DA waarsku teen wysiging aan Grondwet

Adv. Glynnis Breytenbach. (Foto: Jacques Naude/ANA)

Die DA sê hy het aan speaker Thandi Modise geskryf om die parlement te waarsku dat die voorgestelde wysigings aan die Grondwet, om verder voorsiening te maak vir onteiening, die ekonomie onvermydelik gaan laat ineenstort.

“Die DA is ondubbelsinnig in sy steun vir ʼn wettige en konstitusionele proses wat grondhervorming betref. Die Grondwet is nie ʼn struikelblok vir grondhervorming nie. Die struikelblokke vir grondhervorming was, en is steeds korrupsie, beperkte begrotings en ʼn gebrek aan politieke wil. ʼn Wysiging aan die Grondwet is niks meer nie as ʼn poging van die ANC om sy mislukkings met die herverdeling van grond en hervorming te probeer wegsteek,” het adv. Glynnis Breytenbach, die DA se woordvoerder vir justisie, gesê.

Dié waarskuwing kom nadat die presidensiële adviespaneel se grondverslag onlangs aan die publiek bekendgemaak is.

Die DA sê die adviespaneel se waarskuwing, dat die voorgestelde wysigings aan art. 25 van die Grondwet in wese ongrondwetlik is en die waardes van die Grondwet gaan ondermyn, moet deur die parlementêre ad hoc-komitee oor grond bespreek word.

Die paneel het onder meer bevind dat dit ongrondwetlik en onnodig sou wees om die Grondwet te wysig om vir grondhervorming voorsiening te maak, omdat die staat reeds by magte is om grond vir hervorming te onteien – mits dit gedoen word op die grondslag van regverdige en billike vergoeding. Die paneel sê voorts as die bedoeling is om grond sónder vergoeding te onteien, dit art. 1 van die Grondwet sou ondermyn en die onderliggende waardes van die Grondwet nietig gaan verklaar.

“Die DA glo die howe moet meer geleentheid kry om te bepaal wat regverdige en billike vergoeding is. Dit sal verseker dat die omvangryke korrupsie wat al 25 jaar lank kenmerkend van die grondhervormingsproses is, uitgeroei word,” het Breytenbach gesê.

Die DA het gevra dat die komitee die kwessie as ʼn saak van dringendheid bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Dit sal seker maar ook soos “water van die eend” se rug afloop! No Problem, if the Rand falls, we will just pick it up again! He-he-he.

marais ·

Ja Gert, en waar gaan al die Zimbawers dan nou heen wat onwettig in ons land is agv, die fyt dat hulle eie ekonomie totaal colapse het nadat Bob al die grond aan die massas oorgegee het?

Peet ·

Gisteraand het Waldimar Pelser ‘n goeie opsomming van die weg na totale chaos beskryf. Galoppende sosialisme waar die staat alles beheer. (Sluit natuurlik fiskale selfbeherrsing uit).
Onthou die Clintons en Obamas is groot ondersteuners van dié beleid – hou armes (stemveë) afhanklik van Staat en werkers word as belasting betalende melkkoeie geduld. Maak julle oë oop liberales en ruik die produk van ondergang.

Penellope Jones ·

Mens wonder of die ANC hulle enigsens sal steur daaraan?
Hulle laat hulle mos nie voorskryf nie. . . . .

Anoniem ·

En hier kom die hongersnood in SUID-AFRIKA!!!! Nie genoeg boere gemoor nie nie wil hulle voedsel laat onder gaan

Pieter ·

Ja want hulle dink hulle is slim kyk na ons buurlande dit gaan al hier ook so hulle kannie eers kar best nie wat nog van n land

Arno Scheepers ·

Adv Breytenbach, dink julle werklik cyril en die anc gee om oor die ekonomie?

John ·

Lyk dit of die popperegering in Venezuela hartseer is oor die agteruitgang? Solank jou bankrekening vol is, voel jy vere vir ander se probleme. Dit gaan eintlik nog beter in Venezuela want daar is mega-oliebronne wat rustig wag op beter dae. Wat het ons om mee te spog: bietjie uraan, bietjie goud maar baie werkloses, baie skuld, baie min krag, baie min water, baie min dienslewering en baie Sjinese gemors-produkte om te koop en o ja, Kaapstad voor in die koor vir die meeste moorde op aarde.

JohanR ·

Die ANC sal die volgende drie goed by einde 2022 heeltemal opgemors het, naamlik land, gesondheid en die Reservebank. Dit nou as daar nog lig van Eskom kom. Twyfel of Cyril enigeiets kan red! Ons vir jou ANC, en nie ons vir jou Suid-Afrika.

Johan Wepener ·

Die ANC het met hulp van die vrye wereld sanksies op die RSA afgedwing om van apartheid ontslae te raak.
Die ANC kom toe aan bewind en die land gaan drasties agteruit.
Nou wil hulle eiendom konfiskeer sonder vergoeding. Dit druis teen alle beskaafde norme in. Dit is bloot n rookskerm vir die ANC se eie blapse.
Ek kan nie verstaan waarom organisasies/individue hulle nie daarvoor beywer dat die vrye wereld weer sanskies teen die RSA instel nie,of dreig om dit te doen indien die ANC voortgaan om die grondwet te wysig om vergype moontlik te maak.
Die RSA boikot die VSA in elke stemming op alle platvorms. Al wat Pres Trump moet doen is om te waarsku: Gaan voort met hierdie onteiening gedoente, en ek skrap julle voordele in AGOA waarvolgens ons goedere teriefvry na die VSA kan uitvoer.
Die ANC en andere gaan op en af spring, maar hulle sal die knie moet buig.
As daar nie nou beslissend gekeer word nie gaan hierdie land total onregeerbaar en onleefbaar word. Tot nadeel van almal.

George in Bloem. ·

Dinge gaan binnekort begin lelik raak. Hierdie mense kan of wil nie insien dat hierdie snert waarmee hulle besig is die hele land gaan sink nie. Hulle gaan wakker skrik as dit te laat is………

marais ·

Nee George, moet nie verwag dat hulle sal wakker skrik nie. Hulle sal maar net aangaan in die verkreperende gemors soos in die res van afrika, en by elke geleentheid wat hulle kry kla oor hoe sleg die koloniale hulle behandel het, en met hulle vreeslike goeie kort geheue gou vergeet dat dit eintlik beter met hulle gegaan het onder die bestelle wat hulle so sleg se.

KrokodilBotha ·

Kyk dit gaan al hoe lank vrot in Zim. Maar Zanu is nog steeds in bewind deur stemme. So ons gaan ver val, maar die ANC sal altyd die stem kry. Die minderheid eet darem baie minder as die meerderheid. Slim gaan sy baas vang.

Rina ·

Regering het geflop. Onteining die swakste besluit nog. Banke gaan ineenstort. Mense gaan mal gaan en mekaar uitroei vir n stuk grond wat ook nie hulle sin sal word nie. Tyd vur n nuwe regering…….. ekonomie alreeds 00000

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.