DA waarsku Chinese fondse kan SA in ‘skuldstrik’ laat beland

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Die DA het Sondag gesê hy sal Nhlanhla Nene, minister van finansies, vra om te verduidelik wat die terme en voorwaardes is van die sogenaamde R370 miljard-“geskenk” aan Suid-Afrika wat pres. Cyril Ramaphosa glo met China beding het.

Alf Lees, woordvoerder van die DA, het gesê Suid-Afrika moet versigtig wees om nie in die “Chinese skuldstrik” te trap nie. Onlangse mediaberigte dui aan dat die Chinese regering glo hierdie multimiljardrand-“geskenk” aan Suid-Afrika belowe het as die een of ander stimuluspakket, sê Lees.

“Dit sal naïef wees om te dink hierdie geskenk sal van China af kom met geen voorwaardes daaraan gekoppel nie. Die Chinese het ʼn geskiedenis dat hulle meer as hul pond vleis uit Afrika en ander lande maak wanneer hulle geld aan hierdie lande bewillig.”

Hy meen ʼn goeie voorbeeld hiervan is “die skuldstrik waarin China vir Sri Lanka gelok het” toe China aangebied het om ʼn haweontwikkeling te finansier wat almal, asook China, glo geweet het nie volhoubaar is nie en Sri Lanka nie sou kon terugbetaal nie. Dit het daartoe gelei dat Sri Lanka blykbaar sy Hambantota-hawe plus meer as 6 000 ha grond aan China moes oorhandig nadat die land nie sy skuldbetalings kon nakom nie.

“Nou het die Chinese hulle greep op ʼn strategies internasionale kommersiële en militêre waterweg. Die Chinese se modus operandi is duidelik om ʼn aanvanklike aanbod met goeie voorwaardes te maak, terwyl hulle weet daar sal vir nog geld gevra word, en sodra nog geld versoek word, raak die terme en voorwaardes ál swaarder totdat die land hom in ʼn skuldstrik toegewikkel het.

“Sodra die betrokke land nie sy skuld aan China kan betaal nie, moet die skuldbelaste land noodgedwonge sy bates en soewereiniteit opoffer as deel van die terme en voorwaardes wat ál strenger geraak het,” sê Lees.

Lees sê Ramaphosa is desperaat om die buitelandse belegging van $100 miljard wat hy Suid-Afrika belowe het, vas te maak. “Ondanks sy protestering van die teendeel, is dit hoogs waarskynlik dat Ramaphosa die Chinese se terme en voorwaardes sal aanvaar. Dit kan baie vinnig in ʼn skuldstrik ontaard waar terugbetalings nie nagekom kan word nie. Die Chinese kan dan eienaarskap van Suid-Afrika begin neem soos hulle met Sri Lanka gedoen het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

humor ·

Bankrotskap, rommelstatus en resessie is musiek in die ore van die Chinese en nog ander internasionale wolwe.

Hannetjie ·

Selfs ‘n pampoen weet dat China nooit so bedrag mahala sal gee nie.Die regering is desperaat vir geld..en gee nie flenter om wat sal gebeur as China net sal oorneem nie.Tyd dat ons landsburgers die regering daaraan herrinner..hulle werk vir ons….ons moet nou hierdie roekelose regering in die bek ruk.

Jerry ·

SA is reeds in n skuldstrik gedompel deur Zupta se korrupsie, so die skade is reeds gedoen. Ramaphosa gaan ten minste verligting bring vir die kort en medium termyn, maar wat daarna gaan gebeur sal seker net n doemprofeet weet!

Hein ·

Stem 100%. Ek dink nie meeste mense besef presies WATSE skade Zuma en kie die land aangedoen het nie, dit kan (gaan) ons baie lank neem om te herstel daarvan. Ek glo ook nie hierdie skenking van die Chinese gaan ons enigsins help nie. Niks is heeltemal gratis nie, daar MOET VERSEKER termes en voorwaardes hieraan gekoppel wees – WAT GEBEUR indien ons land nie die oorkeenkoms kan nakom??? Ek voorspel moeilikheid.

Theresa ·

Nie ‘n doemprofeet nie. Lees weer oor Sri Lanka as puik voorbeeld wat voorlê indien dit gebeur.

Koos de Meyer. ·

Daar was alreeds berigte dat die lughawe op Lusaka deur hulle gevat is omdat Zambië se regering nie skuld kon betaal nie.

Hansie Slim ·

Daar bestaan nie iets soos ‘n “free meal” nie. Niks vir niks!!! Ons gaan nog duur betaal!!

Johann cb ·

Hulle gaan maar net ons minerale ontgin in ruil vir die “geskenk”!

Lollie ·

Chinese lankal hulle oog op SA. Net jammer ANC dink hulle is onskuldig. Hulle stroom al hoe meer in en nie lank nie dan vat hulle alles oor.
EFF wil blankes blameer vir alles maar dis die ander nasies wat hulle werk vat, nie die blankes nie!

Jannie ·

TE LAAT!!! Die land is reeds diep in daardie skuldstrik en is ook reeds grootliks ‘n potensiële Chinese kolonie!!!

Marinda ·

Los hulle, hulle wil nie luister nie. Ad jy nie wil luister nie, moet jy maar voel

Semanet ·

Mosambiek is ook al klaar in die rooi spinnekop se Web toegespin met al die nuwe paaie en die mooi brug. Ons moet maar weet hulle koop staatshoofde om sodat hulle n greep op n land kan kry. SA is ryp om geluk te word met n korrupte onbevoegde regering en chaos in die staatsdiens. Hulle kom vir ons minerale en niks wat hulle doen is tot voor deel van die land nie.

marous ·

Doodreg . Al die Titanuim in die duine verkwansel vir ‘n pad en ‘n brug wat net ‘n paar jaar gaan hou . Hulle gaan afrika en sy mense verorber …..letterlik en figuurlik.

Ralph ·

Lees gerus “Confessions of a economic hit man” deur John Perkins. Dit is presies wat hier afspeel.

Rooi Gevaar ·

As Afrika dink hulle kan speletjies speel met die Chinese, soos wat hulle met die Weste gedoen het, moet hulle weer besin.

Die internasionale gemeenskap het met groot ontsteltenis berig dat die nuutste generasie Chinese HQ-9 lugafweer missiel (SAM = Surface to Air Missile) orals in Zimbabwe ontplooi is, om China se “finansiële belange” te beskerm.

Die HQ-9 het ʼn spoed van Mach 4,2 & ʼn reik afstand van 200km & kan ʼn vliegtuig 30km bokant die aarde afskiet. Die HQ-9 is bedoel om eerste wêreld lande soos die VSA se nuutste generasie vegvliegtuie af te skiet.

Daar is absoluut GEEN vliegtuig in Afrika wat ʼn kat-se-kans staan teen dié gevorderde wapentuig nie.
HQ-9 SAM site; soon in a neighbourhood close to you . . .

Dries du Toit ·

Wie weet dalk sal ons beter af wees met die Chinese in beheer

Katerina ·

Ons kan beslis nie Slegter af wees onder n Chinese regering as onder die ANC regering nie!

Ben ·

Suid Afrika is klaar verkoop aan die kommunistiese China deur Ramaphosa en die ANC.

Nikita ·

Dis reg Rooi Gevaar. En het gehoor mense sien “hulle” dikwels op sekere dorp, maar alles geskied onder die dekmantel van sogenaamde “opleiding”. n Betroubare bron vertel dat die helikopters toegerus is met elektroniese apparaat wat die bemanning instaat stel om te “sien” wat binne in n huis in elke vertrek aangaan waaroor hulle vlieg, so ook kan bepaal word hoeveel passasiers in n voertuig is. Om nie te praat van die spioenasiebus ter waarde van R30miljoen uit China ingevoer 2mnde gelede in die Durbanse hawe aangekom. Dis n voertuig wat die weermag die mobiele vermoe gee om selfoon oproepe te onderskep en af te luister. Dit kan selfs oproepe onderdruk of ontvangs beduiwel. Die sjinese het SA al lankal terug gemerk. Dit laat mens wonder waarmee hulle besig is, veral na al die beleggings & lenings wat hulle nou met n spoed met SA aangaan.

Jan ·

Nou watter volkslied verkies julle, die nuwe rooi een, of die ou ene wat Steve sing?

Robert ·

Met ń 1teen 18 van die engelse ń 1 teen 16 van die europese, 1 teen 15 van die amerikaners en ń 1 teen 10 van die australiers betaal ons in elk geval ons ore van ons kop af vir enige iets, en word ons nie bevoordeel deur enige van ons sogenaamde bondgenote nie.
Regering is in elk geval kommunisties , dus as ons kan voordeel trek uit die chinese , laat hulle kom.

Katerina ·

Ek hoop dat die Chinese die land sal oorneem. Vir ons witmense is Suid Afrika lankal reeds verlore. Dis nou net n helhool tronk wat meeste van ons nie kan bekostig om te ontsnap nie. Miskien sal n Chinese regering ons witmense se lewens ten minste red. Miskien.

Anoniem ·

Dit is klaar te laat ons is klaar in die skuld net n kwessie van tyd dan moet ons oorgee aan china. Kyk wat gebeur al klaar in ander afrika lande.

Sp ·

Die Chinese winkels inSA word net Chinese indiens geneem. Hul dra nie by tot werkskepping.
Vreemd hul winkels word ook nie deur plunderaars geteiken nie

Theresa ·

Ek vermoed dat indien jy wel so gek sal wil wees om by hul winkels in te breek, jy nie weer daar sal uitkom nie. Dink nie hul aanvaar wetteloosheid nie en dis nogal iets wat baie, baie, baie mense mee sal sukkel…

ZAR ·

Gaan daar gepraat word oor die eie volkstaat wat die Chinese gaan oprig bo by Musina? Hulle het reeds 40-60 vierkante kilometer grond gekoop. Hulle beplan reeds steenkool-, ferrochrome-, vlekvrye staal aanlegte, ens. Hulle beplan hul eie skole, behuising en hospitaal. Hoekom is die media so stil oor hierdie nuwe ontwikkeling wat hulle hierdie jaar al gaan begin bou?

Theresa ·

Wow. Dankie hiervoor. Indien dit wel voortgaan en goedkeuring geniet het, het geen siel weer iets te oordeel of te sê of te keer daaraan dat dié wat wil en kans sien vir volharding aan selfbeskikking dit kan doen nie.

Alles korrup ·

AG DAAR IS NIKS WAT RAMPOKKER stop as hy kan geld in die hande kry nie .. maak nie saak of dit chinees of westers of engels of russies of van die Guptas is nie . solank hulle kan GELD kry . maak nie saak wat die teenprestasie is nie .. solank is hulle happy en is die mense hulle vriende … korrup soos altyd.

John ·

Almal wat glo Sjina gaan beter wees as onder die ANC, vergeet seker dat die Christelike geloof nie deur hulle geduld word nie. As mense hul Bybels wil sien brand moet hulle hoop vir beter dae onder Xi. Ons sal bid dat die einde van die wereld aanbreek.

Fopnuus oor Chinese godsdiens verdrukking ·

Kry eers die feite . . . Qiu Zhonghui is die grootkop by Amity Foundation in China, wat die grootste Bybel drukker in die wêreld is. Hy sê dat Amity Foundation in China in 2014 ongeveer 13,22 miljoen Bybels gedruk het in 100 tale & uitgevoer na meer as 70 lande

Staak ·

Probeer hierdie artiekel aan die massas voorhou en jy sal sien met hoeveel teenkanting jy tedoen kry, die massas is bederf, daai demand en free for all, die pasella is al waaroor dit gaan.
Die maal van nou is al wat geld want more is te ver om aan kos te dink.

Blondi ·

Ag hel, as dit nie die Guptas is nie is dit die Chinese. Daar word net aan geld gedink en nie aan die nagevolge nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.