stel by die kiesers.

Koos ·

Jy bedoel seker dis vreemd dat Zille haar 8 jaar terug genader het om by die DA se vuur te kom sit? Die DA wou maande terug nie dat Patty se dissiplinêre verhoor in die openbaar gehou word nie. Opvallend dat die Bottelblondine nou die wasgoed in die openbaar begin was. Sy maak nou verder droog, en dis nie wasgoed nie. Bring die springmielies…

Amanda ·

Ek wil net graag weet wie betaal vir hierdie hofsake van De Lille en die DA want om geld so te verkwis terwyl water tariewe styg is ‘n bleddie skande.

Mrs H ·

Siestog Natasha, jou kastigge DA dienslewering en kosbare kiesers sit onder water skattie! Gaan doen julle werk verraaiende hipokrate! O ja, julle is te besig om snert voor te hou. Gee die stad vir VF+! Hulle hou hulle nie op met kabouters nie.

Adam ·

Die DA is huidiglik ‘n verleentheid vir hulself, maar ek sal graag wil hoor wat u dink die VF+ sal kan uitrig. In my opinie is hulle invloed minder as die van ‘n Magnum roomys.

ferdi ·

Vergeet van di DA ek ek sal nooit we vi hul stem ek is spyt ek het dit ooitgedoen sal dit met volgende verkiesing tegstel

ferdi ·

Vergeet van di DA ek ek sal nooit we vi hul stem ek is spyt ek het dit ooitgedoen sal dit met volgende verkiesing regstel

Siek en sat ·

Hulle sal nog soos twee katwyfies oor en weer modder slinger, en as hul wakker word is die koffie yskoud! Vandat Natasha groter verantwoordelikhede gekry het en ‘n hoër posisie beklee, is daar binne bek gevegte in die DA. Ek skaam my! Nee wat DA as dit so aankarring gaan my stem COPE toe. Musi, waar is jy as die katte mekaar so karnuffel en die DA so vergat? Julle verloor stemme en geloofwaardigheid soos wat ek hier sit en tik. Wake up!!!

snoefie ·

natasha is bloot ou moesie se spreekbuis. dink sy regtig as hy antie pat te lig (van kleur) vind dat sy enigsins n kans staan? pleks altwee die tannies die probleem waarmee die kaap al geslagte lank sukkel, nl bende geweld takel, bemoei hulle hulle met kinderagtige snert. nsatasha wat van antie helen wie almal beïnvloed het om vir lindiwe te stem teen athol trollip? dis blykbaar da beleid.

Mary ·

Kry jul huis in orde!Jul kan dit nie bekostig nie.
Ek so teleurgesteld .Sterkte vir die pad vorentoe.

Al ·

Ek stem hierdie DA situasie raak onsmaaklik. Hul skiet hulself in die voet

Griet ·

De Lille was nog nooit DA. Sal ook nooit wees nie. Het ook nog nooit eintlik van blankes gehou nie. Het ook nog nooit leiereienskappe/vaardighede gehad ni. Vir haar gaan dit oor die geld. DA het te laat wakker geskrik en nou besig om hul dood te skrik.

Johan H. ·

Dit bly die heeltyd in my kop,, One settler one bullet!! Julle politikuste is verandwoordelik vir baie gemors in die land ,,Ek kan nou nie anders as om Vf+ met liefde te stem nie,,, Lyk my hulle en Cope het saam meer Verstand as die hele lot in die regering en die da saam,,Sies man alles raak Soos PRES. D. Trump gese het!!!

Adri ·

Jul is erger as d ANC met jul binne bekgevegte word groot en gee aandag aan die probleme wat jul veronderstel is om aan te werk

Danie ·

Beslis nie goeie tyd vir DA binnegevegte nie, veral in Kaapstad. Wat probeer julle bereik … DA steun verkrummel ? Wel, julle het reeds sukses bereik.

Johann du Toit ·

Wat ‘n gedugte span kon die twee nie wees as hulle sou saamstaan! Politiek is ‘n vuil spel sonder gewete en elkeen net vir homself.

Oujongvrou ·

Nee maar is reg al julle mense hier bo. Moenie vir die DA stem nie. Gee al die plekke wat nog redelik vooruitgaan op n skinkbord vir die ANC. As julle nou nie wil stem oor binnegevegte nie. Moenie!!!Dan kyk ons wie gaan die laaste lag. De lille gaan knus langs n ander party se vuurtjie sit sodra sy die DA mooi ruïrneer het.

Snowball ·

Vermoed die ander vuurtjie wink lankal, daarom die roekeloosheid met die DA. Persoonlike ambisie weeg weer swaarder as etiese verantwoordelikheid.

Linda ·

Mazzone neem nou gereg in eie hande, glad nie opgewasse vir haar pos nie, nes baie DA lede asook die leier. Wie wil nou vir so n wankelrige party stem ??

Linda ·

Oujongvrou…dit is elke mens se keuse of hul wil stem of nie. Jy kan nie mense op die ANC of DA ens af forseer nie !!! Stem vir die party met wie jy gemaklik voel, al dan nie, bly weg van die stembus af.

Rupert Ashford ·

Mazzoni, een vragie vir jou (ja of nee): Trek julle in die DA nooit “die regte kandidaat” nader vir poste en posisies nie en is dit nie toevallig dan mense waarmee jy/julle welbekend (vriende?) is en wat soos jy/julle dink nie?

Cobus ·

Ek kry eintlik skaam as ek na bogenoemde kommentare kyk. Mense gasn dit hier om jul eie kietsigtige denke of gaan dit oor jul land? Met die kwaadstokery is daar net een wat wen en dit is die verkeerde. Trek aan die selfde juk en los die kleinlikheid

Hanna Hoekom ·

As twee olifante baklei, is dit die gras wat vertrap word… DA beter vinnig wakker skrik!

Koos ·

Selfs in die SA politiek kan Mazzone kwalik as ‘n olifant beskou word. Hoogstens ‘n meerkat of dassie as haar jare ervaring in ag geneem word. Heeltemal uit haar diepte en te groot vir haar skoene. “Hoofmeisie” sal haar beter pas.

Andrew Fredericks ·

Ek dink die hofsake doen meer skade aan die DA / kiesers as wat julle liewer wag tot haar (Patricia de Lille) se dienstermyn oor is en raak dan van haar ontslae. Anders voorsien ek ‘n groot raseskeuring in die party. Kom ons aanvaar die hofuitspraak en gaan aan.

P KRUGER ·

DINK JULLE ONS GAAN WEER D.A . STEM DIE JULLE LOT IS DEUR-MEKAAR
NEEEEEE

Adele ·

Daar nie manier wat DA weer gaan wen in die Kaap nie. Stem Cape Party

Andre ·

DA moet so aan gaan hulle maak die deure oop vir die ANC om die Kaap te kaap met die volgende verkiesing.Gedra hulle soos kinders en dink hulle is GROTER as die organisasie.Dit is maar net weer n bewys dat hulle nie in die leierkorps heragie behoort nie.Hou by die Lees van die party en dien die mense nie julself nie.Magtig man jul is soos tierkatte oor n stuk vrotvleis.Act your age.Andre

Ore ·

Die DA moet ‘n fliek maak van die storie.Seker dit sal ‘n paar toekennings ontvang soos bv “Beste komedie” of dalk moet hulle ‘n sepie maak,dit sal jare aangaan sonder einde.
Regtig DA? Ons land is in ‘n krises en julle baklei soos stout kinders?

Ronel ·

Mooi, hou so aan Mmusi. Kyk hoe val die DA plat na al die gemors, tyd dat jy die pad vat maat.

blyetyding ·

nee my skat niemand is groter as GOD nie dit moet julle eers leer…

Alida ·

Ek dink die DA het baie goeie rede hoekom hulle optree soos nou. Ons weet net nie van alles wat in die binnekringe aangaan nie, maar ons sit en blaf eenkant soos foxterriers. Die DA leier is nie ongeletterd nie en weet wat hy doen.

Leon ·

Ek het dit laas week gesê, en ek doen dit weer.
Ek hou nie van tennis nie, maar ek kyk dit eerder voor ek verder lees oor hierdie kindertjies (met all respek aan kindertjies) van die DA wat so heen en weer bal slaan!!

Theo ·

Jammer om te se maar die DA se rak lewe is verby, oor en uit. Al wat die DA aan die gang gehou het was Jacob Zuma se foute. Die DA het mense getrek juis agv hiervan, Zuma is nie weg deur die DA nie, al wat nou oorbly is die aleewige interne bakleiery, Wat Leierskap aan betref faal die DA in uitmuntendheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.