DA wag angstig vir Metrorail-verslag

Metrorail (Foto: ANA)

Die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap het gesê hy sal dringend by die openbare beskermer navraag doen oor die status van die ondersoek na Metrorail se versuim om ʼn veilige, betroubare en doeltreffende spoordiens aan inwoners van die Wes-Kaap te verskaf.

Daylin Mitchell, voorsitter van die staande komitee oor vervoer en openbare werke, het gesê hy sal die Wes-Kaapse minister van vervoer, Bonginkosi Madikizela, ook versoek dat hy die staande komitee sal toespreek oor die provinsiale regering se plan om Metrorail aanspreeklik te hou en die passasierspoordiens aan die gang te kry.

“Die DA in die Wes-Kaap het as deel van sy verkiesingsmanifes ʼn belofte gemaak om die talle probleme in die provinsie se passasierspoordiens, onder beheer van Metrorail en die nasionale regering, te takel. Dié proses begin nou,” het Mitchell gesê.

Volgens hom sal die sentrale fokus van sy voorsitterskap wees om seker te maak dat die passasierspoordiens beduidend verbeter en ten volle herstel word. “Ons is dit verskuldig aan die inwoners van die Wes-Kaap om die beste dienslewering onder die DA se mandaat te bied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

O Wee, wat se hulp soek hul by die OB? Die DA moet maar Vrede maak daarmee dat die OB enige ou koeie uit die sloot sal grawe! Haar doelwit blyk om voort te rol op n pad van nutttelose papiermors aksies in die naam van reg en geregtigheid?

Johan ·

As die DA net sodanig was om ons hier in Kempton Park te help wat nou vir 3 dae sonder krag sit.

piet piet ·

Gee net kans mev de lill se party gaan hulle nog uit stof in die wes kaap die anc lite moet die regte ding doen of aansluit by die anc maar altwee kan hulle nie doen nie.

Penellope Jones ·

Sal seker nie gou gebeur nie – een of ander verskoning sal dalk aangebied word. . . . .

willem Botha ·

Maar die groot probleem diskriminerende wette teen minderhede word nie as belangrik geag nie ,ek glo antie Pat gaan julle n vernederende pak slae gee in die volgende munisipale verkiesing.

Diefie ·

Hoe lank gaan hulle wag, tot die volgende verkiesing? Haas jou langsaam.

ne ·

Wie gaan die treine koop en waarmee? More brand die nuwe treine weer!

Bertie ·

Dit het laaaaankal gebeur dat die People’s Train uitnekaar verrinneweer is iewers tussen Mamelodi en Pietoorsdorp. En sommer vroulike drywer aangerand ook.

Oor politiek: ek gaan volgende keer my eie president, premier en burgemeester 3D-print. Ek oefen solank elke oggend 6:30 net na koffie.

Ferdi ·

Twee jaar nadat die Bolsjewististiese jeug treine en kunswerke verbrand het net soos in Moskou ‘n eeu gelede, het die Wit vrou van Brandberg effe uit haar diepe slaap wakker geword. Toe wil sy nuwe wette maak om die treine voor die hof te sleep. Verbeel jou! Die slagoffer word gedagvaar terwyl die premier se samelewing die treindiens verder verkrag. Maar sweep die wil sy klap. Watter arrogansie en wanbegrip stroom uit alle oorde. Kan mense in hierdie land nie meer prakties dink en redeneer nie of het niemand meer die gawe van onderskeiding nie?

Die dag toe die gemeenskap opruk sodat Zoempies kan val, kom die skare terug per trein en ons moes iewers by Dieprivier of Retreat op ‘n ander een klim. Ons eerste trein was stukkend. Vandalisme deur selfs wit meisiekinders. Ek het foto’s geneem. Jip, so gaan dit. Almal breek en verniel en dan moet Metrorail Pa staan vir bruin, wit en swart se afbrekende gedrag en sabotasie. Die wit vrou van Brandberg gaan niks en niemand red nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.