DA wag vir verslag ná OB nog ʼn bloutjie loop

Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Daar is geen rede vir die Openbare Beskermer (OB) om nie nou die ondersoekverslag te finaliseer en haar bevindings oor die Vrede-suiwelprojek bekend te stel nie.

Só sê dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, nadat die appèlhof in Bloemfontein die OB, Busisiwe Mkhwebane, se aansoek om te appelleer teen ʼn hooggeregshofbevinding van die hand gewys het.

Die hooggeregshof in Pretoria het einde verlede jaar teen Mkhwebane beslis in die saak oor die Estina-suiwelprojek. Mkhwebane het geappelleer teen ʼn hooggeregshofbevel waarin sy beveel word om persoonlik 7,5% van die regskoste van die DA én die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) te betaal. Dít nadat die DA en Casac ʼn aansoek ingedien het om Mkhwebane se verslag oor die Estina-suiwelprojek ter syde te stel en die aansoek suksesvol was.

Die DA en Casac

Roy Jankielsohn, DA-LP en leier van die DA in die Vrystaatse wetgewer by die Vrede-suiwelplaas (Foto veskaf)

“Die uitspraak dra by tot Mkhwebane se swak rekord in die hof en spreek ook van haar onvermoë om die oppergesag van die reg te interpreteer.”

Volgens Jankielsohn is daar dus geen redes meer hoekom Mkhwebane nie die nuwe verslag kan finaliseer en beskikbaar stel nie.

“Die OB se voortgesette regspogings om verdere ondersoek en bevindings oor hierdie projek te voorkom, laat ernstige vrae ontstaan oor haar motiewe en vermoë om objektiewe besluite in hierdie verband te neem.”

Jankielsohn het gesê sy party sal die finale verslag bestudeer sodra dit afgehandel is om te verseker dat alle omstrede aspekte rakende die projek ondersoek is en dat die bevindinge daarmee ooreenstem.

Staatsgeld van minstens R200 miljoen, wat bestem was vir die ontwikkeling van opkomende swart boere in die Vrede-omgewing, is na die Estina-suiwelprojek herlei. Estina word verbind met die omstrede Gupta-familie. Van dié geld is glo selfs gebruik om in 2013 vir ʼn weelderige Gupta-troue by die Sun City-oord te betaal.

Die partye het vroeër aangevoer Mkhwebane het nie die ondersoek behoorlik gedoen nie en het versuim om senior politici, wat betrokke was by die beweerde korrupsie en geldwassery wat uiteindelik die projek gekelder het, te ondersoek. Mkhwebane het egter bewerings ontken dat sy sekere beswarende getuienis uit ʼn voorlopige verslag oor die Estina-projek verwyder het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alida

Onthou bietjie Ace speel die kaarte in die Vrystaat.

Jeff

As dit gaan oor die hoeveelheid sake wat sy verloor het en die speeelveld van wen teen verloor was omgedraai , dan was ma damn die beste prokereur in die wêreld. What a joke and she is still superglued to the chair. EISH